SARIE KOS

NEUTE Byt, kraak, gesond

Scrat, die hiperaktiewe sabeltandeekhoring in die Ice Age-flieks, is mos obsessief oor ’n akker. Jammer, daar het nooit so ’n wese bestaan nie. As jy jouself egter skielik in ’n Ystydperk bevind, kan jy maar jou lewe in gevaar stel vir ’n paar akkers (of enige neut).

Neute is stewige klein pakkies vet, proteïen en vesel. Meeste van die vet is boonop die gesonde, onversadigde soort. Net die ding wat jy nodig het om in ’n yswoestyn (of ’n besige dag) te oorleef.

Gereelde eters van neute was minder geneig om aan kanker of hartsiekte te sterf gedurende ’n Harvardstudie wat oor 30 jaar gestrek het. Eet dus gerus elke dag ’n handjie vol (sowat 30 g) as deel van ’n gesonde dieet.

Gereelde eters van neute sterf minder aan kanker of hartsiekte
HARVARD-STUDIE

VAN WAAR, GEHASI?

Boomneute (soos amandels, Brasiliaanse neute, kasjoe-, hasel-, pekan-, pistasieen okkerneute) groei letterlik aan bome. Grondboontjies (mos peanuts in Engels) groei ondergronds. Botanies is dit nie ’n neut nie, maar ’n peulgewas (dieselfde familie as ertjies en lensies). Vir kulinêre en voedingkundige doeleindes word dit egter meer soos ’n neut gebruik, volgens The Peanut Institute (peanut-institute.com).

GEWIGSVERLIES

Nou ja, as jou idee van gesonde eetgewoontes ’n paar dekades gelede gevorm is, glo jy dalk jy moet neute, wat hoog in kilojoules (kJ) en vet is, vermy. Nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS1 min read
Sarie Kos
REDAKSIONELE SPANREDAKTEUR Michélle van BredaKOSREDAKTEUR Herman Lensingherman.lensing@sarie.comSKRYWER Lydia van der MerweSKRYWER Marzanne Schoeman 060 904 5090ONTWERPDIREKTEUR Anel StapelbergTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner & Anine CapraroREPRODUKSIE
SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.

Related