Klipvrou
ALLES lyk dieselfde, maar ook anders. Die visdam waar Elna vir ure kon sit en dagdroom, nou net ’n dor, gekraakte, aantyging uit gister. Die roosbedding – vol duwweltjies. Die sementpaadjie na die voorstoep – gekraak. Presies soos alles tussen haar en haar ma.
Sy mik om die sliert van tannie Ellie, haar naamgenoot, se voorkop af te vee. Ruk onmiddellik haar hand terug. Sy byt op haar onderlip. Sal dit nie beter wees om om te draai en weg te hardloop nie? Hoekom het sy haar deur tannie Ellie laat oorreed om juis nóú na Blygemoedstraat 6 terug te keer? Sy is nog nie gereed nie. Sal sy óóit regtig heeltemal gereed wees?
“Hallo, Elna,” sê haar ma toe sy die voordeur oophou. “Kom in.”
Net dit. Nie “Hallo Elna, my verlore dogter, dis goed om jou weer ná sewe jaar te sien” nie. Nie “Kom ons slag die gemeste
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days