Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Chokers en survivors
Chokers en survivors
Chokers en survivors
Ebook88 pages37 minutes

Chokers en survivors

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateJun 1, 2013
ISBN9780795704895
Chokers en survivors
Author

Nathan Trantraal

Nathan Trantraal is in 1983 in Kaapstad gebore. In 2003 debuteer hy en sy broer Andre hul eerste strip Urban Tribe vir die Cape Argus. In 2008 publiseer Tafelberg Stormkaap:Drome kom altyd andersom uit, ’n grafiese roman. Daarop volg Coloureds (Jincom Uitgewers). Tans teken hy die weeklikse strip, The Richenbaums vir die Cape Times. Hy is getroud met Ronelda S Kamfer en pa van 'n dogtertjie, Seymour. Chokers en survivors is sy debuutdigbundel.

Related to Chokers en survivors

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Chokers en survivors

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Chokers en survivors - Nathan Trantraal

    NATHAN TRANTRAAL

    CHOKERS EN SURVIVORS

    KWELA BOEKE

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Chokers en survivors mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vi Seymour en Sonnet

    Dutch: So why don’t you use the regular army? What do you need us for?

    Dillon: Cause some damn fool accused you of being the best.

    – Jim Thomas, John Thomas, Predator

    I wander thro’ each charter’d street,

    Near where the charter’d Thames does flow,

    And mark in every face I meet

    Marks of weakness, marks of woe.

    – William Blake, London

    The best advice that I’d ever gotten

    Was from good old Johnny Rotten

    He said God save the Queen

    He said no future for you no future for me

    – Craig Finn, No Future

    Voorwoord

    Chokers en survivors is peanut-butter-en-jêm-brood

    Issie eeste en laaste kee wat ek myself gan explain.

    Na dié vra jy my fokkol, lyste net:

    as jy nie kan byhou met die storie nie, dan issitie vi jou nie

    ôs het vi twie jaa geliewe op chokers en survivors en flou tea.

    Bishop Lavis

    (1983–1988)

    tot hie en nie vêderie

    Wies careful van mense wat hulle harte op hulle moue dra

    wan sukke mense wysie altyd vi jou hulle regte hartie.

    Hulle regte hart is weggevou inne kissingsloep onnerie kooi.

    Wies careful van mense wat sê hulle is lief vi jou

    wan hulle regte liefde hou hulle inne koffieblik oppie kas.

    Wies careful van mense wat in jou oë kyk as hulle met jou praat

    wan hulle regte oë sit inne envelope onne innie laai.

    Wies careful van mense wat vi jou sê jou hare is mooi

    wan is hulle wat dywels begrawe innie krake in jou miere.

    En wies careful van mense met baie katte

    wan hulle kan dai katte na jou hys toe stie innie aan

    en hulle sal jou kinnes in hulle slaap vesmoo.

    En moenie goed wat jy langsie pad optel hys toe bringie

    wan somtyds los ieman vi jou dai goed langsie pad

    en da kô jy en dra it in jou hys in.

    Woensdag, 16 Februarie 1988

    Ek is nog klein.

    Ek staan allien innie agtejaat

    by my ouma-hulle hys en ek voel sad

    omdat ek wiet vandag isse boring, unimportant dag.

    Ek wiet die dag het niks gedoen

    wattit worthy maak om onthou te wôtie.

    Ek voel sad omdat ek wiet daa was al dysende dae

    soes dié wat ek al kla vegiet et.

    ’n Mens kyk trug op jou liewe ennie goed wat ytstaan,

    dai is vi jou jou liewe.

    Maa dai issie die liewe nie.

    Dai issie highlights reel.

    Jou liewe isse klom dae wat niks gebee nie.

    Ek stap narie wasgoed wat oppie lyn hang,

    ek sit my hand tien ’n nat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1