Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Bewaarder se Towerboek
Die Bewaarder se Towerboek
Die Bewaarder se Towerboek
Ebook665 pages11 hours

Die Bewaarder se Towerboek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dylan het gedink hy is 'n gemiddelde man, met 'n doodloopstraat werk en nie groot aspirasies in die lewe nie. Toe hy ‘n swart boek vind met eienaardige woorde en merke, ontdek hy dat die heelal baie groter is as wat hy gedink het. Die Bewaarder van die Aarde, wat die boek en sy groot krag veilig bewaar het, en uit die verkeerde hande gehou het, word doodgemaak. Nou het die Aarde 'n nuwe Bewaarder nodig gehad.

Die stryd om die boek te beskerm het vroeg vir Dylan begin, toe hy vinnig moes staatmaak op sy nuutontdekte magte om die wesens wat gestuur is om die boek te vat, te verslaan. Dylan se lewe word verseker vol avontuur, gevaar en toorkrag

Om sy boek te beskerm en die wêreld wat nou op hom staatmaak, moet hy leer om te oorleef in 'n vreemde wêreld, veg teen die vreeslikste gruwels buite enige verbeelding denkbaar, sy toorkuns bemeester, en uiteindelik die stryd stry teen 'n donker god wat reeds een wêreld vernietig het.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateMay 4, 2016
ISBN9781507128848
Die Bewaarder se Towerboek

Related to Die Bewaarder se Towerboek

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Bewaarder se Towerboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Bewaarder se Towerboek - Rain Oxford

    Die Bewaarder se Towerboek

    Rain Oxford

    Vertaal deur Liezl Dreyer

    Die Bewaarder se Towerboek

    Geskryf deur Rain Oxford

    Kopiereg © 2015 Rain Oxford

    Alle regte voorbehou

    Versprei deur Babelcube, Inc.

    www.babelcube.com

    Vertaal deur Liezl Dreyer

    Babelcube Books en Babelcube is handelsmerke van Babelcube Inc.

    ~~ Opgedra aan ~~

    Aan Randy, my kritici, sonder wie hierdie storie, nooit die boek sou gewees het, wat dit vandag is nie. Vir Zoe, wat meer in my gesien het as wat ek in myself gesien het. En belangrikste van almal, vir my pa, wat my alles gemaak het wat ek is.

    Inhoudsopgawe

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Einde

    Omtrent die Skrywer

    Hoofstuk 1

    Ag jy is seker laf

    Daar is ‘n baie swaar asemhaling agter my, en ek weet ek moet dit nie durf waag om, om te kyk nie. Ek hardloop so vinnig as wat ek kan. My beseerde enkel maak my angstige bewegings stadiger, maar die groot, happende kake moedig my denkbeeldig aan. Die ongedierte het skaars gedraf, hy was besig om met my te speel.

    Dit was nie lank nie of ek val op my gesonde enkel op die grond. Klein, fyn klippies sny in my rug, maar ek het nie eens kans om op te staan nie, voordat die ongedierte my vaspen. Ek staar reg in suiwer bloedrooi, ronde oë.

    Die ongedierte het die algemene voorkoms van ‘n groot wolf gehad met ‘n dik swart pels, en ‘n plat snoet. Sy ore was platgetrek teen sy kop van woede, maar sy grommende kyk het meer soos ‘n grinnik as ‘n gryns gelyk. Die ongedierte het geweet dat ek beseer was, en geen krag meer oor gehad het nie.

    Bloederige speeksel het druppend uit sy bek op my skouer gedrup, en ‘n deel van my vel het dadelik dood gegaan. Sy spoeg was giftig, heel moontlik ‘n verlamende lokvink. Met ‘n harde grom, maak die dier sy bek wyd oop en…

    Mnr Carter! Is jy vandag van plan om by ons aan te sluit? Mnr Luis se stem maak my wakker met die spitsvondigheid van ‘n hamer teen ‘n glas. Ek knip my oë teen die skerp buislig en probeer onthou wat ek so pas gedroom het.

    Nee meneer, antwoord ek. Toe hy my aangluur, moet ek die lus onderdruk om te antwoord. Wat was die vraag?

    Wat was Freud se tekortkomings en prestasies?

    Freud se sielkundige teorie was afgeskied omdat dit niks voorspel het nie, sy idees was onwaarskynlik, en hulle was ongeldig verklaar. Maar tog, het hy aandag getrek na die onderbewuste, die stryd om die begeerte en seksualiteit te hanteer, en die konflik van biologiese behoeftes en sosiale beheer.

    Baie goed. Ek sal jou meermale moet vra.

    Wat jy ookal wi hê, meneer. Wat ook al jy beveel, mnr Satan. My siel is joune vir ‘n ander… Ek kyk op my horlosie en kreun. Vir wat de hel skuif die tyd agteruit in hierdie kerker? Dit is die vagevuur, ek sweer. Mnr Luis se sielkunde klas was ‘n twee-uur lesing wat gevoel het soos ‘n vier ure op sy beste van dae, en altyd ruik na metaal en klei. Die muwwe reuk was gewis, omdat mnr Luis ten minstens drie honderd jaar oud was, en die metaal reuk was van al die bloed wat hy gedrink het tussen klasse. Die enigste venster was klein en hoog teen die oostelike muur, so teen hierdie tyd van die dag, was dit neerdrukend op sy beste. Die buis ligte sal soms flikker, wat almal die gevoel van ‘n voorspelbare riller fliek gee.

    Tensy ‘n vraag gevra of beantwoord is, het die klaskamer stil gebly soos die graf. Die studente het gou die stilte verkies, want die alternatief was mnr Luis se sinnelose gegrootpratery. Sy dik Britse aksent, wat snaaks was op die eerste dag van die skool, het baie vinnig pynlik geword om na te luister. My liggaam het daarop gereageer deur te vries en onbedaaarlik aan die bewe te gaan. ‘n Swak jong meisie, Amy, is vrygestel van die klas se bywoning na die eerste week, want sy stem het haar laat flou val. Dit het nie gehelp dat hy op haar geskel het in ‘n vreemde taal omdat sy ‘n vrou is nie.

    Die mees interessantste afleiding in die klaskamer was die stories en graffiti op die lessenaars, wat soos die semester vorder, al hoe minder en minder liefdesnotas en onbekende geskribbel geword het, en meer en meer selfmoord uitbeeldings en planne gehad het. Daar was nog ‘n paar interessante eksperimentele ontwerpe wat oorgebly het toe ons wanaangepaste persoonlikheidsversteuring bestudeer het. Ons was natuurlik almal verantwoordelike volwassenes, wat baie toegewyd was aan ons studies.

    Ek moes weer aan die slaap geraak het, want die volgende ding wat ek geweet het, was dat ek geskud word. Ek ruk regop en bevind myself alleen saam met my vriendin. Hi Vi.

    Ek het bekommerd geraak; gedink miskien het Dracula jou uiteindelik gekry.

    Ek het opgestaan en gestrek. Vivian was drie en twintig jaar oud; ’n jaar ouer as ek, en ‘n paar duim korter op vyf voet agt. Haar dik, donker rooi hare was lank, reguit, en syerig. Dit het haar sagte, ligte groen oë selfs sagter laat lyk, en haar porselein, gladde vel lyk selfs meer foutloos. Sy het die lang, dun, natuurlike liggaamsbou van ‘n model gehad, en het regtig goed gelyk in die gekamoefleerde patroon bloesie wat sy gereeld gedra het, saam met ‘n denim baadjie, blou jeans, en hoë hak stewels.

    Is jy honger? Het ek gevra.

    Sy sug. Ja, as ek net die tyd gehad het om te eet, het sy gesê. Ek het my sak gegryp, my arm om haar skouer gesit, en ons het begin loop. Ek moet by die biblioteek uitkom voor die eerstejaars skare. Kry asseblief vir my iets. Ek gaan vanaand oorkom en dan sal ek honger wees.

    Vivian was ‘n verrassing en ‘n skat. Sy was pragtig, briljant en talentvol. Anders as die meeste vroue wat selfs net aan een van die beskrywings voldoen, was sy ook baie vriendelik, baie nederig, en vol omgee.

    Ek knik en ons stap tot by die luukse waterval van die kampus, wat eenvoudig baie groot, en hard was. Ek sal daar wees. Ek soen haar vir ‘n paar sekondes voordat sy dit stop met ‘n glimlag. Die waterval se vloei is skielik versteur, maar ons albei het dit geïgnoreer. Baai. Sy het weggestap, en haar baadjie stywer om haar getrek. Daai dik baadjie was die rede waarom ek winter gehaat het. Ek loop stadig af na my woonstel op kampus.

    Ek sluit die deur oop, maak dit toe, en val op die rusbank net twee treë weg neer. My woonstel was ‘n depressiewe voorstelling van my baie klein salaris. Wie sou kon raai om te werk by ‘n kitskos-restaurant was nie die beste manier om ryk te word nie? Ek het my hand uitgestrek in die donker vir die afstandbeheerder. Nadat ek dit nie kon kry nie, sug ek en sit my hande agter my kop. Die televisie skakel aan en ek kyk. Dit was die nuus. Omdat ek nie veel omgee oor riller reekse nie, spring ek op, gryp die afstandbeheerder van die koffie tafel af, en verander die kanaal na strokies karakters. ‘n Groot grys kat spring op die tafel en maak ‘n geluid wat ek erken as ‘n huil vir meer aandag, dadelik. Hi, Dorian. Hoe was die jag maat? Ek streel hom en word beloon met ‘n halfhartige spin. Vi kom oor vanaand, so maak jouself mooi. Ek staan op en gaan na die kombuis. ‘n Paar sekondes nadat ek die lig aangeskakel het, flits dit lui aan. ‘n Grasgroen mini-yskas van die jare sewentigs neurie hard onder ‘n ongebalanseerde, antieke mikrogolf. In die middel van die lang toonbank oorkant dit, was ‘n geroeste metaal, enkel opwasbak. Aan die een kant van die wasbak was ‘n elektriese pan wat ten minste die helfte van die tyd nie gewerk het nie, en aan die ander kant was ‘n elektriese stoompot wat amper net ‘n paar dae van die maand gewerk het.

    Ek tel Dorian se metaal kosbak op en haal sy kos uit die kassie bokant die yskas. Gewoonlik, het die temperamentele dier ongeduldig gewag dat hy sy kos kry, maar toe ek sy kosbak volmaak en op die vloer sit, was hy nêrens te sien nie. Ek stap na die deur en skakel die sitkamer lig aan. Dorian was op die rusbank, besig om te grom vir die deur, met sy rug krom getrek, sy hare wat opstaan, en sy naels uitgetrek. Wat is fout? Is dit Moeder? Ek het nie donderweer gehoor of swael geruik nie.

    Die deur kraak onheilspellend en maanlig skyn in die kamer, maar niemand, geen monster of persoon, staan in my woonstel se ingang nie. Ek stap versigtig uit. My woonstel kompleks was beslis veiliger as die goedkoperes, want dit was baie naby aan die universiteit. Om so te bly beteken ook dat ek nie ‘n motor nodig het nie, wat ek in elk geval nie kon bekostig nie. Te danke aan my studiebeurs, standvastige werk, en ‘n gebrek aan ‘n sosiale lewe, was ek een van die min studente wat heeltemal sonder skuld was. Om op die broodlyn te lewe, was die ekstra sekuriteit werd, want ek kon in die gang afloop, of op my klein grasperkie staan, sonder om aangeval of geteister te word. Om op die grondvloer te bly was beslis ‘n bonus, want ons het geen hysbak gehad nie.

    Die wind het gehuil en ek was op die punt om, om te draai, toe iets my aandag getrek het. ‘n Klein, dun, swart boek lê heel onskuldig op die gras op die voorkant van my stoep. Dit het skadeloos gelyk, maar ek het die drang gehad om terug binnekant toe te hardloop en dit net daar te los. Dit was soos ‘n rillier fliek waar jy weet dat jy in ‘n bose plek is of dat iets onheiligs na jou kyk. So, natuurlik, het ek dit opgetel. Dit het my vel geprikkel, maar nie noodwendig op ‘n slegte manier nie. Daar was geen skrif of titel op die swart leeromslag nie, wat buigsaam was, maar tog ook nie swak was nie. Die bladsye was ongewoon styf en koud en die meeste van hulle was leeg. Slegs die eerste tien bladsye het iets op hulle geskryf gehad, maar dit was nie ‘n storie of selfs ‘n joernaal nie; in stede daarvan, was hulle gevul met wat gelyk het soos woorde. Terwyl sommige woorde bekende tale was, was die meeste ongelooflik vreemd. Ek die boek toegemaak, rondgekyk, en weer binnetoe gegaan.

    Dorian het na my slaapkamer gehardloop toe ek inkom. Ek wou hom nie pla terwyl hy so vreemd was nie, ek het net die boek op die boekrak langs my klein televisie neergesit. My leë maag, wat nou vol knope was, het gegrom en ek het my jas gegryp. Ek het nie teruggekyk na die ontstellende boek nie, of gewonder hoekom ek dit gehou het nie.

    Na ‘n paar dae, het ek heeltemal daarvan vergeet.

    *      *      *

    Waar gaan ons wanneer ons sterf? Ek is vertel dat ek hemel toe gaan as ek goed was, maar ek het nog altyd die konsep van ‘n hiernamaals moeilik gevind. Terwyl ek altyd probeer het om die regte ding te doen en niemand seer te maak, nooit te steel, en net jok om ‘n persoon se gevoelens te spaar, was sulke morele waardes subjektief. Dit was heeltemal moontlik dat my blatante sarkasme my heel moontlik ‘n plek in die hel sou laat verdien. Dan weer aan die anderkant, as ek nie sarkasties kon wees in die Hemel nie, het ek nie daar gehoort nie.

    Ongelukkig baie vroeg in my lewe, het ek besef dat daar niks in die besonder opwindend met my sou gebeur nie. Ten minste, nie vir so lank as wat ek in die morele grense bly soos wat ek geleer is nie. Ek het wakker geword, skool toe gegaan, werk toe, gaan slaap; daar was niks om na uit te sien in die lewe nie.

    *      *      *

    Soos wat die dodetal styg, draai mense om, om self-beskerming. Die misdaadsyfer is besig om na die hoogste syfer te styg in ‘n dekade in Dallas. Alhoewel dit nog steeds ondersoek word, glo owerhede dat die vure begin het by twee polisiestasies in Dallas en Fort Worth as gevolg van brandstigting. Twee mense is in hegtenis geneem nadat hulle probeer het om ‘n bank te beroof. Maar hulle was te besig om met mekaar te argumenteer, om ‘n ogie te hou op die getuies… omdat hulle nie saamgewerk het nie, het hulle dieselfde bank gekies. Dit was ook nadelig vir hulle, omdat die bank wat hulle probeer beroof het, huidiglik ondersoek was deur ses aan diens polisiebeamptes.

    Dit was nie moeilik om nie te grinnik nie, alhoewel ek op ‘n ander dag nie sou nie. Ek het dit amusant gevind, indien nie histeries nie, wanneer idiote gevang word, as gevolg van dom foute. Maar hierdie keer egter wou ek die TV afsit, of ten minste die klank af.

    My kop het geklop met ‘n dowwe pyn wat die woorde in sinnelose sentimentaliteit laat wegraak het. Die koue gelamineerde toonbank teen my wang het goed gevoel, maar het nie heeltemal opgemaak vir die muur van geraas wat my wou versmoor nie. Die koorsagtige hitte wat my gelyktydig laat sweet en jeuk het, was aaklig genoeg en my bonsende hart, die dehidrasie, en ondraaglike naarheid te verduur. Ek wens ek het nie so naby aan die TV gesit nie, maar daar was iemand in my gewone sitplek en ek het nie die krag gehad om te skuif nie. Dit was ‘n slegte idee om na die kafeteria toe te gaan in my swak toestand, maar nodeloos, ek het myself altyd daar bevind in elk geval; my vampier van ‘n sielkunde onderwyser sou my in elk geval nie in so ‘n openbare plek soek nie.

    Hi. Ek het nie vir Vivian gekyk toe sy op die sitplek langs my kom sit het nie. Is jy okay? Vra sy. Ek trek myself op in ‘n sittende posisie en probeer om vir haar ‘n gerusstellende glimlag te gee. Die beste wat ek kon doen, was om na haar te staar, voordat ek terugkeer het na my plek. Ag nee, is dit al reeds drie uur? Ek moet gaan. Sy het opgegespring van haar sitplek, en na haar horlosie gekyk.

    Ek was nie seker hoe ek die krag of balans gekry het nie, maar ek gryp haar pols voordat sy verdwyn, trek haar om, om op my skoot te sit terwyl ek met haar horlosie peuter. Dit was die daglig-spaar tyd, verlede nag. Jy is piekfyn. Ek stel haar horlosie reg en draai terug na die tafel, dwing haar uit my skoot, en sien dan sy het ‘n stapel lêers by haar. Werk jy hard?

    Ja. Blykbaar het daar ryk mense ingetrek en begin moeilikheid maak, so die vampier moes oorneem en die geld gaan haal. Vivian was ‘n assistent--prokureur. Dit is nie so erg soos dit nou nou gaan word nie

    Hoekom? Wat gaan gebeur? Het ek gevra. Sy het na my gestaar asof ek belaglik was, maar ek het nie gekla nie; sover ek geweet het, het die spraak gedeelte van my brein uitgebrand, so ek het geen idee gehad wat ek regtig gesê het nie.

    Wel, met die golf van moord en misdaad wat nader kom, gaan dit slegs my werkslading verhoog.

    Wat? Watter moorde? Watse misdaad? Waarvan praat ons? Goed, ek was so ‘n bietjie stadig, maar dit was ‘n harde dag. Maandae is uitmergelend op ‘n goeie dag en na vyf ure van toetse, borrels vul, en opstelle skryf, was daar min in my kop oor wat nie rou was nie. Om te probeer om ‘n gesprek te voer met Vivian terwyl sy in haar werksmodum is was soos om ‘n kuberblokkie te prober oplos met my oë toe.

    Sy sug. Jy is onmoontlik op Maandae. Die nuus praat ononderbroke daaroor. Daar was ‘n skerp toename in sterftes, en wat meer is, dit kom nader, het sy gesê. Ek het geweet dat my uitdrukking minder as beleefd was, maar ek het nie baie beheer gehad oor betekenislose spier funksies soos my gesig of mond nie. Al die sterftes is dieselfde.

    Is hulle? Dit het nie reg geklink nie.

    "Ja. Hulle is almal ongelukke.

    Vertel my weer hoe maak dit hulle moordernaars. Weereens, ek was ‘n bietjie stadig, maar Vivian was die tipe persoon wat oor en oor kon aangaan, as sy die gesprek in haar kop gehad het. Ongelukkig het ek dikwels nie altyd geweet wanneer sy dit doen of nie.

    Die aantal bevestigde moorde het nie veel verander nie, en enige positiewe korreksie kan toegeskryf word aan vrees. Dit is omdat almal kan sien wat besig is om te gebeur. Daar is ‘n groot toename in ongelukke wat alles betrek, van vure tot die ineenstorting van geboue, tot massiewe verkeersongelukke. Hierdie is nie toevallig nie, dit is net onopspoorbaar. Maar in elk geval, mense gaan beskuldig word, en geld sal gemors word. Hoe was jou toets?

    Dit het ‘n rukkie gevat om te besef sy het die onderwerp verander. Watter toets?

    Almal van hulle.

    "Wel, my biologietoets was goed en dan my sielkundetoets was goed. My Europese / Amerikaanse geskiedenistoets was uitmergelend. En teen die tyd dat dit verby was, kon ek skaars die vrae lees in my bio-toets.

    "Wat van jou chemietoets?

    Ek het op my horlosie gekyk. Dit is nie vir nog ‘n uur nie. Ek het probeer om ‘n middagslapie te neem voordat jy ingekom het. Moenie ‘n middagslapie in die kafeteria neem nie. Gaan huistoe gaan eet ‘n broodjie, en kry ‘n coke.

    Ek het probeer om regop te sit en is beloon met ‘n nuwe golf van naarheid. Ek staan nie op uit hierdie stoel nie. Doen my asseblief ‘n guns en bring vir my een van die toetse. Sy was reeds besig om op te staan en het prober om my op te trek. Normaalweg, sou ek met haar balei het, maar dit was nie die moeite werd nie.

    Ek het daarin geslaag om my boeksak te gryp voordat dit buite my bereik was. Sy het my ‘n sagte soen gegee en weggestoot. Gelukkig, het ek dit betyds huistoe gemaak in net genoeg tyd om te eet, voordat ek klas toe moes gaan. Dit het my nie gepla tot veel later, oor wat sy gesê oor die ongelukke nie.

    *      *      *

    Daar was iemand by die deur. Ek het op my wekker gekyk en uit die bed gespring asof dit aan die brand was. Dit was sewe uur in die aand en ek was ‘n halfuur laat vir werk. My gewoonte om my alarm af te sit in my slaap, gaan maak dat ek afgedank word, vir seker. Ek gryp my broek, trek dit oor my los swart slaapbroek aan, en was besig om my hemp aan te trek oppad deur toe. Om te probeer om die deur oop te maak en aan te trek halfpad deur die slaap, was ‘n resep vir ‘n ramp. Ek bedoel, daar was vier gate in my hemp, so dit was ‘n treffer-of-mis operasie.

    Die geklop het lig en onseker geklink, daarom het ek ‘n oulike jong meisie by die deur verwag. In plaas daarvan, staan daar ‘n man.

    Hy het slordige, donker bruin hare gehad, geen gesighare en die donkerste bruin oë wat ek nog ooit gesien het. Sy vel het ‘n twyfelagtige kleur gehad, wat dit moeilik gemaak het om sy ras te bepaal, maar ek kon raai hy is in sy vroeë-tot-middel dertigs. Hy was omtrent ses-voet-twee, ‘n goeie vyf duim langer as ek, en hy het ‘n atletiese bou gehad. Alles was moeilik om raak te sien, as gevolg van sy geslepe houding. Die man het ‘n dik, ligbruin baadjie met ‘n sakkerig swart broek gedra, wat van dieselfde growwe materiaal gemaak is, en swaar werkstewels. Vasgemaak oor sy regter skouer en wat aan sy heup gehang het, aan die linkerkant, was ‘n dun, swart, leerboeksak. Hy was duidelik ‘n student by die kollege.

    Hy het my ‘n stywe, gedwonge glimlag gegee. "Hallo, ek is Edward.

    " Natuurlik was hy. Sy stem was verrassend sag vir sy wilde voorkoms, maar dit was eerder diep, en sy aksent het amper Asiaties geklink. Daar was genoeg selfvertroue in sy stem, dat dit gevoel het asof sy sagte manier ‘n fasade was, asof hy besig was om ‘n niksvermoedende dier te lok.

    Dit is goed so. Ek is ‘n ateïs. Geen Bybels vandag, het ek gesê. Sy glimlag verdwyn met verwarring en ek het die idee gekry dat hy dalk nie kon Bybels verkoop het nie. Ek sug. Wat is dit wat jy wil hê?

    Ek wil net my nuwe bure ontmoet.

    Het hy gesê ontmoet of eet"? Het dit saak gemaak? Hierdie man lyk soos ‘n roofdier. Nie die pedofiel soort nie, meer soos ‘n wolf in skaapklere. Moet jou nie aan my steur nie; Ek is net hier om na die spyskaart te kyk. Wel, ek is laat vir werk. Gaaf om jou te ontmoet. Sien jou in die omtrek. Ek het probeer om die deur toe te maak, maar hy het my gekeer. Edward het nie meer ‘n gedwonge glimlag gehad nie, en hy het nie eens na my gekyk nie. Ondanks die feit dat hy kwaad was, het sy opgewonde gegluur my laat bewe. Mense het nie gewoonlik dit aan my gedoen nie, behalwe vir mnr Luis. Toe draai hy sy blik na my en sy houding het afgekoel… saam met elke orgaan in my liggaam. Ek het jou gekry, het hy gesê. My liggaam het gebewe. Niemand sou so psigopaties klink en nie op die punt staan om my te eet nie. Ten minste het hy my gekry, voor mnr Luis kon.

    Ek is nie die skaap waarna jy soek nie. Ek was op die punt om iets te sê, heelwaarskynlik iets onverstaanbaars, toe hy my eenkant toe stoot en na my boekrak gaan. Ek het besef dit was die fokus van sy gestaar. Hy het die swart boekie gegryp en daardeur begin blaai, toe met sy inspeksie gestop en my fronsend en verbaas aangekyk.

    Jy het nie jou naam hierin geskryf nie?

    Hoekom sou ek? My stem het ‘n bietjie onvas uitgekom.

    Weet jy nie wat is dit wat jy gevind het nie? Hy het afgekyk na dit. Nee, ek dink nie so nie.

    Ek kyk smekend na my deur, stilweg smeekend dat dit hom moet terugtrek. Dit het nie. Mnr. Edward, jy het regtig nodig om nou te gaan. Ek moet nou werk toe gaan.

    Daar is meer belangriker sake om aan aandag te gee. Is daar iemand anders wat weet van hierdie boek? het hy gevra, sy uitdrukking kalm.

    Nee. Ek het dit nog net vir ‘n paar weke gehad. Ek het in dae nie eers daaraan gedink nie. Wat is dit, ‘n soort van bende erfstuk of iets?

    Ek hoop dat jy nie lieg nie. Hulle is instaat om dit aan jou te ruik, of enigiemand waarmee jy onlangs in kontak mee gekom het. Dit is jammer vir jou, maar hulle sal binnekort besef dit is weer weg, en die moorde sal stop. Sy stem het stadig van sag na hard gegaan.

    Waarvan praat jy?! Die ligte het heftig geflits van my frustrasie.

    Jy… Hy kyk na die oorhoofse ligte vir ‘n oomblik. Het jy dit gedoen? vra hy, sy stem skielik weer sag.

    Wie de hel is ‘hulle’ en wat is jammer vir my?

    Miskien het hierdie boek nie per ongeluk na jou gekom nie.

    Ek was toe kwaad. Ek het niks daarvan gehou dat hy met homself gepraat het nie in plaas van met my, of dat hy my vrae ignoreer nie. Ek het die deur toegemaak en probeer om te kalmeer, ek wou hom nie verder kwaad maak nie, totdat ek my antwoorde gekry het. Hy het my konflik erken en die boek op die koffietafel neergesit met ‘n sug.

    Het jy geweet dat daar ongediertes agter jou aan is?

    Ek was verbysterd. Watter gedrogte? Hoekom? Hy het net daar gestaan asof hy my nie gehoor het nie. Nee, ek het nie.

    Daar is drie van hulle. Ek weet nie wat dit is nie, maar hulle wil hierdie boek hê. Hulle het dit opgespoor in hierdie area, en baie gou, gaan hulle jou opspoor en doodmaak en wie ook al daarna ruik, totdat hulle dit vind. Hierdie plek stink na die boek.

    En jy gaan net die boek vat en weghardloop daarmee na veiligheid?

    Ek wou, ja, maar nou is ek nie meer so seker nie. As jy ‘n towenaar is, dan is dit miskien verkeerd om dit te vat.

    Dit was die laaste ding wat ek verwag het vir hom om te sê, en dit het my laat wag. Ek was nie regtig ‘n ateïs, net ‘n agnostikus, so ek het geen godsdienstige redes gehad om die idee te verwerp nie, maar dit het gegrens op die vlak van belaglikheid. Ek het gedink dat as daar wel monsters agter die boek aan was, hierdie man nie hier sou gewees het nie. Niks wat so interessant was, het ooit met my gebeur nie.

    Aan die ander kant, net in geval hy die waarheid vertel het… As ek nie ‘n towenaar is nie, sal jy die boek vat en loop? Hoe lank voordat hulle ophou om mense hier dood te maak?

    Hulle sal ophou wanneer hulle besef dat dit weg is; wanneer almal wat ruik soos dit, dood is. Is jy ‘n towenaar? My eerste instink was om vir hom te lag, maar ek het stil gebly. Wat sou hy doen as ek ja gesê het? Antwoord my vraag!

    Ek het hom toegesnou. Dit is ‘n dom vraag. Daar is nie iets soos towenaars nie.

    Edward knik. Dan sal ek nou gaan. Hy het begin om na die deur te loop en ek gaan staan en keer sy pad, nog kwater.

    As hulle hierdie boek so graag wil hê, kan ek dit gebruik om ontslae te raak van hulle!

    Ek sal nie toelaat dat hierdie boek in hulle hande beland nie. Dit is my werk om dit te beskerm, het hy geargumenteer.

    Sy sorgvrye stem het my laat bewe van woede. Die ligte het uiteindelik afgegaan en ons was gebaai in die duisternis. My woede het saam met hulle uitgegaan, en ek het die deur oopgemaak om die lig in te laat. Ek was verstom om te sien dat Edward grinik.

    "So, jy is ‘n towenaar. Ek kan die boek nie van jou wegvat nie as dit jou gekies het, en jy dit aanvaar het nie." ‘n Deel van my wou net by die deur uitoop en gaan werk, en hom daar los, en die ander deel van my wou terug loop na my slaapkamer en verder gaan slaap. Ek het geen voorneme gehad om hierdie man meer van my tyd te gee nie, maar die woorde het uit my mond gekom voordat ek hulle kon keer.

    So as ek dit aanvaar, wat gebeur dan?

    Jou grootste prioriteit in die lewe word die beskerming van hierdie boek. Maar dit is ook my doel om die boeke te beskerm, so ek sal geen keuse hê as om jou en die boek te beskerm nie, totdat jy ten volle in staat is om die bewaking van die boek op jou eie te doen, wat tot sewe jaar kan neem. Met ander woorde, jy sal my leerling in toorkuns word.

    Ek staar na hom. Ek wou iets sê, maar ek het net nie geweet wat nie. Toorkuns. Waarlik, hierdie man was stapelgek. Die ligte het niks te doen gehad met toorkuns nie; die elektriese maatskappy was net besig om met my te sukkel. Maar, ek het altyd gedink dit sou dinge verduidelik het. Dit sou dalk ook die onlangse moorde verduidelik.

    Wat het hierdie boek te doen het met toorkuns? Waarom is daardie ongediertes agter die boek aan?

    Ek word nie toegelaat om jou te vertel nie, tensy jou naam in die boek is nie.

    Ek het besef hy hou die boek vas, toe hy dit oopmaak, en aangee vir my om te teken. Die duiwel wil hê ek moet sy swart boek teken. Ek bestudeer dit, asof dit my die antwoorde sou gee wat Edward nie wou nie. "

    Dit is nie beleef om my te laat wag nie, sê hy ongeduldig.

    Ek het my kop geskud. Ek teken niks nie voordat ek nie weet waarin ek myself gaan inlaat nie.

    Hy die boek toegemaak en sit dit in sy sak langs ‘n identiese een. Dit is baie wys van jou, het hy gesê, asof hy my antwoord verwag het.

    Is dit ‘n ander boek?

    Dit is. Ek is die Bewaaker van hierdie boek. Hy het ‘n ander boek uitgetrek, net ‘n bietjie, voordat hy dit laat teruggly in veiligheid. Die Bewaarder van die boek wat jy gevind het, het gesterf, en ek is opgdrag gegee om dit te kom haal. Ek was veronderstel om ‘n nuwe Bewaaker te vind, maar nou lyk dit of dit reeds een gekies het.

    Jy praat asof dit sy eie persoonlikheid het.

    Dit het. Neem drie dinge in ag voordat ek jou enige iets verder vertel oor die keuse wat jy moet maak: Hierdie boeke en hulle wêrelde is magies, die gediertes wat agter hierdie boeke aan is, is baie sterk, en ek het regtig baie min geduld oor. Ek is bly dat jy huiwerig is om jou naam in een van die boeke te skryf sonder om te weet waarvoor jy jou inlaat, maar wat jy nodig het is om vinnig te besluit, sodat ons kan gaan.

    Begin dan om te verduidelik. Ek het na my horlosie gekyk en hy sug, vererg. O, kak. Verduidelik op pad na my werk toe. Ek gaan lewendig gekook word. Edward het my die mees verwardste kyk gegee.

    Kom nou! Hy het my by die deur uitgevolg, en ek het dit agter ons gesluit. Edward het maklik by my bygehou terwyl ek vinnig regoor die kampus gestap het.

    Is jy seker jy wil betrokke raak by hierdie boek?

    Ek is reeds betrokke, reg? Die ‘wilde diere’ sal my doodmaak as ek dit nie doen nie.

    Daar is gevare veel erger as hulle.

    Ek het gestop en omgedraai na hom. Soos wat? Wag, wat het jy vroeër bedoel met die boeke se wêrelde?

    Hy het my bekyk met ‘n sagte, geduldige uitdrukking. Ek sal dit alles aan jou verduidelik, maar ek sou verkies om dit nie doen voor getuies nie, het hy gesê. Dit was die tipiese universiteit naweek skare, maar daar was niemand binne twintig treë van ons nie. Ook, moet jy regtig seker wees dat jy betrokke wil raak hiermee.

    Ons het weer begin loop. Ek het gedink jy wou nie tyd mors nie, het ek gesê.

    Dit is nooit ‘n vermorsing van tyd om te dink voordat jy besluit oor iets wat jou toekoms sal verander nie. Ek wil net eenvoudig nie te lank hier wees nie: Ek wil hê jy moet nou besluit. Ek is onder baie druk, want solank as wat ek is hier, is die boek in navraag en my eie boek in gevaar.

    Waar kom jy vandaan?

    Jy het nog nooit daarvan gehoor nie.

    Is jou kleredrag normaal daar? Ek het onbeskof gevoel toe hy afkyk na sy klere met ‘n frons. Ons het by die kitskos restaurant aangekom en die geel boë balke glinster af na my, asof om met my te spot en my klein salaris.

    Dit is nie abnormaal nie. Dit was lank gelede sedert ek hierdie wêreld besoek het, het Edward uiteindelik geantwoord toe ons by die deure kom.

    Wat bedoel jy? Wil jy my vertel dat jy nie van hierdie wêreld is nie? Vra ek, skepties.

    Dit is tog duidelik.

    O, seker, hoe dom van my.

    ‘n Boek kan slegs een wêreld verteenwoordig, so natuurlik is myne van ‘n ander wêreld. Dit is net redelik dat ek van daardie wêreld is. Rêgtigwaar, is dit so ongewoon buiten alles anders?

    Die vreemdeling het ‘n punt gehad. Gaan kry vir jou ‘n sitplek. Ek sal kom sodra my skof eindig. Ek staan in vir iemand, so ek sal net ‘n paar uur wees. Hy het ‘n stoel uitgetrek sonder om te argumenteer, maar ek kon voel hoe die ongeduld uit hom vloei. Ek het agter die toonbank ingegaan. Hi, Jean het ek gesê. Jean het haar kop agter uit die stoof gesteek en vir my geglimlag.

    Jean was sewentien in ‘n vyftien-jaar-oue liggaam. Haar klein, mooi gevormde lyf het haar persoonlikheid baie goed gepas. Haar natuurlike platinum blonde, lang, sagte hare omraam haar jeugdige ronde gesig. Haar oë was donker blou en haar vel was mooi glad vir ‘n tiener. Ten spyte van haar ongesonde eetgewoontes, onmenslike energie wat haar in staat gestel het om nie op te tree soos ‘n normale person nie, het sy ‘n gesonde gewig behou.

    Malcolm is op soek na jou. Ek het vir hom gesê jy het ‘n nood tandarts afspraak gehad.

    Baie dankie. Dit is beter as die pokke wat jy hom vertel het, ek verlede week gehad het of die hondsdolheid die week voor dit. Sy draai terug na die stoof en haar oorproppies gaan terug na haar ore. Haar kort, skoolrok het geskud soos sy begin dans het. Jean was interessant. Sy was slim sonder om te slim te wees, het ‘n wilde verbeelding, en hou van sekere dinge waarvan ek ook hou. Ongelukkig het sy te hard probeer om mense gelukkig te maak. Tog, om saam met haar te werk was moeilik, want sy was geneig om te vergeet dat sy skaars ‘n hoërskool leerling was en ek ‘n kollege student. Nietemin, ek het ‘n vriendin gehad en ek was baie ouer as sy, maar sy het dit haar lewensdoel gemaak, om my te probeer verlei om uit te gaan op ‘n afspraak.

    *      *      *

    Drie ure van hel later, het ek uiteindelik agter uit die toonbank gekruip en oorkant Edward gaan sit, wat gefassineer was deur die motors. Hy het my bestudeer terwyl ek brandroom aansmeer waar die die skyfies gereeld oor my hand spat. Die skyfies het my getreiter.

    So? Vertel my.

    Is jy heeltemal seker?

    Nog ‘n uur van hierdie en ek gaan daai boekjagters smeek om my uit my ellende te kom verlos. Praat vinnig voordat ek flou word.

    Ek sou verkies dat jy nie flou word nie. Hy bekyk die motors weer vir ‘n oomblik voordat hy sy aandag na my verskuif. Die storie moet begin as ‘n geskiedenis les.

    O, God.

    Verdra my, het hy gesê asof hy my gedagtes gelees het. Voordat die wêrelde nog self lewe gehad het, was daar twaalf gode; die Iadnah, het twaalf wêrelde gevat en hulle in staat gestel om lewe te onderhou. Vir elke wêreld, het hulle ‘n boek gehad waarin hulle, hulle ware name geskryf het. Verstaan jy so vêr?

    Twaalf gode, boeke, ware naam. Het dit. Hoekom?

    Hy knipoog. Wat?

    Waarom het hulle die boeke nodig gehad? Hulle is dan gode, het ek gesê. Hy het gelag, heeltemal oop en eerlik, wat heeltemal teenstrydig was met my eerste indruk van hom.

    Ek het jou so pas iets vertel wat min mense van jou wêreld sou sluk selfs al het ek ‘n bewys, en jy wil die motiewe van die gode bevraagteken? Die boeke is… Hy huiwer, dink aan die regte woorde. Hulle verteenwoordig, beskerm en beheer die krag van die wêrelde. Ek was op die punt om hom te vra om uit te brei, maar hy het sy hand in die lug opgehou. Probeer asseblief om jou vrae te hou tot aan die einde.

    Ek sal probeer.

    Edward knik. Een van die Iadnah, Vretial, het besluit sy wêreld was nie sterk genoeg nie. Hy was die mees riskante, psigotiese en kwaadwilligste van die Iadnah, terwyl sy broer, Avoli, baie vriendelik was, maar ook maklik om, om die bos te lei. Vretial het Avoli se boek gesteel en elke naam uitgewis, behalwe sy eie. Die wêreld het syne geword. Uit vrees, het die ander tien gode hulle boeke weggesteek met verskillende krygers van elke wêreld.

    Een vir elke wêreld of ‘n paar?

    Daar is slegs een vegter vir elke wêreld en hierdie krygers is gebore met groot mag van die verstand. Deur die gode, is ons Noquodi genoem, maar die meer algemene naam is Bewaarders. Die twee wêrelde wat aan Vretial behoort, word die Outlands genoem of buitenste wêrelde. Die Bewaarders se kragte word oorgedra na hulle kinders, wat bekend staan as towenaars. Alhoewel almal kan toor, is elke persoon natuurlik gebore as ‘n begaafde ware towenaar en ‘n afstammeling van die krygers.

    So, as ek ‘n towenaar is, wat jy blykbaar glo ek is, dan is ek ‘n afstammeling van ‘n Bewaarder?

    Ja, en wanneer jy jou naam teken, sal jy baie meer kragtiger word as wat jy nou is. Enige persoon wat sy naam skryf in ‘n boek van die Iadnah sal gemerk word met die simbool van daardie wêreld en in staat gestel word om te leer om te reis sonder die boek. Hulle krag sal baie groter word, en hulle sal gekoppel word aan daardie wêreld vir so lank as wat hulle naam in die boek is. Hulle neem op ‘n klein skaal ‘n bietjie van die verantwoordelikheid om die wêreld te beskerm, aangesien hul toorkrag gekoppel is daaraan. Wanneer hulle sterf, bly hulle name in die boek en niemand weet wat met hulle gebeur nie.

    Kan jy ‘n persoon se naam uit die boek wis sodat hulle die krag nie meer kan gebruik nie? Soos, as hulle dit misbruik of so iets?

    Net een van die Iadnah of een van die Bewaarders kan ‘n persoon se naam van een van die boeke uivee, maar as hulle dit doen, sal daardie persoon verdwyn.

    Wat sal gebeur as iemand anders sy naam inskryf?

    ‘n Mens kan net sy eie naam in die boeke skryf. Dit is soos jy wat ‘n kontrak nie kan vervals nie.

    So, as ek my naam in die boek skryf, sal ek die Bewaarder daarvan word, en ek kan na die wêrelde reis?

    Edward het sy kop geskud. Jy kan net reis na die wêreld wie se boek jou naam in het. Jy kan na al die wêrelde reis as jy al die boeke teken. Hulle is versprei en weggesteek sodat dit moeilik sou wees om dit te probeer doen. Nou, jy hoef nie die Bewaarder van die boek te wees om dit te onderteken nie, en elke boek, behalwe vir Vretial sinne, het een en slegs een Bewaarder.

    So hierdie boek, dit behoort aan die Bewaarder van die Aarde, reg?

    Dit is so.

    Hoe het die Bewaarder van hierdie boek gesterf?

    Vretial het onlangs weer toegeslaan. Hy het baie kragtige dienaars van hom gestuur om die oorblywende boeke op te spoor. Hulle het net een Bewaarder gevind, en hy het van die boek ontslae geraak, voordat hulle hom doodgemaak het.

    Dit was die Bewaarder van die boek wat ek gevind? Die Bewaarder van die aarde? En die dienaars van die monsters wat agter my aan is?

    Nie heeltemal nie. Towenaars, die dienaars van Vretial, het die vorige Bewaarder van die Aarde, Ronez vermoor. Wat ook al agter hierdie weggegooide boek is, is nie ‘n slaaf nie, maar ‘n dier, en daar is drie van hulle, so ver ek weet. Toe Ronez vermoor is, het die gode vir my gestuur na die aarde om die boek te kom haal en dit te beskerm totdat ek ‘n geskikte Bewaarder daarvoor kon vind. Blykbaar, gaan ek een daarvoor moet maak.

    Wag nou. As die boeke nodig het om oor die wêreld te reis, en die ongediertes is van watsenaam, hoe het hulle hier gekom? En hoe het die dienaars hier gekom?

    Daarin lê die raaisel. Die gode ontken deeglik dat hulle die vermoë het om te reis sonder die boeke, maar hulle gee ook geen verduideliking nie.

    So die ongediertes kon dit ruik al die pad tot hier? Het ek gevra. Hy het sy kop geskud.

    Toe die boek weggegooi is, het dit begin om ‘n energie uit te straal om gevind te word deur sy nuwe Bewaarder. Sodra een naby genoeg is, kan hulle die krag soos ‘n reuk opspoor. Die sein sal nie ophou totdat ‘n geskikte persoon dit aanvaar en die nuwe Bewaaker word nie.

    So, as ek die boek teken en jou vakleerling word in toorkuns, wat sal dit behels? Het ek gevra.

    Jy sal jou studies moet laat vaar, want hierdie is nie ‘n geskikte plek om toorkuns te bestudeer of uit te voer nie. Jy sal by moet kom bly in my wêreld.

    My oë her gerek."Jy wil hê ek moetdie aarde verlaat? Dit is soort van die enigste plek wat ek ken.

    Om my studies en werk om te gee is fyn. Ek is redelik seker ek hoef nooit weer my psigopatiese sielkunde onderwyser te sien nie, maar wat van my vriendin?"

    Haai. Gaan jy my eers aan jou vriend voor stel? Vra Jean, skielik hier langs my. Ek was so besig met die gedagte om die aarde te verlaat, dat haar soet, sagte stem my laat skrik het. Ek draai na haar en Edward staan op.

    Um… Hierdie is Edward. Edward, dit is Jean. Jean steek haar hand uit vir sy en ek het die irrasionele vrees dat hy nie sou weet wat om te doen nie. Ek het nog nooit ‘n vreemde wese voorheen ontmoet nie. Tot my groot verligting, eik hy uit en skud haar hand beleefd. Ek gaan ‘n paar hamburgers kry, het ek gesê, en opgestaan.

    Jean het ‘n tree weggestap van die tafel. Nee, nee, ek sal dit kry. Sit terug. Sy het terug gehardloop na die kombuis en ek het teruggeskuif in my stoel.

    Edward het meer versigtig gelyk om terug te sit, asof hy bang was dat ‘n ander uitbundige meisie iewers sou uitspring. Is dit die ‘vriendin’ wat jy bekommerd is om te los?

    Nee En wees versigtig vir Jean; sy kan lastig wees as sy iets wil hê… soos ‘n kêrel. Hoe is vroue op jou planeet?

    Hy kyk na haar oor my skouer. O, daar is baie verskillende soorte vrouens. Soos die vroue van jou wêreld, is hulle geneig om meer boos te wees as mans wanneer hulle kwaad word. My wêreld in die algemeen is nie te veel anders as joune nie, afgesien daarvan dat dit meer eenvoudiger in sommige maniere is.

    Hoe so? Vra ek. Jean het terug gekom en vier hamburgers neergesit; een vir my, een vir Edward, en twee vir haarself. Voordat sy kon gaan sit, lui haar selfoon en sy sug. Ek is nou terug.

    Sy het weggestap en ek kyk terug na Edward, wat grinnikend sy toegedraaide hamburger met afgryse bekyk.

    Wat is dit? Ek het het my oë gerol, want ek het dit al dikwels myself gewonder. Kos.

    Hy het na my gekyk. Nee, ernstig, wat is dit?

    Ek het myne opgetel en ‘n hap gevat. Hy het selfs meer ontsteld gelyk, wat op een of ander manier die kos nog slegter laat smaak het. Ek sluk die vals vleis en papperige suiker brood in my mond. Ek was geen koskenner nie, maar daar was net iets suurs omtrent goedkoop gemors kos en ‘n spyskaart hamburger.

    Hoe is die kos op jou planeet?

    Eetbaar.

    Klink soos pret. Vertel my waar jy woon.

    Wel, my wêreld is nie so vol soos joune nie. Ons het geen motors of petrol nie. Baie plekke het geen elektrisiteit en---

    Jy het geen elektrisiteit nie?! Het ek gesê, veels te hard. Gelukkig was daar geen kliënte om ons te hoor nie. "Die mense van my wêreld aanvaar toorkrag en die meeste beoefen dit, maar toorkuns kan inmeng met elektrisiteit. Ons wêreld is eenvoudiger in ons daaglikse lewens. Dit gesê, die tegnologie wat ons gebruik is baie meer gevorderd as julle sin. Byvoorbeel in jou wêreld, is daar skole en werke sowel as klein en groot stede of dorpe. Daar is egter baie mense soos ek. Ek werk nie vir die publiek nie; Ek besit ‘n klein hut in ‘n groot bos en bly alleen, behalwe vir Tibbit.

    Ek knipoog. Wie is Tibbit?"

    Hy glimlag. Tibbit is my troeteldier. Hy is ‘n voël, ‘n Visarend, wat soortgelyk is aan ‘n arend in jou wêreld.

    Hoe weet jy van my wêreld?

    Ek het nog nooit na wêreld gereis sonder om te weet wat om te verwag nie. Ek is ‘n hele paar duisend jaar oud; Ek het genoeg tyd gehad om te leer van jou wêreld. Maar meestal, omdat ek baie naby aan die Bewaaker van die Aarde was.

    Verskeie duisende jare oud. So hy het gelewe toe mnr Luis nog ‘n kind was. Ten minste was die eeue beter met Edward. En hier het ek geraai ‘n paar honderd jaar. Wat van die huwelik? Dit moet moeilik wees om vir ewig getroud te bly. Ek praat nou net oor jou.

    Die Bewaarders word aangemoedig om kinders te hê, veral op ander wêrelde, om bloed te meng. Slegs Bewaarders is onsterflik, maar die mense van my wêreld leef langer as dié wat op die Aarde woon.n Tipiese huwelik op my wêreld is dieselfde as op joune, behalwe dat dit duur net ‘n sekere tydperk, wat sowat twintig jaar is, en daar is geen egskeiding nie."

    So, jy het gesê dat toorkuns openlik gebruik word in jou wêreld?

    Ja. Dit word selfs gerespekteer. Baie towenaars hier op die aarde gebruik hul magte openlik.

    Hoekom lyk jy soos ‘n mens?

    Die meeste van die wêreld het ‘n soortgelyke vorm. Na baie eksperimente, het die gode gevind hierdie vorm is baie effektief. In elk geval, my wêreld gebruik hierdie vorm al langer as julle. Alhoewel, my wêreld se vorm is meer aangepas as julle sin. Ons is effens digter as mense, so ons is swaarder. Ons het beter oorlewings instinkte en ons kan langer sonder kos of water leef. Die gemiddelde leeftyd van my mense in my wêreld is ‘n honderd jaar. Natuurlik kan ‘n kragtige towenaar wat sy of haar toorkrag oordeelkundig gebruik, lewe vir ‘n paar honderd jaar. En daar is ander klein verskille.

    So jou wêreld is harder?

    Nee, ons het net verskillende bedreigings. Ons het nie die dieselfde tegnologie, so ons moet dit hanteer sonder die beskerming daarvan, en gewoonlik deur middel van toorkuns. Ten minste die mense wat die praktyk beoefen, doen dit. Ons het geen kernwapens nie. Ons het masjiene wat die son kan vernietig, maar ons gebruik dit nooit op onsself nie.

    Wat van godsdiens?

    Dit bestaan. Almal weet van die gode en ander wêrelde, maar nie die boeke nie. Hulle glo dat mense slegs kan reis met die hulp van die gode. Geloof is nie so belangrik in my wêreld nie, wat miskien een van die redes is, waarom daar veel minder oorlog is. Alhoewel baie van ons gewoontes gebaseer is op die ou gelowe.

    Is daar kontinente en lande op jou wêreld?

    Nee, nie soos in joune nie. Daar is agt groot eilande, wat elkeen ‘n koning het. Daar is geen burgerskap of grondbelasting, behalwe vir Mokii, maar elke eiland het sy eie manier van insameling van fondse vir dinge soos skole. My wêreld is effens groter as joune en daar is nog baie meer land, maar ook baie minder mense. Die eilande Canjii en Anoshii is albei ongeskik vir die groei van kos, so Anoshii is meestal vir bemarking en die stadslewe. Toorkuns is verbied in die meeste gebiede van Anoshii. Canjii word hoofsaaklik gebruik vir gevangenisstraf en biologiese eksperimente. Canjii is ‘n goeie plek om te vermy.

    Dit is werklik slim: Hou die biologies skadelike dinge en die slegte mense weg van almal anders. Waar bly jy?

    Shomoddi. Dit is minder bevolk as die ander eilande, want die weer is baie onvoorspelbaar en dit het meer towenaars, want almal het baie meer persoonlike ruimte nodig.

    Hoe weet jy van Engels? Selfs kontraksies?

    Ek het baie tyd gehad om te leer.

    En kieme? Hoekom kan kieme van my planeet jou nie doodmaak nie?

    Hy het net weer geglimlag. Dink jy die gode sou onbevoeg genoeg wees om dit te laat gebeur? Hy het skielik teruggesit; Ek het besef ons moes albei vorentoe geleun het.

    Wat van jou atmosfeer?

    Die atmosfeer op al die wêrelde is baie dieselfde, behalwe vir Enep, Mulo en Dios. Julle atmosfeer is droog, het baie meer besoedeling en is dunner as myne, maar hulle het relatief dieselfde bestanddele. Moenie bekommerd wees oor dit, jy sal aanpas. Daar is drie wêrelde waarop mense moet ondergrondse leef, om die een of ander rede

    Vertel my eerlik, wil jy hê ek moet jou vakleerling wees?

    Hy frons. Die boek het---

    Ek weet wat die boek wil hê. Ek wil weet wat jy wil hê het ek gesê.

    Edward sug. Toe hy ‘n uitdrukking van uiterste konsentrasie op sy gesig vir sowat drie minute gehad het, het ek begin om in myself te twyfel. Dit het vir my gelyk asof hy nie eens dit oorweeg het om regtig my mentor te wees nie. Ek op my horlosie gekyk en was geskok om te besef dat ek hom net vir ‘n paar uur geken het.

    En tog, was ek besig om alles in te neem wat hy gesê het, asof ek dit geglo het, terwyl niks daarvan sin maak nie. Toorkuns bestaan nie, vreemde wesens wat lyk soos mense bestaan beslis nie, en Dorian gaan baie kwaad wees as ek nie gou huistoe gaan en hom gaan voer nie. Maar die gedagte om weg te gaan na ‘n nuwe wêreld was groot pret, en ek het altyd vermoed dat toorkuns wel bestaan het. Dit het dikwels gelyk of vreemde dinge gebeur tot my voordeel, of mal gegaan het as ek kwaad geword het. Miskien wou ek net dit alles glo.

    Voordat Edward egter sy besluit kon neem, kom Jean terug, gaan sit by die tafel, en glimlag helder. Jammer daaroor. Sy frons ‘n bietjie oor Edward se hamburger. Is jy nie honger nie?

    Nee, nie regtig nie. Hy staan weer op. Dit was lekker om jou te ontmoet, maar ek moet nou gaan. Hy raak aan sy sak asof om seker te maak en kyk na my. Kom jy?

    Ek het geweet hy was regtig besig om te vra of ek die boek gaan teken. Ek grinnik. Wil jy hê ek moet kom? Hy vereer my met ‘n geïrriteerde staar. Miskien was dit nie so wys om my moontlike toekomstige mentor kwaad te maak nie.

    Ek het opgestaan en hom gevolg, gewaai vir Jean, wat besig was om Edward se onaangeraakte hamburger te eet. Ek moes waarskynlik vir haar ‘n beter afskeid gegee het, aangesien ek nie geweet het hoe lank dit sal wees voordat ek haar weer sien nie… maar sy kon gedink het dit was ‘n truuk om haar kos te kry, wat in ‘n gewelddadige protes sou ontaard. Om tussen Jean en haar kos te kom, was iets wat ‘n mens net een keer gedoen het.

    Toe ons buite kom het Edward na my gedraai. Die maanlig agter hom, het ‘n onheilspellend buitelyn rondom hom gegooi en sy gesig was verskans in die skaduwee. My laaste vakleerling was ‘n paar jaar jonger as jy. Ek het baie uitgesien daarna om hom te leer totdat ek gevind het hy was vreeslik vervelig en het nie oor die basiese beginsels van kreatiwiteit beskik nie. Sekerlik, het hy alles wat ek t vir hom gesê om te beoefen uit sy hart uit gdoen, maar hy kon nie aanpas nie. Hy kon een ding wat hy geleer het, nie neem en dit dan toepas om iets anders nie.

    Waar is hy nou?

    Hy is wat jy sou noem ‘n prokureur. Hy het begin omdraai en terugloop na die kampus. Dit het nie uitgewerk nie. Soveel as wat ek hom wou leer, was ek nie in staat om dit te doen nie; Hy het my nooit vertrou nie, en ek het gou besef dat ek hom ook nooit sou vertrou nie. Hy het ‘n ander manier gehad om na dinge te kyk, en uiteindelik besluit het, dat hy nie hou van die manier waarop ek hom leer nie. So, jy moet verstaan dat ek huiwerig is om ‘n nuwe leerling te neem. Maar, my ander vakleerlinge was amal gekies deur my besluit alleen; nie een van hulle as ‘n nuwe Bewaarder nie.

    Wel, ek kan jou nie belowe dat ek nie vervelig sal wees nie, en ek is omtrent so lui soos wat hulle kom. Ek is ook sarkasties, prikkelbaar in die oggende, en ek is omtrent ‘n ongeluk wat wag om te gebeur. Maar, ek gaan beslis nie ‘n hopelose geval vir jou wees nie. Ten minste ek dink nie ek sal nie, wat sleg sal wees as jy absoluut magteloos is.

    Edward het skielik doodstil gestaan, en ek het besef dat ons heeltemal alleen was; niemand en geen motors was in sig nie. In Houston, was daar altyd iemand iewers naby. Die enigste geluid was die wind en ‘n veraf motoralarm. Ons moet dadelik gaan. Sy stem was baie laag.

    Hulle is hier, is dit nie? Vra ek saggies.

    Hy knik. Hulle is alreeds besig om die reuk te jag.

    Die mense wat rondom my was?Soos… My bloed het yskoud geword. Vivian. My meisie. Hulle sal haar doodmaak.

    Ja. Hy het my boek uitgetrek en ek het terug getree.

    Daar is nie meer tyd oor om te besluit nie. Skryf jou naam in of ek gaan weg, het hy gewaarsku, duidelik vererg deur my gebrek aan samewerking.

    Ek sal dit aanvaar. My stem was sagter en beweriger as wat ek mee gemaklik was. Hy het die boek uitgehou, maar ek het dit gevat nie. Wanneer my vriendin veilig is. Ek aanvaar dit en dit het my gekies, so jy kan dit nie vat nie. Jy moet my net help om vir Vivian te help.

    Sy grom het my laat bewe. Jy sal die boek in gevaar stel.

    Ek sal vir Vivian red!

    Dit is die offer van ‘n paar mense vir die lewens van biljoene.

    Dit sal die offer wees van onskuldige mense wat nie verdien om bedreig te wees in die eerste plek nie! Die lewe behels soms risiko’s. Somtyds is die veilige manier die verkeerde manier. Mens moet opstaan vir die klein outjie. Kom enige van hierdie deur na jou?! Ek het gedink hy gaan my laat smelt met sy gegluur, maar toe hy weer die boek in sy sak druk, het ek ‘n stukkie humor diep weggesteek in sy koue oë gesien.

    Jy gaan ‘n hardnekkige pyn wees, nie waar nie? As ons na jou vriendin gaan, en hulle kom, kan hulle sien dat ons oppad is. Miskien sal hulle nie sien waarheen ons gaan nie. Hulle sou geen rede hê om jou vriendin te vermoor nie.

    Geen rede hê nie? Dit beteken nie dat hulle nie sal nie! het ek gesê. Hy sug, maar het dit nie ontken nie. Ek sal nie die boek onderteken nie voordat sy veilig is. Daar sal niks wees om jou te stop om my weg te sleep sonder om seker te maak Vi veilig is nie.

    Jy vertrou my nie?

    Ek het geen rede om dit te doen nie, sê ek. Hy het nie kwaad of geamuseerd gelyk nie, hy het net ingedagte gelyk. Miskien sal ek eendag, ek kan sien hoe dit vir my moeilik sal wees om jou vakleerling te wees, maar ek kan jou nie net blindelings vertrou terwyl ek jou net ‘n paar uur gelede onmoet het nie.

    Goed. Hoe stel jy dan voor red ons jou vriendin?

    Ons veg teen hulle. Sodra hulle ingee, vat ons die pad na jou planeet. Teen die tyd dat die groot slegte god meer ape stuur om die boek te jag, sal Vivian nie ruik soos ek nie. Maar… As die slegte ou ‘n god is, hoekom moet hy self sy dienaars stuur om ons te kry? Sal hy nie reeds weet wat ons gaan doen nie?

    Die boeke word beskerm teen hom deur die ander gode. Hy kan nie sien waar die boeke is of by wie hulle is nie. My raaiskoot is dat alles wat god ontduikte krag het waarmee die dienaars die wêrelde oorsteek, nie werk nie vir iemand so kragtig.

    Skielik, het ek besef wat het heeltyd in my onderbewussyn gepla.

    Wag, as die boek wat ek teken die een van die Aarde is, en die boek is ‘n opening na die aarde, sou dit nie… soos… niks doen nie? Het ek gevra. Hy glimlag vir my, skynbaar trots. Jy het geweet dat jy net wou sien of ek dit kon uitwerk.

    Jy sal ook my boek moet teken. Jy is vinnig om agter te kom dat daar gate in my inligting is. Dit is ‘n baie goeie eienskap om te hê as ‘n Bewaarder.

    So, is jy besig om my te toets? Vra ek, en klink meer geskok as wat ek was. Ons was oppad na ‘n goeie begin, wantroue en misleiding. O, hel, ek is weer besig om die verhouding wat ek met my Moeder gehad het, te skep.

    Ek moet so veel as wat ek kan weet oor hoe jy dink, sowel as al jou talente en foute leer ken. As jou mentor, sal ek altyd besig wees om jou te toets.

    Watse pret. Jy het my ‘n eerlike waarskuwing gegee dat die boek gevaarlik is, so ek vertel jou nou om hard te dink hieroor. Ek het vreeslike ongeluk. Ek is baie sarkasties en ek word maklik verveeld. Foute gebeur wanneer ek verveeld raak. As jy my nie wil hê as jou vakleerling, sal ek nie die boek aanvaar nie. Jy kan ‘n ander Bewaarder soek, maar help my vriendin, terwyl jy besluit. Hoe maak ons hierdie goed dood? Toorkuns?

    Dit sal meer as toorkuns neem om hulle dood te maak. Ons moet wapens kry en ‘n plan. En ek is beperk met my toorkuns op hierdie wêreld. Elke praktisyn het ‘n wêreld of twee wat nie geskik is om sy toorkuns te bemeester nie. Hierdie wêreld pas net nie reg in vir my nie. Sy magiese energie is te… dun en delikate. Die diere is baie sterk, maar ek kan waarskynlik een vernietig selfs op hierdie wêreld in ‘n regverdige stryd.

    Jy klink nie so seker nie.

    Moed is nie ‘n deug.

    So jou toorkuns is nie so sterk soos dit gewoonlik is nie, jy dink jy kan moontlik in staat wees om een uit haal, en ons moet drie veg? Wel, dan is daar niks om oor bekommer te wees nie. Ek het gewonder of hy my sarkasme verstaan, maar sy uitdrukking was onleesbaar. Het hulle enige swakhede?

    In die tyd toe ek hulle gejag het, het hulle niks geveg nie, so ek weet nie. As daar ‘n storm was, kon ek weerlig trek. Die meeste diere wat toorkrag het is swak by weerlig.

    Ek kyk op na die helder naglug. Enige oomblik nou, het ek gesê. Wanneer mens langs ‘n vreemde wese

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1