Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte
Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte
Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte
Ebook94 pages35 minutes

Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ons is dol oor prutpot etes want hulle is maklik, gerieflik en lekker. Nog beter is prutpot etes wat jou help om gewig te verloor en gesond te word en bly.

Jy sal vind dat wanneer jy 'n vegetariese or vegan dieet volg, jy 'n baie meer voedingstof-digte voedsel eet terwyl jou kalorieë baie laag gehou word. Dit is nie te sê dat ALLE vegan en vegetariese kos lae-kalorie is nie. Jy sal nogsteeds jou inname van vette en hoër kalorie kosse moet dophou, maar jy sal ook vind dat jy die "versadige" gevoel langer behou omdat jou liggaam meer van die noodsaaklike voedingstowwe opneem.

Sommige van die resepte is goed vir detox en hulle is sodanig gemerk. Al die resepte Is vegetaries of vegan en meeste van hulle sal ook help met gewigsverlies. Party van die nagereg resepte is 'n bietjie hoër in kalorieë so gebruik dit spaarsamig.

LanguageAfrikaans
PublisherGeezer Guides
Release dateOct 19, 2016
ISBN9781507160015
Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte

Related to Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ons Gunsteling Detox & Gewigsverlies Prutpot Resepte - Geoff Wells

    Beskrywing

    O

    ns is dol oor prutpot etes want hulle is maklik, gerieflik en lekker. Nog beter is prutpot etes wat jou help om gewig te verloor en gesond te word en bly.

    Jy sal vind dat wanneer jy 'n vegetariese or vegan dieet volg, jy 'n baie meer voedingstof-digte voedsel eet terwyl jou kalorieë baie laag gehou word. Dit is nie te sê dat ALLE vegan en vegetariese kos lae-kalorie is nie. Jy sal nogsteeds jou inname van vette en hoër kalorie kosse moet dophou, maar jy sal ook vind dat jy die versadige gevoel langer behou omdat jou liggaam meer van die noodsaaklike voedingstowwe opneem.

    Sommige van die resepte is goed vir detox en hulle is sodanig gemerk. Al die resepte Is vegetaries of vegan en meeste van hulle sal ook help met gewigsverlies. Party van die nagereg resepte is 'n bietjie hoër in kalorieë so gebruik dit spaarsamig.

    Vegetaries teenoor Vegan

    Wat is die verskil?

    O

    ns is seker daar is vaste reels oor hoe om te definieer tussen ‘n vegetariër en ‘n vegan, maar ons verkies ‘n eenvoudiger benadering.

    Daar is vegetariërs was sommige dier-gebaseerde voedsel verbruik, soos botter, kaas, melk, eiers, ens. Wanneer ons ‘n resep beskryf as vegetaries, is ons kriteria dat niks vermoor is om ‘n bestanddeel te word nie. Dus, sommige van ons vegetariese resepte mag botter, melk, kaas, eiers, ens. insluit.

    Vegan resepte aan die ander kant, sal geheel en al plantaardig wees met geen dier-gebaseerde produkte nie. Dus, geen melk, kaas, eiers, botter of selfs heuning nie. Vegan resepte is SLEGS plantaardig.

    Met ander woorde, as ons sê ‘n resep is vegan, dan is dit ook vegetaries. Aan die ander kant as ons sê ‘n resep is vegetaries, is dit nie noodwendig vegan nie.

    Ons hoop dit is ‘n duidelike beskrywing.  Jy sal ook ekstra inligting oor vegan teenoor vegetaries in party van die resepte vind.

    Hoekom Organies?

    O

    ns sal altyd die verbruik van organiese vrugte en groente in ons resepte aanbeveel. Hoekom? Wel, kos wat met behulp van organiese metodes gekweek is, het eintlik meer voedingstowwe as kos wat konvensioneel gekweek is. Met ander woorde, organiese voedsel is baie beter vir jou.

    Tradisioneel gekweekde kos, met die gebruik van chemiese kunsmis, plaagdoders en onkruiddoders, put die grond uit. As daar min of geen goedheid in die grond is nie, hoe kan daar enige goedheid in die plante wees wat groei uit die grond? Terselfdertyd, wil jy regtig residuele chemikalieë eet uit die tradisioneel gekweekde plante?

    As jy slegs kan bekostig om 'n paar items wat organies gekweek word te koop, dan is hier 'n lys van die mees besoedelde vrugte en groente wat tradisioneel gekweek word. So, probeer om hierdie items organies gekweek te koop, as jy kan.

    Perskes

    Appels

    Soetrissies

    Seldery

    Nektariens

    Aarbeie

    Kersies

    Pere

    Druiwe (Ingevoer)

    Spinasie

    Blaarslaai

    Aartappels

    Hier is 'n lys van die vrugte en groente wat die minste besoedel word deur traditionele kweek. So as jou begroting beperk is,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1