’N AFFÊRE
Die plek was by Kowie-strand, seker nie tweehonderd meter van die riviermonding af nie waar ek een of twee keer gaan kyk het hoe die vistermanne op die hawehoof nat word. Staan ek op die balkon van die woonstel, kon ek oor sowat veertig meter straat en duineveld die branders sien waarvan die klank dag en nag in my ore was. Dit was ’n mooi woonstel, ’n vriend s’n waarvan hy my vertel het voor ek gewonder het of ek dalk daar kon gaan bly, 800 kilometer van my lewe af. Die plek was ruim, versier met plakkate van vliegtuie en motors en treine. Ek het soggens laat geslaap en dan na die winkelsentrum gery waar ek ontbyt geëet het, my voete uitgeskop onder die houttafel sodat ’n vrou oor my toonpunt gestruikel het.
“Kan jy nie kyk wat jy doen nie?” het sy gevra. Sy was nie baie jonk of besonder mooi nie, maar haar gelaatstrekke was reëlmatig en haar kyk stip. Haar hare was donker met grys strepies.
“Sorrie,” het ek gemompel en my voete teruggetrek en my in ’n hap spek en eier verdiep. Ek was nie eintlik op Port Alfred om vriende te maak
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days