As kind het ’n versiende diabeet met ’n papegaai op haar skouer (“Koppiekrap, ek kom vir jou, ek kom vir jou!”) my hare in ’n karavaan agter ’n Friendly Grocer gesny. Haar signature style was die “Pispot Pizazz”. Ek moes al my skoolfoto’s verbrand. En alhoewel Gerdia keer op keer my lewe met haar skêr verwoes het, het sy dit ten minste vinnig en in stilte gedoen – niks erger as ’n “chatter” nie.
Ná drie maande op ’n filmstel, kry ek my “Nina die boskind”-self sover om ’n afspraak by ’n haarkapper te maak. Dinge het