Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Soekie
Soekie
Soekie
Ebook346 pages6 hours

Soekie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Waaroor die boek gaan:
Soekie Markgraaff het op drie-en-twintigjarige ouderdom pas klaargemaak met haar studies in Kaapstad na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het. Thinus kon dit nooit aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly om dit vir haar man eendag te offer nie. Sy gaan direk na haar vakansie by Radio Suid werk as boekhouer en aflos platejoggie.

Tydens ‘n besoek aan haar tannie, Yolanda van der Sandt, ontmoet sy vir Jason Du Preez, wie so pas deur ‘n egskeiding gegaan het en niks met vrouens te doen wil hê nie, want sy vrou was ontrou. Soekie en Jason raak beste vriende, want beide het seergekry. Die feit dat Jason agt-en-dertig jaar oud is maak nie vir Soekie enige verskil nie. Hy bly ‘n opregte vriend.

Soekie ontmoet ander mans en kry weer seer, want hulle kan ook nie aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly nie. Jason ondersteun haar ten volle en is elke keer daar vir haar om haar te troos. Sy huil elke keer sy skouer sopnat. Een aand skakel sy hom uit desperaatheid dat hy haar moet kom haal. Hy is betyds om haar uit die kloue van ‘n man te red. Die goeie vriend Jason, hy is altyd daar vir haar, haar beste vriend Jason is .....

Hierdie weergawe is die skoon en Romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateApr 30, 2016
ISBN9780620709996
Soekie
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Soekie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Soekie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Soekie - Johan Crous

    Soekie

    deur

    Johan Crous

    Interaktiewe weergawe

    ISBN 978-0-620-70999-6 Epub

    ISBN 978-0-620-71000-8 Mobi

    ISBN 978-0-620-71001-5 Pdf

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Bedankings en erkennings.

    Waaroor die boek gaan

    Titelblad

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Hoofstuk 17

    Hoofstuk 18

    Hoofstuk 19

    Hoofstuk 20

    Hoofstuk 21

    Hoofstuk 22

    Hoofstuk 23

    Hoofstuk 24

    Hoofstuk 25

    Hoofstuk 26

    Hoofstuk 27

    Nabetragting

    Biografie

    Copyright © 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-70999-6 Epub

    ISBN 978-0-620-71000-8 Mobi

    ISBN 978-0-620-71001-5 Pdf

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous. No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from hpixabay.com under CCO public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016

    Bedankings en erkennings.

    Hierdie verhaal word opgedra aan Flamingcrystal, 'n skryfster wat my bygestaan het met raad en aanmoediging. Ek beskou haar as my rolmodel. Sy is ook die eerste medeskrywer wat haar hand van vriendskap na my uitgesteek het.

    Die boek is geskryf en tot eBoek verwerk.

    Melizandé Celine was die proefleser. Baie dankie vir haar verwerking van my manuskrip.

    Ek het die volgende sagteware gebruik:

    Mobisystems Office Premium vir Android

    Skryfgoed 4

    Ultimate EBook Creator

    Corel se Paintshop Pro XI en X8

    Adobe Photoshop CS6

    Die voorblad model is gelisensiëer onder CCO public domain by Pixabay.com

    Waaroor die boek gaan:

    Soekie Markgraaff het op drie-en-twintigjarige ouderdom pas klaargemaak met haar studies in Kaapstad na sy ‘n liefdesteleurstelling gehad het. Thinus kon dit nooit aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly om dit vir haar man eendag te offer nie. Sy gaan direk na haar vakansie by Radio Suid werk as boekhouer en aflos platejoggie.

    Tydens ‘n besoek aan haar tannie, Yolanda van der Sandt, ontmoet sy vir Jason Du Preez, wie so pas deur ‘n egskeiding gegaan het en niks met vrouens te doen wil hê nie, want sy vrou was ontrou. Soekie en Jason raak beste vriende, want beide het seergekry. Die feit dat Jason agt-en-dertig jaar oud is maak nie vir Soekie enige verskil nie. Hy bly ‘n opregte vriend.

    Soekie ontmoet ander mans en kry weer seer, want hulle kan ook nie aanvaar dat sy ‘n maagd wil bly nie. Jason ondersteun haar ten volle en is elke keer daar vir haar om haar te troos. Sy huil elke keer sy skouer sopnat. Een aand skakel sy hom uit desperaatheid dat hy haar moet kom haal. Hy is betyds om haar uit die kloue van ‘n man te red. Die goeie vriend Jason, hy is altyd daar vir haar, haar beste vriend Jason is …..

    Hierdie weergawe is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Soekie

    deur

    Johan Crous

    Hoofstuk 1.

    Danabaai, Mosselbaai.

    Die klanke vanuit die kombuis is sag, maar dring tog deur tot in my bewussyn. Ek kruip dieper onder die lakens in. Ek hoor my ma is in die kombuis besig en ek weet dit is tyd om op te staan, maar wie by sy gesonde verstand staan so vroeg op 'n Saterdag op as jy niks het om te doen nie?

    Die seer is nog rou in my hart.

    Die lakens is snoesig teen my vel. Dit is nog koel, met die somer op pad. Ek hoor die branders dreun op die agtergrond. Ek is nou amptelik klaar met my studies en begin die tweede Januarie te werk. Nou gaan ek vakansie hou tot dan.

    Ek is Soekie, eintlik Vanessa Markgraaff by geboorte. Ek is drie-en-twintig jaar oud en weer enkellopend. My bynaam is maar Soekie vandat ek 'n klein dogtertjie was en die naam het gebly. Almal noem my Soekie.

    Ek het gistermiddag gearriveer en dit is wonderlik om weer by die huis te wees. My studies by Varsity College in die Kaap was 'n lange vier jaar.

    Net so lank my verhouding was met Thinus Verster. Ek wil nie verder aan hom dink nie, dit is vir ewig verby en ek wil hom nooit weer sien nie. Hy het my seer genoeg gemaak en verneder. Ek dink dit gaan maar tyd neem om oor my seer te kom.

    Ek hoor die breekgoed rittel op die skinkbord en my ma stap die kamer binne na sy een keer geklop het.

    Môre Soekie, ek sien jy is wakker.

    Môre Mamma, ja, ek is. Ek het Mamma gehoor in die kombuis, maar ek wou nog so 'n klein bietjie lê. Dit is so snoesig hier in die bed.

    Kan ek by jou kom sit?

    Ja, natuurlik.

    Ek skuif op en Elna, my moeder, gee die skinkbord aan met die koffie en beskuit op. Dit is moerkoffie en die beskuit is haar eie resep, tuisgebakte karringmelk beskuit. Ek neem my koffie en doop die eerste stukkie halfpad in die koffie in. Ek eet smaaklik.

    Jissou Mamma, ek het so lank gefantaseer oor hierdie eerste oggend by die huis. Dit is so goed om tuis te wees. Hierdie beskuit is soos gewoonlik onverbeterlik.

    My ma se gesig wys die glimlag wat my woorde na vore laat kom.

    Ek het twee addisionele blikke gebak, spesiaal vir jou. Yolanda het gisteraand geskakel en ons gaan vanaand daar braai. Gaan jy saam?

    Natuurlik Mamma, jy vra nog. Ek mis die kuiertjie nie vir die wêreld se geld nie.

    Wat doen jy alles vandag?

    "Ek wil net chill en niks doen nie. Ek sal seker maar 'n slag 'n boek lees. Ek het my graad in my boekhou en ek het ook my diploma verwerf in klankvermenging. Dit was harde werk gewees. Nou wil ek 'n bietjie rus."

    Ja, jy het hard gewerk my kind en jou punte was goed.

    Mamma, dit is nou verby en ek gaan nou die vrugte pluk. Hannes het my reeds die kontrak laat teken en my kopie gegee. Ek begin met 'n leefbare salaris. Ek gaan die stasie se boeke doen en ek gaan ook kans kry agter die senders. My droom word waar.

    Soos ek vir Yolanda ken gaan sy jou nooi om by hulle te kom kuier.

    Ek sal nogal graag wil.

    Hoofstuk 2.

    Nutan Straat nommer agt, is teen die see geleë. Dit is 'n gemaklike en ruim huis wat my pa gekoop het toe die dorpie nog amper niks was nie. Nou sal hy dit nie kan bekostig nie. Ek sit by my ma op die stoep en ons wag vir die ketel om te kook. My pa het gaan golf speel. Die voordeurklokkie lui.

    Sit gemaklik Soekie, ek sal gou gaan kyk wie dit is.

    Ek wag nie lank nie. My ma bring 'n paartjie na binne. Ek spring op en omhels die man.

    Hallo Hannes, dit is goed om jou weer te sien.

    Hallo Soekie, welkom terug. Laat ek julle voorstel aan Ronel du Plooi. Sy werk saam met my. Sy is die vrou wat ek lief het. Ronel, dit is Elna Markgraaff en hier is Soekie, eintlik Vanessa. Sy begin by ons werk die tweede Januarie.

    Aangename kennis.

    Wat gaan julle drink? Ek wou nou net vir my en Soekie iets maak. Die ketel het klaar gekook.

    Koffie sal lekker wees.

    Koffie asseblief.

    Ek sal ook koffie neem Mamma. Sit julle.

    Ons het hier verby gery en wil net kom groet.

    Julle is altyd welkom.

    Soekie, is jy oukei? Ek verneem jy en Thinus het uitgemaak.

    Ja, ons het, dit is 'n verligting, hy was so kinderagtig en ek moes maar later uitvind hy het nog 'n meisie. Nou is ek versigtig.

    Soekie, trek jy nog Januarie saam met Tammy in?

    Ja, en ek kan nie neer wag nie.

    Soekie, Ronel woon in die woonstel oorkant julle.

    Ek kyk na die glimlaggende Ronel.

    Dit is wonderlik.

    Hannes se selfoon maak 'n tjirp geluid. Hannes kyk en kan homself nie inhou nie.

    Yes!

    Die twee vroue kyk hom glimlaggend aan.

    Jas kom saam. Môre gaan ons aksie hê. Soekie, daardie man het geen bang haar op sy kop nie. Ons gaan môre vis skiet. Jy sal hom ook ontmoet. Hy gaan deelneem aan die motorwedren in Oudtshoorn. Jy sal self sien. Die Radiostasie is ook betrokke, so jy sal ook daar kan wees. Wat doen jy môre?

    Niks nie, ek wil net winkels toe gaan en 'n bietjie rondloop.

    Wil jy nie saam met my gaan nie? Ek sal jou kom haal en jou skiet vir 'n ontbyt en dan kan ons lekker rondloop. Ek wil nie môre saam met die mans gaan nie, dit is nog te koud. Teen laat Desember is dit warmer.

    Ja, ek sal graag saam met jou gaan. Dit is baie lekkerder as ek nie alleen is nie.

    Ek sal jou so agtuur kom haal. Ons kan iewers eet en dan kan ons die Suid-Kaap se winkels op horings neem.

    Ons gaan môre-aand vis braai as jy wil saam kom.

    Soekie glimlag.

    Die vis wat julle gaan skiet?

    Ja, en ek spog nie, maar as Jas saam gaan, kry ons altyd vis. Hy weet presies waar om te duik.

    Swem die visse dan nie weg nie?

    Ons duik af en wag dan, hulle kom kyk en ons skiet hulle. Visse is baie nuuskierig. Die probleem is net die haaie. Hulle vat soms ons vis af.

    Is dit nie gevaarlik nie?

    Ons klim uit as die groot haaie kom. Ons gaan nie naby rob kolonies nie. Daar is groot haaie.

    Wat is die motorwedrenne?

    Hy word eers onderbreek toe my ma inkom met die skinkbord koffie en koeksisters. Hannes spring op en neem die skinkbord by haar en hy bedien ons vrouens. Hy help homself heel laaste en gaan sit weer.

    Soekie, skuins oorkant die plaas van die Van der Sandts, waar die groot feeste gehou word, bou hulle 'n grondpad. Die deelnemers gaan met pypkarre ry. My vriend Jas gaan in Radio Suid se vaandel ry.

    "Wow, dit moet groot pret wees. Ek sal wat wil gee om in so 'n kar te ry."

    Ek kan dit vir jou reël as jy wil. Jas sal nie nee sê nie. Ek moet jou egter waarsku dit is lewensgevaarlik.

    Is dit wys Soekie?

    Hannes begin lag.

    Ek verwys nie na gevaar nie. Saam met Jas is jy so veilig as wat jy kan wees. Hy sal nie toelaat dat selfs 'n haar van jou beskadig word nie, maar jy mag dalk jou hart verloor. Die man is hubaar. Hy is wel ouer as jy, maar jy sal jou oë nie van hom kan afhou nie. Hy is gebou soos 'n mitologiese god. Jas is 'n stil ou en neem veiligheid altyd in ag. Ek sal met hom praat en sorg dat jy 'n kans kry om saam te ry. Jy word vasgegordel en sal veilig wees, al rol die kar. Ons kan agterna vir die toeskouers se onthalwe 'n onderhoud met jou voer. Hoe klink daai?

    Regtig?

    Ek belowe.

    Hoofstuk 3.

    My pa, Pieter Markgraaff hou Vrydag middag, klokslag twintig oor vyf stil by die gewelhuis van Marius en Yolanda Van der Sandt. Yolanda is my ma se jongste suster en is met Marius Van der Sandt getroud, die skrywer. Hulle is die eienaars van Lofdal.

    Yolanda kom uitgestorm en omhels vir my.

    Hallo Soekie, ek het jou lank laas gesien.

    Hallo Yolanda.

    Twee dogtertjies kom aangehardloop en kruip skaam agter hul ma weg. Yolanda groet haar suster en dan vir Pieter.

    Hallo Sus, hallo Pieter. Kom binne.

    Die tweeling dogtertjies kom skaam na my toe. Ek steek my hande uit en vat elkeen se een handjie.

    Hallo julle twee.

    Hallo Tannie.

    Na almal gegroet het gaan sit ons by die vuur. Marius se buurman, en ook sy oordbestuurder, Anton Du Plessis, of Doep, en sy vrou Louise is ook daar. Sy word Poppie genoem. Hul tweeling dogters is ook daar. Leoni en haar man Altus Van Tonder, die voormalige rugbylegende, Blits, sit links van die vuur. Hulle is amper ewe oud, maar Altus is ouer. Regs sit haar suster Tanya en haar man, Meyer Le Roux. Hy is twaalf jaar ouer as Tanya. Ek kan sien sy is dolverlief op hom. Haar dogtertjie speel saam met Leoni en Yolanda se kinders.

    Ek kan sien hoe Tanya en Meyer aanhoudend aan mekaar vat. Hul ouderdomsverskil maak geen saak nie. Marius het een goue reël in die huis wat niemand mag breek nie. Ek mag nie vir hom Oom sê nie. Doep en Poppie voel dieselfde.

    Marius, ek wil jou iets vra.

    Skiet Soekie, ek luister.

    Ek hoor hier kom 'n motorwedren.

    Ja, die eienaar van die plaas langs Altus en Leoni, het 'n grond baan met bulte aangelê. Dit is drie kilometer lank. Daar word 'n stuk gras groen gemaak en 'n feesterrein word opgerig. Die radiostasie saai ook uit daarvandaan en daar is sangers wat optree, valskerm springers, motorfietse en stalletjies. Dit is 'n lekker familiedag. Kom jy?

    "Ja, beslis. Hannes reël dat ek saam met die een dude, Jas, gaan ry en agterna gaan hulle 'n onderhoud met my voer."

    Wie is Jas?

    Ek het geen idee nie. Hy is een van Hannes se vriende, maar ek ken hom nie.

    Wanneer kom kuier jy?

    Ek weet nie, wanneer sal dit julle pas?

    Ek neem aan jy wil eers by jou ma-hulle kuier. So kom net wanneer dit jou pas.

    Gaan ek nie in julle pad wees nie?

    Nooit, ons verwelkom jou Soekie, jy kan kuier so lank as wat jy wil. Jy kan kom perd ry of doen net wat jy wil.

    Dankie, ek sal dit nogal geniet.

    Ouens, die kole is reg, ek gaan begin, Soekie, hoe hou jy van jou vleis? Jy het so lank laas hier gebraai dat ek nie meer seker is of jou voorkeure verander het nie.

    Sag asseblief en nie doodgebrand nie.

    Jou kop is reg aangeskroef Soekie, Elna en Pieter het jou reg geleer. 'n Tjoppie word bederf as jy dit te gaar maak.

    Ek glimlag vir Marius. Hy bly my gunsteling oom. Die vroue bring die slaai en broodjies nader terwyl die mans braai.

    Soekie, ons gaan die vyftiende Desember 'n lekker dans hou as jy dan al wil deurkom. Ons kan die volgende dag laat slaap.

    Ek sal die Sondag kom as dit met jou reg is.

    Jy kan môre ook kom. Ons sien so uit na jou kuier.

    Ek kan nie laat slaap nie. Meyer gaan see toe die sestiende, en ek gaan saam. Ek mis dit nie vir die wêreld se geld nie. Ek wil jou nog vra of Tanya by jou kan bly. Ek sal haar later die aand kom haal. As ek andersins regkom sal ek jou laat weet.

    Enige tyd Tanya, jy is baie welkom. Gaan julle vis vang of net ontspan?

    Meyer en 'n paar pelle gaan vis skiet. Ek en een ou se meisie gaan sover saam. Ons sal maar sonbaai op die boot terwyl die mans baljaar.

    Jy kan hier ook bly as jy wil.

    Ek mis nie my tyd saam met Meyer vir enige iets in die wêreld nie.

    My nuwe baas gaan môre vis skiet. Hy en sy pelle gaan môre-oggend uit.

    Lyk vir my dit is 'n gewilde sport. Ronel wil ook saamgaan die sestiende so ons twee gaan onsself besig bou.

    Ronel? Wat is haar van?

    Ek dink dit is Du Plooy. Haar ou se naam is Hannes.

    Hannes Botha?

    Ja, ken jy hom?

    Hy is die radiostasie bestuurder van Radio Suid. Ek begin Januarie maand vir hom werk.

    Dit is wraggieswaar 'n klein wêreld.

    Wat het van Theunis geword?

    Jy bedoel seker Thinus. Ek het hom die trekpas gegee. Ek het uitgevind hy het nog 'n meisie. Ek deel nie my ou met iemand anders nie.

    Dit was seker 'n groot skok?

    Ja, Tanya, dit was. Ek is seker maar nie bedoel om gelukkig te wees nie.

    Jy kan nie so sê nie Soekie. Kyk vir my, ek het verkeerd getrou en Jaco het my soos 'n vloerlap behandel. Hy het my lelik geslaan tot ek hom geskei het. Ek het gesweer ek sal nie weer na 'n jong man kyk nie. Toe red Meyer my en hy het my opgepas. Ek het hom liefgekry en ek glo nie iemand kan 'n beter man as Meyer kry nie. Hy aanbid die grond waarop ek loop. Hy het sy volle toewyding gegee en hy het my 'n vrou gemaak toe hy my 'n kind gegee het. Ek leef nou ten volle vir hom. Ek was nog nooit so gelukkig nie.

    Ek kon netnou sien julle is naby mekaar.

    Ja, ons is, ek aanbid ook die grond waarop my man loop. Ek hou hom gelukkig en hy hou my gelukkig. Dit is die rede hoekom ek saam gaan. Ek wil by hom wees. Hy ondersteun alles wat ek doen, ek wil hom ook ondersteun.

    Na ete word gedans tot laat.

    Ek is die enigste een wat nie 'n maat het nie, maar die mans dans om die beurt met my en ek geniet ook die aand.

    Ek het deeglik notisie geneem van wat Tanya gesê het, en ek sien hoe sy en Meyer mekaar hanteer. Ek kan die liefde tussen die twee ooglopend sien. Ek het op een stadium na buite gestap en gesien Meyer en sy is in 'n vuurwarm omhelsing. Meyer het aan haar borste gevat. Sy het sy kop nader getrek en tussen haar borste gedruk. Ek kon sien die twee is gek oor mekaar.

    Ek dink met hartseer dat ek nog nooit werklik gelukkig was nie. Die drie verhoudings wat ek gehad het, het al drie op hartseer eindes uitgeloop.

    Ek wonder hoe dit werk. Leoni, Tanya, Yolanda en my ouma se mans is almal ouer as hulle. Is dit dalk die geheim? Is die ouer mans meer ervare of is hulle sagter teenoor hul vroue? Ek sal hulle eendag vra.

    Hoofstuk 4.

    Saterdag oggend staan ek vroeg op en trek my kamerjas oor my nagrokkie aan. Ek stap kombuis toe en kry my ma waar sy ontbyt maak. Dit ruik so heerlik. Ek moet egter wag vir Ronel, maar ek gaan ten minste koffie drink en solank 'n blokkie beskuit eet.

    Môre Mamma, hoe gaan dit met jou. Lekker geslaap?

    Ja, Soekie, ek het soos 'n klip geslaap, en jy?

    Ek ook Mamma, maar ek het nog eers 'n rukkie gelees. Ek kan my boek nie neersit nie.

    My ma sit my beker koffie voor my neer en ek steek my hand uit en neem twee blokkies beskuit. Haar mosbolletjie beskuit is baie smaaklik.

    Dankie, dit gaan nou lekker wees.

    Is jy seker jy wil nie eet nie?

    Nee dankie Mamma, ek en Ronel gaan netnou ontbyt eet.

    Mamma, ek het iets opgemerk toe ons by Yolanda gekuier het. Ek het nooit daaraan gedink nie, maar toe ek Tanya en haar man in mekaar se arms op die stoep sien, het ek gewonder. Hulle was in 'n vurige omhelsing en sy hande was op haar borste. Sy het sy gesig tussen hulle ingetrek. Ek kon ooglopend sien hulle is gelukkig. Wat ek opgelet het, is dat sy, Yolanda en Leoni ouer mans het, Leoni se man is nou nie soveel ouer nie. Oupa is ook baie ouer as Ouma. Hoe werk dit?

    Hoe bedoel jy, hoe werk dit?

    Is ouer mans sagter met hul vrouens, of is dit bloot toevallig? Hoe gebeur dit dat 'n mens lief raak vir 'n ouer man? Ek kan my dit nie eers voorstel nie.

    Liefde laat hom nie voorskryf nie, voorkoms en ouderdom maak nie saak as jy lief raak vir iemand nie.

    "Mamma was nog nooit oudtyds nie, maar ek voel Mamma het my reg groot gemaak, en dat ek my eie besluite moet neem. Ek is nou eers bly ek het Thinus laat wag. Ek is nog steeds 'n maagd en ek is bly daaroor. Hy het al aan my gevat, maar hy kon nog nooit in my panty kom nie, nie eers met sy hande nie. Ek het hom betrap waar hy daardie ander nommertjie vuurwarm vry, en sy hand was in haar panty. Sy het krom getrek van lekkerkry, so hy het behoorlik gevat. Ek het hom net daar gelos. Met wie doen hy nie nog wat anders ook nie?"

    Jy het reg besluit.

    Mamma, hoe weet jy wanneer jy reg is vir seks?

    My kind, jy moet nooit reg wees vir seks nie, maar vir liefde. Seks is wat gebeur wanneer daar nie liefde is nie, en dit is verkeerd. Liefde is tussen twee wat mekaar liefhet. Dit moet kosbaar wees en nie om luste alleen te bevredig nie. Ek en jou pa het mekaar liefgekry en ek sou hom toelaat as hy sou vra, maar hy het dit geweet en my laat verstaan hy wag tot ek dit ook wil hê. As ek hom dit sou toelaat, is dit soortgelyk aan seks en nie liefde nie. Ek kon dit eers nie verstaan nie, maar ek het na 'n paar weke besef wat hy bedoel, en toe ek dit begeer het, was dit volmaak tussen ons. Dan is niks ontoelaatbaar nie. Ons het mekaar steeds net soveel lief soos toe. Ons praat alles uit.

    Ek dink ek verstaan Mamma. Ek lees nou 'n boek van 'n vrou wat haar ridder so liefhet. Ek dink ek verstaan wat hulle bedoel met 'n alles verterende liefde.

    Ek sal dit nie waag om nou al te vra wat ek oor gewonder het nie. Ek dink nie dit is gepas nie. Ek sluk my laaste slukkie koffie en gaan stort vinnig. Ek was nie hare nie, want ek het gister middag hare gewas. Ek trek gemaklik aan, 'n stywe denim kortbroek, plat sandale en 'n T-hemp. Ek kyk in die spieël. Ek sien die hemp span styf oor my hoofligte. Ek kies my bras met sorg uit sodat my borste altyd styf na vore staan. Ek is nie enigsins beïndruk met hangborste nie. Ek is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1