SARIE

Jawaahier Petersen ‘DADDY’S girl’

Die toneel: Die openingsaand van Aunty Merle: Things Get Real, Marc Lottering se musiekblyspel, in die Baxter-teater in Kaapstad. Die klanktoets is pas afgehandel, die rye stoele wat netnou gepak gaan wees, nog leeg. Op die oomblik is net Jawaahier Petersen op die verhoog. Sy fokus op ’n spesifieke stoel, nommer 8 in ry AA. Madeegha Anders, haar ma, kom saggies nader en vat haar hand. Sê dan vertroostend: “Hy kyk vanaand – en ek is hier.”

Hý, die teaterlegende Taliep Petersen wie se naam met ’n plaatjie op die stoel verewig is. Taliep wat op 16 Desember 2006 in sy huis in Athlone, Kaapstad, op teregstellingswyse doodgeskiet is. Ná die sensasionele hofsaak is Najwa Dirk, sy vrou en Jawaahier se stiefma, 28 jaar tronk toe gestuur vir haar aandeel in die huurmoord. Ou nuus vir almal, behalwe dié naaste aan hom wat steeds elke dag die groot leemte voel.

Vir sy ontredderde kroos was dit asof ’n bom in hul midde ontplof en die stukke van hul lewe oral lê. Jawaahier, die tietie, oudste dogter, moes alles bymekaar probeer hou. Taliep se rekeninge is gevries en daar was verpligtinge, soos skool- en universiteitsgelde. Sy moes dus twee werke met haar voltydse studies balanseer. En het steeds as die beste student in haar groep gegradueer. Harde werk sou ook haar skans wees teen die posttraumatiese

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
TROU REDAKTEUR Michélle van BredaKUNSDIREKTEUR Maresa PretoriusPROJEKBESTUURDER Pieter HugoMODEREDAKTEUR Amaria CarstensSKOONHEIDSREDAKTEUR Monica van der WaltTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner en Anine CapraroMODESKRYWER Marzanne SchoemanSKOONHEIDSKRYW
SARIE2 min read
MARCELLE & JAYSON ZULCH Pienk prag
Met die Bolandse berge as agtergrond was Marcelle en Jayson se troue ’n asemrowende geleentheid. Sy in ’n stylvolle wit rok met ’n pienk ruiker en hy in ’n ligte sandkleurige pak. Die dag het vir die bruidspaar, wat albei in die finansiële wêreld in
SARIE2 min read
Willie Holly
Springbok-heelagter Willie le Roux is bekend as ’n yster, ’n man wat plan kan maak en práát as dinge op die veld skeefloop. As veelsydige agterspeler was hy ook deel van die spanne wat die Wêreldbeker in 2019 en 2023 huis toe gebring het. Op 10 Febru

Related