Rooi Rose

PLANNE MET KOSPRIKKELS

• Die lekkerte van maaltye is dat dit struktuur aan die dag gee. Maar die kuns is om die fokus weg te trek van kos om kos se onthalwe. Maak dit ’n tyd vir deelname en geselligheid, soos dat die gesinslede almal saam kook of beurte maak. In die grendeltyd gebruik ons waarskynlik minder energie – en kan met minder kos oor die weg kom. Die ding is dat dit nie so voel nie. Die oplossing? Miniporsies. Eet ’n appel maar deel dit in vier stukke en hou die kwarte vir later. Verdeel veral jou snoepgoed, soos koekies, sjokolade, pakkies skyfies en roomys in kleiner porsies. As jou oë altyd groter as jou maag is, probeer hierdie truuk: gebruik kleiner borde, en selfs kleinbordjies vir opskep. • Sowaar nou? Ja, want dit beskerm jou potensieel teen diabetes en jig. Wanneer jy vas, gebruik jou liggaam jou sirkulerende glikogeen op. Dit is so goed soos om jou reset-knoppie te druk. Probeer die maklike 16/8 vas. Jy vas oornag, van ná aandete tot 16 uur later. As jy om sewe-uur aandete gehad het, eet jy eers elfuur die volgende oggend ontbyt. Party mense begin twee-uur in die middag te vas. So vereenvoudig jy die situasie van “wat kan ek eet” na ’n duidelike antwoord: niks! • Jou bure maak die heerlikste pannekoek. As jou mond water, bak pannekoek maar vul dit met kaas en babaspinasie – en daar het jy ’n gesonde lekkerte. Nog idees: jogurt met vrugte pleks van roomys; melkskommel eerder as koek; biltong eerder as skyfies, en neute eerder as lekkergoed. • Een van die teorieë waarom mense ’n eetgier kry, is dat hulle eintlik ’n voedingstekort het. Maak elke dag vir jou ’n glas groensap en kry dié probleem uit die pad. • Dit werk so goed! Jy teken alles aan wat jy eet. Dit tel die hoeveelheid kilojoules, koolhidrate, vesels, vette en proteïene. So sien jy moeiteloos waar jy te veel en te min eet – en kan jy regstel. • Navorsing wys dat ’n visuele kosprikkel van twintig minute tot drie uur lank kan bly spook. Met moderne oopplanhuise is die kombuis en koskas ongelukkig heeldag reg voor jou oë. Al raad is om kos weg te pak sodat jy dit nie sien nie. Nog ’n wenk: pak die lekkernye in die yskas en in die koskas op die laagste of hoogste rakke sodat jy dit nie sien sodra jy die deur oopmaak om iets onskuldigs uit te haal nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose5 min read
’n Pa se HART
Ek wou altyd ’n pa wees,” vertel Duane Vermeulen telefonies uit Durbanville. Sy vrou, Ezel, gesels net so lekker saam. “Duane se pa is oorlede toe hy maar agt was, en ek dink dit was vir hom belangrik om ’n pa – en ’n goeie pa – te wees.” Op die agte
Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R

Related