SARIE KOS

7 gesonder eetgewoontes

’n Gesonde dieet gaan nie oor streng beperkings, om onrealisties maer te wil wees, of om jouself te ontneem van die kos waarvoor jy lief is nie. Dit hoef ook nie ingewikkeld te wees nie. Die hoeksteen daarvan is om verwerkte kosse sover moontlik met die “regtes” te vervang. Eet jou kos so na as moontlik aan die manier hoe die natuur dit gemaak het – en dit kan ’n groot verskil maak aan hoe jy dink, lyk en voel.

1 Vis is koning

Veral olieryke vis (soos salm, sardientjies, makriel en snoek). Dit is ’n gonswoord in die gesondheidsbedryf, grootliks vanweë die “towerbestanddeel” omega 3-vetsure. Dit is essensieel – jou liggaam kan dit nie self vervaardig nie – en belangrik vir amper elke deel en vele funksies van jou liggaam. Ons kry te veel omega 6 in, nog ’n essensiële vetsuur. Bronne is veral margarien en sonneblomolie (daai lekker bord slaptjips!), maar ook die vet van voerkraaldiere wat mielies gevoer word. ’n Wanbalans in die verhouding omega 6:3 blokkeer as’t ware jou liggaam se eie anti-inflammatoriese prosesse – en dus sy vermoë om teen inflammasie te veg. Dit dra by tot talle siektes, onder

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS5 min read
KOOKKLAS: Pasta Vir Die Wen
● Maak jou eie pastadeeg● Ravioli vir ’n uithang-okkasie● Boerewors-bolognese Sorg dat jou pot groot genoeg is en ook genoeg water bevat om die pasta te kook. Jy het vier dele water teenoor een deel pasta nodig, dan beweeg die pasta makliker in die
SARIE KOS2 min read
Hoor Gou
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op
SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o

Related