Vrouekeur

PA se SLIM KIND hou hul NAAM HOOG

Vandag ontmoet ek Taliep Petersen se dogter Jawaahier en natuurlik is die herinnering aan ’n merkwaardige man en sy voortydige heengaan in jou agterkop. Ek durf egter nie vergeet dat Jawaahier, ’n jong vrou wat haar eie pad in die wêreld stap, die rede vir die onderhoud is nie.

Tydens die gesels praat ons wel oor Taliep, soms loop die trane, maar meestal is dit in ’n gees van blydskap, liefde en dankbaarheid. En nie net oorrompel die aktrise jou met haar warmte en sjarme nie, dis haar waardigheid en integriteit wat ’n blywende indruk laat.

Sy’s ’n pragtige vrou, jy sal nooit raai dat sy olik voel nie. “Ek is af vandag en dit gebeur so selde, ek het sommer verkoue gekry,” sê sy laggend.

“Soveel jare lank het ek bedags as maatskaplike werker by ’n hoërskool gewerk, tussendeur vir ’n TV-program onderhoude gedoen, daarna as MC opgetree …

“Boonop is ek ’n mamma en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur3 min read
OPPINOOT Met
Lance James Liebenberg, geliefd bekend as die “Big Daddy” van countrymusiek, was kindertyd saam met Min Shaw my helde en gewildste sangpaar. Ek onthou die fliek Danie Bosman (met Min Shaw en Franz Marx, wat met Lance se sangstem gesing het) en die ro
Vrouekeur1 min read
Blokraaie
Voltooi die rooster sodat elke ry dwars, elke kolom af en elke 3x3 kassie die letters BRANDSTOF bevat. Dis al wat jy moet doen! Jy los die raaisel met logika en beredenering op. Om uit te vind wat SUDOKU is, gaan kyk na http://en.wikipedia.org/wiki/S

Related