SARIE KOS

Kom kuier oor’n noenontbyt

Winnie the Pooh het by Rabbit gaan kuier lank ná ontbyt verby was en middagete nog nie begin het nie. Vir ’n noenontbyt, dus. Niemand weet regtig wat die oorsprong daarvan is nie. Dalk kom dit van die Engelse tradisie om voor ’n jagtog ’n groot maaltyd te geniet. Of die Katolieke gebruik om voor mis te vas en daarna lekker te eet. Ons weet wél wat dit in stand hou: ’n Laatslaper wat uit die bed rol en verklaar: Ek is nou baie honger.

“Breakfast” beteken letterlik “breaking the fast” ná die nag se slaap, sê Leanie Huxham, geregistreerde dieetkundige by Vergelegen Dietitians op Somerset-Wes. “Dieetkundiges beveel gewoonlik aan dat jy een tot twee uur eet nadat jy wakker geword het. Baie studies het bevind as jy ontbyt oorslaan, is jy geneig om jou later in die dag te ooreet.” Maar, sê sy, daar is nog nie konkrete studies gedoen oor wanneer jy ontbyt moet eet nie. En wat die effek is as jy dit later in die oggend, eerder as vroeër geniet nie. Sy beveel dus aan dat jy vroeërig aansit vir ’n noenontbyt – so tien- tot elfuur se kant. (Volgens Wikipedia kan jy dit tot eenuur smiddae eet.)

Maar moenie nee sê daarvoor nie. Kos is nie jou vyand nie. “Om te eet en sosiaal te verkeer gaan hand aan hand. ’n Goeie maaltyd

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related