’n Wonderwerk is ’n wonderlike ding. Dis iets waarvoor ons almal wag, hoop of bid. Dit is ook relatief: die Titanic, byvoorbeeld, was ’n ramp vir al die mense aan boord, maar vir die krewe in die kombuis was dit ’n wonderwerk. Hulle praat seker vandag nog daaroor. En vir party mense – soos ek – is dit iets wat gesien moet word om geglo te word.
Op laerskool is ons vriendelik geforseer om elke Lentedag by die naaste ouetehuis te gaan aanklop. Elke leerder is aangesê om ’n kaartjie te maak wat versier is met lenteblare en -takkies; binne-in was