Daar was ’n tyd in my lewe toe ek gedink het ek is klaar met die platteland. Plase, dorpies, die mense daar… selfs die diere het niks vir my beteken nie. Ek was gaande oor plekke soos New York, Sydney, Kaapstad en Johannesburg. Stede met ’n heerlik dekadente gevoel.
Ek was iemand vir rookgevulde nagklubs en disko’s: Neem my na ’n tjatja-paleis waar ek in die donker, duister hoekies kan wegkruip. Ek het gehunker na die reuke en geraas van die stad – petrol, toeters en ’n gefuif. Selfs ’n verkeersknoop het die ondertone van drama gehad. Ek het die grootste deel van my lewe in die Kaap gewoon.
Die see? Jy maak seker ’n grap! ’n Staptog in die berg? Pasop, netnou bel ek die polisie. Trek sommer op pad uit die voordeur toe, asseblief.
En toe, voor ek my oë kon uitvee, herken ek nie meer