Dankie, Pa
Die dorpie waar hy grootgeword het, was maar karig. Daar was nie ’n Ster-Kinekor of ’n Ultra City of ’n Pick n Pay nie. Die omgewing was vaal op vaal, kon ’n mens laat dink aan Fifty Shades of Grey. Stories het daar so vinnig soos lig geloop.
Hy en Miems was in standerd nege toe die ding gebeur het.
Hulle huis was in Langstraat. Aan die een kant was oom Jors se slaghuis en aan die ander kant het Miems-hulle gebly. Haar pa was baie kwaai. Sy mag nie saans ná donker uitgegaan het nie. Hy en Miems was gemaklik met mekaar. Sy was slim, maar sy’t partykeer na hulle toe gekom en gevra dat hy haar met wiskunde moet help.
As hy nou daaraan dink, wens hy dit was moontlik om ’n deleteknoppie te druk om daardie tyd se gebeure uit te wis – ook uit sy gedagtes. Hoe impulsief kan ’n mens wees? Never underestimate the power of human stupidity, het die anatomie-prof graag gesê. Asof hy hierdie quote van Robert Heinlein
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days