Grilgrypers 2: Web van die mummie
By De Wet Hugo and Shân Fisher
()
About this ebook
De Wet Hugo
De Wet Hugo is 'n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by 'n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf, Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is 'n riller.
Read more from De Wet Hugo
Kies-jou-avontuur 3: Die gevaarlikste fliek op aarde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde Rating: 5 out of 5 stars5/5
Related to Grilgrypers 2
Titles in the series (3)
Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGrilgrypers 2: Web van die mummie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGrilgrypers 3: Kamp vir monsters Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related ebooks
Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNina en die funky eksperiment Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDaar is 'n ou in my aarbei-smoothie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMieke 2: Spikkelsterre op Mtwana Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpeurhond Willem en die seerowers Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMieke 3: Weerlig oor Mtwana Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMinki se boekedag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie se kêrel (#12) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOuma en die Doeanebrakkie (Boek #1: Ouma op Reis) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpeurhond Willem en die wilddiewe Rating: 5 out of 5 stars5/5Die dingesfabriek 3: Jannus en Kriek krimp Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpeurhond Willem in Australië Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEmma en die geheime gang Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStruisvoël Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpeurder Kwaaikofski 10: Monsters, maanlig en mottegif Rating: 4 out of 5 stars4/5Speurder Kwaaikofski 11: Soene en sirkusse Rating: 4 out of 5 stars4/5Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTrompie die rebel (#17) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsChuck Norris kan deel deur nul Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie se dagboek (#17) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie se geheim (#3) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTrompie die filmster (#15) Rating: 3 out of 5 stars3/5Die vierletterwoord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSaartjie se papegaai (#7) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVlis met vlerke (skooluitgawe) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk en Prins Donkerkuif Rating: 5 out of 5 stars5/5Saartjie se Boetie (#22) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeeus met letsels Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkemer oor Aasvoëlkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMinki in die middel Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Grilgrypers 2
0 ratings0 reviews
Book preview
Grilgrypers 2 - De Wet Hugo
De Wet Hugo
WEB VAN DIE MUMMIE
Illustrasies deur
Shân Fischer
Human & Rousseau
Vir David Briz Pérez
1
Die gejeuk in Pippa se kop laat haar voel of sy gaan mal word. Sy krap verbouereerd met haar vingers in haar lang blonde hare. Maar dis nie dáár waar die irritasie vandaan kom nie. Die gejeuk is bínne-in haar kop!
Sy voel naar en haar maag draai asof sy gaan opbring. Haar oë begin traan. ’n Beweging in haar neusgat vang haar oog en sy gee ’n tree nader aan die spieël teen haar kamermuur. Sy lig haar kop effens om beter te kan sien.
In die spieël sien sy hoe haar oë groot ooprek en sy staar na haar eie gesig. ’n Piepklein spinnekoppie kriewel uit haar neusgat en hardloop teen haar wang af. Sy frons verskrik. Dit móét haar verbeelding wees.
Maar dan gebeur dit weer. En weer. En wéér! Honderde klein spinnekoppies stroom uit Pippa se neusgate. Sy maak haar mond oop om te gil, maar niks kom uit nie. Sy probeer weer, maar steeds niks. En dan weet sy skielik hoekom …
In die weerkaatsing van die spieël sien sy hoe ’n wollerige swart spinnekop so groot soos haar vuis stadig uit haar keelgat opklim tot binne-in haar mond. Die ding beweeg stadig oor haar tong en toe dit by haar lippe kom, steek die gedrog vas en hardloop weer vinnig terug in haar keelgat af!
Pippa sit uitasem regop en vee die sweet van haar gesig af. Sy het dit wraggies al wéér gedroom! Dieselfde nagmerrie oor die spinnekop wat eiers binne haar lê en van haar kop ’n spinnekopnes maak.
Die gerusstelling dat die nagmerrie verby is, laat Pippa se hart weer normaal klop. Sy blaas verlig ’n haarsliert uit haar gesig.
Dis Sondag en die laaste oggend van die vakansie wat sy op hulle familieplaas, Moordkuil, in die Moordenaarskaroo wakker word. Môre gaan hulle die lang pad Paarl toe aandurf, waar sy haar hoërskoolloopbaan in ’n koshuis sal begin.
Pippa swaai haar bene van die bed af en toe sy op die vloer trap, voel sy iets sags en grillerigs onder haar voet beweeg. Haar keel trek onmiddellik toe en al probeer sy hoe hard, kan sy nie gil nie.
Sy spring terug op die bed. Dan sien sy dit – drie Jelly Tots op die mat langs haar bed. Sy voel hoe haar wange begin gloei. Sy sal oor haar simpel vrees vir spinnekoppe móét kom. Die hoërskoolmeisies in die Paarl sal dink sy’s ’n regte bleeksiel as hulle moet weet sy kry die ritteltit omdat sy op ’n paar Jelly Tots getrap het. En sy sal sommer ook moet ophou om lekkers in die bed te eet! Haar ma het ’n yskasmagneet waarop staan: A moment on the lips and a lifetime on the hips. So sy ken daardie reël maar alte goed.
Onder in die kombuis hoor sy haar ouers werskaf. Sy hoop haar ma maak vanoggend spesiaal vir haar spek en eiers, soos net sý kan. ’n Koshuis-ontbyt sal beslis nie so lekker kan smaak nie.
Pippa maak haar kamerdeur oop en loop in die gang af, maar steek net daar vas. Iets is nie pluis nie.
Waar?
vra haar ma met groot oë en haar hand op haar bors.
In die skeur bo in die berg,
antwoord haar pa. Hulle het dit nou gaan lossny. Ek het gesê hulle moet dit na die skuur toe bring. Ek wil eers kyk of dit sy is voor ek die polisie bel.
Dink jy dis die regte ding om te doen?
Haar pa se oë verhard. Wanneer hy gespanne is, verloor hy gou sy humeur. Wat anders dink jy …
begin hy, maar dan sien hy vir Pippa in die deur.
Pappa, wat’s fout?
vra Pippa. Het daar iets gebeur?
Nee, skat,
sê haar ma, maar haar oë soek hulp by Pippa se pa. Dis sommer net …
Haar pa se gesig versag. Dis niks, Pips. Gaan na jou kamer toe. Jou ma en ek moet iets belangriks bespreek. Sy sal jou kom roep sodra ons klaar is.
Pippa wil eers iets sê, maar sy weet ook dis beter om onder sulke omstandighede nie met haar pa te redeneer nie.
Sy stap stadig terug na haar kamer en los aspris haar deur op ’n skrefie oop om te probeer luister wat haar ouers sê. Maar dan hoor sy haar pa se bekende voetstappe nader kom en hy trek die kamerdeur toe.
Dit keer Pippa egter nie om steeds met haar oor teen die deur te probeer luister nie. Sy sukkel om enigiets te hoor. Haar ouers fluister nou, maar sy kan tog sekere woorde uitmaak. Wie kan die sy
wees waarvan haar pa aanhoudend praat?
Ná ’n paar minute wat soos ’n uur gevoel het, hoor Pippa haar ma se armbande aangeklingel kom. Sy spring op haar bed, gryp die tydskrif op haar bedkassie en gaan sit met gekruisde bene, kamtig verdiep in die artikel voor haar.
Die kamerdeur swaai oop en haar ma kom sit by haar op die bed.
Pips,
sê sy en vat Pippa se hand. Iets baie vreemds het vanoggend gebeur, my kind.
Haar ma forseer ’n glimlag, maar sy kan nie die spanning in haar gesig wegsteek nie.
Pippa se hart klop effens vinniger. Wat’s dit, Mamma? Wat het gebeur?
Haar ma sug diep. Jakob en Jan het vroegoggend gaan bergklim, of so sê hulle. Niemand sal seker ooit weet wat hulle regtig daar bo gaan doen het nie, want dis moeilik om daar uit te kom.
Haar ma sug weer. En toe klouter die twee glo op ’n manier af tot in die bergskeur.
Pippa se mond val oop. Tot in die grot?
Haar ma frons effens. Um … dis nie regtig ’n grot nie. Dis meer ’n skeur in die berg, maar ja, tot in die grot … of skeur … of wat ook al ’n mens dit noem.
En toe?
vra Pippa. Haar ma rek die storie nou te lank uit.
En toe vind hulle iets … iets baie ongewoons … iets wat my baie onrustig maak.
Haar ma vryf oor die hoendervleis op haar arm. Jou pa voel ons moet jou nie hiervan vertel nie. Hy’t gesê môre is ’n groot dag vir jou en hy wil nie hê jy moet jou oor dinge hier bekommer nie. Maar ek het hom oortuig jy moet weet. Ek wil nie hê ons moet goed vir jou wegsteek nie.
Ja?
vra Pippa versigtig. Sy wil bitter graag weet wat aangaan, maar om een of ander rede is sy bang vir wat haar ma gaan sê. Wat is in die grot, Mamma?
Haar ma se wange