SARIE KOS

Groen geurig gesond

Was daar iets soos kos-celebrities, sou ’n handjievol happies rooitapyt-behandeling gekry het. Een daarvan: avo op toast. Jy vind dit dikwels op bistro’s se spyskaart waar dit ’n arm en ’n been kan kos. ’n Stukkie roosterbrood met avokado en ’n skeutjie dit en dat . . .olyfolie, lemmetjie, knoffel, seesout . . .siedaar!

Van Los Angeles tot Langebaan. Avokado is wêreldwyd ’n “millennial darling”, berig die BBC (bbc.com). Ons eet dit al duisende jare lank, maar jong mense in hul 20’s en 30’s kan deesdae nie genoeg daarvan kry nie.

’n Londense plastiese chirurg sê hy behandel só baie mense wat hulself raaksny wanneer hulle die vrug opkap, sy personeel noem die besering al “avocado hand”. Dalk is dit waarom millenniërs nie huise kan bekostig nie. Hulle eet te veel (relatief duur) avo op toast by trendy, klein restaurante. Miskien ’n bietjie dik vir ’n daalder, maar die BBC sê só (tong in die kies).

Groen, geurige avokado. Vergeet van die botter-margarien-debat. As smeerding is dié vrug die beste, volgens Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige van BeterEet, ’n aanlyn praktyk. “Wat meer is, jy kan ’n hele een

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Ons Herfs-inspirasie
Bertus Basson, aanbieder van In die sop: Restaurant-evolusie waarvan die derde seisoen nou op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word, loop met sy hart op sy mou. En onder daai moue sal jy arms vol tatoes vind wat die storie van sy lewe vertel! Sy vo
SARIE KOS4 min read
Tafelstories
As kind het ’n versiende diabeet met ’n papegaai op haar skouer (“Koppiekrap, ek kom vir jou, ek kom vir jou!”) my hare in ’n karavaan agter ’n Friendly Grocer gesny. Haar signature style was die “Pispot Pizazz”. Ek moes al my skoolfoto’s verbrand. E
SARIE KOS6 min read
E-pos uit CYBERJAYA, MALEISIË
Hoekom Maleisië? Toe ek in 2021 aftree, was daar die vooruitsig van sielsalige dae in die sprokiesagtige Simonstad. Min het ek geweet ’n heerlike avontuur wag op my wat stereotipiese aftrede sou fnuik. My kinders verlaat die land een ná die ander en

Related