SARIE KOS

GELUKKIGE ETE!

Jy het seker al opgelet as jy ’n groot bord pasta eet, gaan jou kop op ’n dink-staking. Nie ’n goeie ding op ’n dol dag nie. Vir ’n helder kop is klein hoeveelhede proteïene (eiers, vleis, peulgroente en neute) beter. Dit bevat aminosure wat jou opkikker en grotendeels daardie lam en lui gevoel in die middel van die dag voorkom. (Aminosure is proteïene se basiese boustene.)

Sommige kosse het inderdaad ’n subtiele uitwerking op jou brein. Kortom: Jou brein het spesifieke voedingstowwe nodig om sekere neuro-oordragstowwe te vervaardig. Weet jy wát jy moet eet, kan jy met jou brein toor, volgens Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van die Paarl.

“JOU BREIN HET SPESIFIEKE VOEDINGSTOWWE NODIG OM SEKERE NEURO OORDRAGSTOWWE TE VERVAARDIG”

Koolhidrate vir kalmte

Die aminosuur triptofaan is die voorloper van die goedvoel-towerstaf serotonien en kom in feitlik alle proteïenryke kosse voor. Die vangplek: Die aminosure in jou kos probeer almal gelyk die brein binnegaan. Triptofaan moet saam met die res toustaan. ’n Dieet te hoog in proteïene kan selfs serotonienproduksie verminder. Hier is die truuk: Eet jy koolhidraatryke kosse (vrugte, styselgroente), stel jou liggaam insulien vry.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o

Related