Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

My Broer se Vrou
My Broer se Vrou
My Broer se Vrou
Ebook279 pages4 hours

My Broer se Vrou

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

As verhoorafwagtende is Jacques Du Preez platgeslaan teen die aarde. Niemand glo hom dat dit nie hy was wat die misdade gepleeg het nie. Hy staar tronkstraf in die oë. Sy vrou Loula skei van hom en Jacques is gebreek. Hoe gaan hy sy naam in ere herstel?
Dan ontmoet hy vir Tillie, sy broer se vrou.....
Sy is ouer as hy, maar sy is alles wat hy in 'n vrou wil hê. Hy sal nie toelaat dat iemand 'n haar van haar hoof beskadig nie.
Wanneer sy ontvoer word sal hy alles in sy vermoë doen om haar terug te kry. Niks is ongeoorloof nie. Geen wet sal hom keer nie.
Mevrou, Juffrou, Leser, het jy die durf en moed om te lees hoe Jacques haar leer hoe om regtig bemin te word en nie afgeknou te word tydens liefde nie? Kan jy hierdie stomende boek neersit voor jy na jou asem sal snak?
Hierdie boek is interaktief, met ander woorde, U as leser, kan met die druk van 'n skakel kies of u die weergawe met of sonder seks wil lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateDec 16, 2017
ISBN9781370055159
My Broer se Vrou
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to My Broer se Vrou

Related ebooks

Related articles

Reviews for My Broer se Vrou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    My Broer se Vrou - Johan Crous

    Copyright © 2017 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN-978-1-370055-15-9 epub

    Oorspronklik gepubliseer as ISBN-978-1-928401-55-1-Slapband

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2017.

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Opgedra

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Belangrik

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8 Eroties

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Biografie

    Hoofstuk 8 Romanties.

    DAARDIE NAG

    deur

    Johan Crous

    Interaktiewe weergawe

    ISBN

    Opgedra Aan:

    Hierdie boek word opgedra aan Tillie, wie se name ek in hierdie boek gebruik het.

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 5 gedoen.

    Die boek is geskryf in Microsoft Office (Word) en Mobisystems se Office Premium vir Android.

    Die buiteblad is gedoen met Corel se Paintshop Pro 2018 Ultimate.

    Speltoets gedoen deur 'n persoon wat ononiem wil bly. Sy weet wie sy is en is die beste proefleser wat ek ooit teegekom het.

    Hierdie weergawe is gedruk deur Jotha Drukkers Pretoria en verwerk deur Marleo Publiseerders.

    Die voorblad is opgestel met oop gelisensieërde fotos vanaf Pixabay.

    Ek is baie dank verskuldig aan Marlaine wat my aangemoedig het toe ek wou ophou skryf.

    Waaroor die boek gaan:

    As verhoorafwagtende is Jacques Du Preez platgeslaan teen die aarde. Niemand glo hom dat dit nie hy was wat die misdade gepleeg het nie. Hy staar tronkstraf in die oë. Sy vrou Loula skei van hom en Jacques is gebreek. Hoe gaan hy sy naam in ere herstel?

    Dan ontmoet hy vir Tillie, sy broer se vrou.....

    Sy is ouer as hy, maar sy is alles wat hy in 'n vrou wil hê. Hy sal nie toelaat dat iemand 'n haar van haar hoof beskadig nie.

    Wanneer sy ontvoer word sal hy alles in sy vermoë doen om haar terug te kry. Niks is ongeoorloof nie. Geen wet sal hom keer nie.

    Belangrik:

    Hierdie elektroniese boek is die interaktiewe weergawe en bevat beide die Erotiese weergawe (seks word beskryf) en Romantiese weergawe (Seks word nie beskryf nie). Volg net die instruksies om te kan kies wat u wil lees.

    Die Erotiese weergawe kan net lees tot by die einde. Die Romantiese weergawe moet twee keer instruksies volg.

    Hoofstuk 1.

    Hoërskool Tygerberg se skoolsaal is redelik vol. Die gewilde skool is hierdie jaar gekies om die vriendskaplike gevegskuns wedstryd van Ju-Jitsu aan te bied. Die skoolsaal is groot genoeg vir die toernooi en die aantal besoekers. Die toeskouers juig toe Gerhard Beyers sy opponent teen die grond skop met sy rondomtalie skop. Die bal van sy voet tref vir Kobus teen sy kakebeen en hy val grond toe. Die skare gaan weer sit. Gerhard se hand word opgehou en sy meisie juig hardop. Kobus Dreyer se vrou staan bekommerd nader, maar hy staan weer op. Sy omhels hom.

    Dit is vyf minute rustyd voor die volgende geveg, my beurt. Ek is alleen hier vanaand. My vrou het nie gekom nie en wat ek ook al doen, sal ek alleen moet ervaar. Sy stel net eenvoudig nie belang in wat ek doen nie. Deon Ras is 'n sterk opponent. Ek sal my geveg moet ken om nie pak te kry nie. Al het ek ses maande gelede reeds my swart gordel gradering bereik, is hy reeds op sy tweede dan. Hy is twee-en-veertig jaar oud en 'n gedugte opponent. Ek is egter gereed om te veg.

    Die aankondigings is hard en duidelik.

    Dames en here, ons volgende geveg is tussen twee seniors. Aan my linkerkant is Jacques Du Preez, agt-en-twintig jaar oud en ses-en-tagtig kilogram. Aan my regterkant is Deon Ras, twee-en-veertig jaar oud en twee-en-negentig kilogram.

    Deon se vrou soen hom toe hy na vore kom. Loula is nie daar om my af te sien of om my vertoning te sien nie. Om die waarheid te sê, ek weet nie eers waar sy is nie. Ek wil nie daaroor praat nie. Ek sal haar seker maar lank verwyt. Sy weet nie hoe seer dit maak om te weet sy ondersteun my nie.

    Ju-Jitsu is nie 'n maklike sport nie. Lee Chiung het my sedert graad tien geleer tot sy dood 'n jaar gelede. Ek het nie opgehou met oefen nie en ek is in die prima fase van my lewe. Ek is fiks en reg vir my meer ervare opponent.

    Ons knik vir mekaar en ek koes net betyds om sy wilde skop te vermy. Sy voet spoel oor my kop heen. Ek slaan met my vuis na hom en tref sy binnebeen skrams. Dit is waarvoor hy gewag het of beplan het en hy val agteroor in een beweging en sy voet tref my toe hy my haakskop. Ek is van balans af en val grond toe. Die skeidsregter blaas sy fluitjie en wys na hom. Hy het die eerste punt behaal. So vinnig soos dit.

    Anders as boksgevegte word hier geen ruspose gegun nie en die geveg duur voort tot een van die opponente twee punte behaal. Beide ons twee opponente is rats in ons bewegings en die geveg duur 'n wyle sonder dat enige punte aangeteken word. Ek is gelukkig en my rondomtalieskop, gevolg deur my vinnig opvolg vuishou tref Deon net onder sy oor en hy val grond toe.

    Deon!

    Ek hoor sy vrou se bekommerde uitroep. Ek wens Loula was hier. Ek hunker so na haar ondersteuning, maar sy stel net in werk belang. Sy werk die onmoontlikste ure en ek sien haar dikwels nie eers 'n nag nie. Sy slaap sommer by die werk in haar kantoor. Sy verdien meer as ek, maar ons kan met my salaris regkom.

    My ergernis kos my die geveg. Deon se vinnige vuishou tref my en ek val teen die planke. Hy word staande toegejuig en die skeidsregter lig sy hand as die wenner.

    Geluk ou maat.

    Ek steek my hand uit en wens hom geluk.

    Dankie.

    Dit is na elf toe ek by die huis kom en Loula slaap al. Ek gaan stort en kruip langs haar in. Ek weet sy is bewus van my toe ek langs haar inkruip, maar sy maak of sy slaap. Dit is die teken dat sy nie met my intiem wil wees nie. Dit is meestal so. Dit raak al hoe minder en minder. Ek weet nie hoekom nie. Ek dra haar op my hande en doen alles vir haar wat ek menslik kan.

    Ek lê maar stil en probeer slaap. Die slaap wyk en ek dink aan my frustrasies en my omstandighede. Dit bly in my gedagtes spook. Dit oorheers my hele wese. Tog bly ek bewus van my mooi vrou langs my. Ek het nog nie eers die goeie nuus met haar kon deel nie. Hennie het my vanoggend eers meegedeel dat ek na kaptein bevorder word. Nou is ek ook 'n offisier in die Polisiediens. Ek sal seker oor twee dae ingelig word as ek weer begin werk. Ek het al vir hoeveel poste aansoek gedoen voor ek die bevordering gekry het. Hennie het reeds die skrywe vir my per vonkpos gestuur, maar ek moet wag tot ek in kennis gestel word. Nou sal Loula hopelik nie meer neerhalend van my beroep praat nie. Sy hou mos nie daarvan dat ek in die Mag is nie.

    Lengro Park is 'n kompleks van woonstelle en dorpshuise. Dit is geleë in Java Straat, Parow, teenaan Hoërskool Tygerberg. Dit is nogal gewild en taamlik duur. Daar was nog nie een oomblik wat ek spyt was dat ek dit gekoop het nie, al het ek aanvanklik swaar gekry. Loula het al druk op my begin plaas om 'n groter huis te koop, maar ek het voet neergesit. Ek kan myself nie indink hoekom nie.

    Die N1 snelweg is nog besig toe ek kort na agt die pad vat Paarl toe. Die nuwe GWM viertrek nutsvoertuig ry soos 'n droom en is my trots. Ek gee nie 'n flenter om vir ander se negatiewe kommentaar omdat ek 'n Chinese motor gekoop het nie. Loula hou nogal van die motor. Ons parkeer haar Polo in die motorhuis en my motor staan op die oprit. Dit is 'n ooreenkoms waarmee sy geen fout gevind het nie.

    Soos Paarl nader kom raak ek meer opgewonde. Marnene Van Zyl is die enigste familielid wat ek het, buiten my vrou. Sy is twee jaar my senior. Sy is nie bloedfamilie nie, want ek is aangeneem. Ek het dit eers uitgevind toe haar ma die dag dood is. Sy het dit op haar sterfbed erken. Sus het my lief met dieselfde liefde wat ek vir haar koester. Sy het my lank bemoedig en getroos voor ek vrede gemaak het met die wete dat ek 'n weggooi kind is. My aanneem ma, vir wie ek baie lief was, het gesterf voor sy my kon vertel wie my eie ma was. Sus was net so geskok. Al my kontakte as polisiebeampte het my niks gehelp nie. Ek kon haar nie opspoor of selfs uitvind wie sy was nie. Ek weet my pa is Morné, want ek dra 'n hangertjie met sy naam op gegraveer. Dit is duursaam en ek dra dit as ek af is. My bure se seun Lee, het die stryd in my innerlike gesien en my bevriend. Hy het my omgepraat en my begin leer in die gevegskuns, Ju-Jitsu. Dit het my aandag afgelei en my in staat gestel om my gedagtes te oriënteer.

    Die eerste jaar was baie moeilik. Ek moes leer om slae te kry. Hy het my gereeld op my ellie gegee. Hy het my gemotiveer in fiksheid en na twee jaar het ek die skool se grootste boelie verneder met 'n pak slae wat hy nooit weer vergeet het nie. Hy het die skool net daar verlaat en niemand het hom ooit weer gesien nie.

    Twee komma ses een kilometer van die N1 snelweg af, suiker ek al met Hoofweg langs deur die stadige verkeer. Ek is so opgewonde om vir Sus te sien. My hartklop versnel toe ek in Treurnicht Straat regs draai. Net meer as vierhonderd meter verder hou ek by nommer elf stil. Sus moes my deur hoor klap het want sy kom na buite. Sy glimlag al te fraai en omhels my.

    Goeie môre Boet. Ek is bly om jou te sien. Hoe gaan dit jong? Kom in, ek maak vir ons koffie.

    Môre Sus, ek kan mos nie kla nie. Jy lyk pragtig.

    Jy het nog niks verander nie.

    Sy sit die koffiemasjien aan en maak twee bekers koffie. Die hele kombuis ruik na die vars geroosterde reuk van koffiebone. My mond water klaar. Sy sit 'n bordjie met beskuit voor. Sy weet ek is mal daaroor, alhoewel sy net so goed weet dat ek dit probeer vermy. Sy weet ek is weerloos teen haar beskuit.

    Dankie Sus. Ek is al lankal lus vir jou beskuit.

    Jy kan maar alles opeet. Ek het gister gebak en die blikke is vol.

    Jy weet net hoe om my te bederf.

    Natuurlik, jy is mos my broer. Ek sien jou nie elke dag nie.

    Dankie Sus. Dit is heerlik.

    Ek neem 'n tweede blokkie.

    Hoe het dit toe gegaan?

    Ek het verloor.

    Agge nee. Wat sê Loula?

    Sy weet nie.

    Was sy dan nie daar nie?

    Die skok is ooglopend in haar gesig.

    Nee, sy stel tog nie belang nie. Ek het my verknies daaroor en nie genoeg aandag aan die geveg gegee nie. Deon Ras het my geklop. Ai Sus, ek weet nie wat van my en Loula gaan word nie. Ons beweeg al verder uit mekaar. Ons is baie selde intiem. Sy wil net niks weet nie, of sy werk gedurigdeur laat. Sy slaap soms in haar kantoor.

    Dink jy daar is iemand anders?

    Nee Sus, ek het nog geen rede gekry om te twyfel nie. Ek weet egter sy is ontevrede met ons huis en sy is ook met my werk. Miskien sal my nuwe status haar laat beter voel.

    Nuwe status?

    Ek glimlag trots, ek kan dit nie keer nie en sy ken my goed genoeg.

    Ek het die bevorderingslys gesien. Ek word kaptein.

    Baie geluk Boet, ek is trots op jou.

    Haar lippe is warm op myne soos sy my gelukwens.

    Sus, sy wil 'n luukser huis hê en sy wil 'n hoër lewenstandaard handhaaf. Ek sien nie kans om nou weer skuld aan te gaan nie. My dorpshuis is klaar betaal en ek skuld niks. Sy wil in De Tyger gaan woon en die huise daar kos miljoene.

    Hou wat jy het Boet.

    Ek sal graag hier naby wil woon, maar sy sal dit nooit doen nie.

    Ai Boet, ek is so jammer vir jou.

    Sus, ek is lief vir haar, ek het nie geweet sy gaan so word nie, maar ek kyk verby haar foute. Liefde bedek alles. Ek het ook maar my eie foute.

    Ek kuier by haar tot dit tyd word dat sy die kinders by die skool moet gaan haal.

    Totsiens Sus. Dankie vir die heerlike kos en geselskap.

    Dankie dat jy kom kuier het Boet. Jy moet weer kom.

    Ek is oor twee weke op verlof, ek sal jou een dag kom haal en uitneem. Die kinders kan saamkom. Dit is mos skoolvakansie. Stuur groete vir Willie en die kinders.

    Hoofstuk 2.

    Dit terugrit is voorspoedig en ek luister musiek terwyl ek ry. Ek merk 'n wit motor en 'n polisievoertuig agter hom, wat agter my indraai in Tierbergweg. Toe ek by Jawa Straat links draai, draai hulle ook links. Ek hou stil voor my dorpshuis op die oprit en dan skrik ek. Die polisiemanne omsingel my met hul wapens op my gerig. Uit die wit motor kom twee speurders. Hulle het hul kakiekleurige koeëlvaste baadjies aan. Hulle hele houding wys hulle bedoel besigheid.

    Du Preez?

    Sy stem is bars.

    Ja.

    Ek is kaptein Enslin van Georganiseerde Misdaad. Ek arresteer jou vir gewapende roof. Enige iets wat jy sê mag teen jou gebruik word. Jy is geregtig om stil te bly. As jy egter sou kies om te praat, sal dit neergeskryf word en mag teen jou gebruik word. Jy is ook geregtig op regsverteenwoordiging.

    Skeer jy gek Kaptein? Ek 'n gewapende roof gepleeg?

    Moenie jou met my slim hou nie. Gaan lê op die grond.

    Hy boei my hande agter my rug voor hy my toelaat om op te staan.

    Op grond waarvan arresteer jy my?

    Hy wys my die lasbrief. Dit is eg. Ek het genoeg gesien om dit as eg uit te ken. Iewers moet daar iets groots fout wees.

    Waar is jou wapen en aanstellingsertifikaat?

    In my kluis in die huis. My kaart is in my beursie in my sak.

    Sluit oop.

    Ek is geboei.

    Hy sluit die boeie net aan my regterhand los en ek haal die sleutels uit my sak. Ek sluit die deur oop en hy en die ander speurder volg my na binne. Die manne met die gewere wag buite.

    Jou kaart.

    Ek oorhandig my kaart aan hom en hy druk dit in 'n forensiese bewysstuk sakkie. Hulle volg my teen die trappe af. Ek sluit die kluis onder die trappe oop.

    Los die deur toe. Peet, maak die deur oop.

    Peet, wie hy ook al is hou my dop. Kaptein Enslin haal my dienspistool uit en maak seker dit is veilig. Hy sit dit, tesame met my twee vol magasyne ook in 'n sak. Ek sien nou eers dat hy handskoene aan sy hande het. Hy vat ook my skootrekenaar, my eksterne hardeskyf en my een duisend rand wat ek altyd reg hou vir 'n noodgeval.

    Kaptein, ek weet nie wat aangaan nie, maar ek soek 'n kwotasie vir alles wat jy hier verwyder, dit is my wettige eiendom.

    Moenie vir my vertel wat om te doen nie. Jy het seker gedink jy gaan hiermee wegkom?

    Waarvan praat jy?

    Toemaar, ons sal later lekker gesels. Jy gaan alles vertel en dan gaan jy lekker lank sit. Gee my jou foon.

    Hy gryp dit sonder seremonie uit my hand. Hy druk die knoppie.

    Wat is die wagwoord?

    Ek gee dit nie uit nie. Ek het geen versekering jy gaan nie skakel nie. Jy het klaar my regte geskend. Ek is geregtig op regsbystand van die oomblik dat jy my gearresteer het. Ek gaan geen vrae beantwoord voor ek nie met my prokureur gepraat het nie. Jy kan my maar arresteer. Onthou, my motor staan buite. My huis is oop. Jy is vir my eiendom verantwoordelik.

    Jy hou vir jou slim.

    Hy is reg Kaptein.

    Ja, goed, hier is jou foon, skakel jou prokureur.

    Ek hou die skerm dat hy nie die wagwoord kan sien nie. Ek skakel vir Ryan Coetzee, my prokureur. Hy is eintlik 'n advokaat, maar hy praktiseer as prokureur.

    Middag Jacques, hoe gaan dit met jou?

    Ryan, die polisie is hier, ene Kaptein Enslin, van Georganiseerde Misdaad. Hy arresteer my vir gewapende roof en het beslag gelê op my werktoerusting, my skootrekenaar, my hardeskyf, selfoon en een duisend rand. Ek het jou bystand ook nodig. Maak asseblief 'n nota van die tyd dat hulle nie my foon kan gebruik nie.

    Waarheen vat hulle jou? Jy sê niks voor ek daar is nie.

    Ek haal die foon weg van my oor af.

    Waarheen neem julle my?

    Kaapstad Sentraal.

    Kaapstad Sentraal. Ek sal wag tot jy kom voor ek enige iets sê. Hulle weet wie ek is.

    Ek skuif die foon se agterkant oop en lig die battery voor hy kan keer en die foon is af. Ek sit dit inmekaar sonder dat hy my keer en ek gee die foon vir hom.

    "My persoonlike inligting is op die foon en rekenaar. My bankbesonderhede se wagwoorde is daarop. Ek gee dit nie vir jou nie. Daar is nie 'n manier nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1