Kuier

Jenna JUIG WEER

Ons ken haar radiostem en sien haar soggens op Die Groot Ontbyt op kykNET. Dis Jenna-Leigh Bilong, bekende nuusleser, TV-aanbieder, radiopersoonlikheid, skrywer en ook pastoor. Só gemaklik in haar eie lyf en met ander mense dat dit byna onmoontlik is om te dink dat sy eens die slagoffer van mishandeling was. Vandag kan sy sê sy is oukei, dit gaan goed en sy het vrede, maar dít het nie maklik of vanself gekom nie. Sy moes 'n doelbewuste besluit neem en hard werk om weer heel en gesond te word.

Nou is sy op die beste plek waar sy nog ooit in haar lewe was. Sy vertel dit gaan werklik goed met haar. “Dit gaan fisies goed met my, maar dit gaan veral goed met my gees. En wanneer dit goed gaan met my gees en my emosies, het dit outomaties 'n impak op alle gebiede van my lewe en my loopbaan. Ek is 'n beter vrou en mamma. Ek is 'n beter nuusleser. Ek is 'n beter aanbieder,'sê sy. “Daar is vrede in my huis. Iets waaraan ek vroeër in my lewe nie gewoond was nie.”

Sy bly in 'n voorstad van Johannesburg saam met haar man, Ed Bilong, en is bonus-mamma vir sy drie kinders, die twee ouer seuns, Joseph en Eddie, en die sesjarige Marie Claire. Die afgelope agt jaar het sy nie veel in die media gepraat oor haar gesinslewe nie. Dit was 'n aspek van haar lewe wat sy gevoel het sy eers 'n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier5 min read
Hoe Gemaak Met ‘N ‘Klankie’?
Niemand het nog ooit gekla oor my asem nie, maar ‘n mens wonder mos maar soms. My man gee my party oggende so ‘n snaakse kyk wanneer ons wakker word en ek met hom begin praat. Dan hol ek gewoonlik badkamer toe om vinnig my mond te spoel en tande te b
Kuier5 min read
Vermy Sorge Met Saambly
Of jy nou saam met iemand bly uit nood oor die lewe so duur is en jy nie ‘n plek van jou eie kan bekostig nie, óf omdat jy in ‘n verhouding met die ander persoon is – saambly is nie perdekoop nie. Wat dalk begin het as groot pret, kan in ‘n nagmerrie
Kuier3 min read
ONS LESERS vertel…
Toe haar ouma in 2020 aan covid oorlede is het Sharney Blackway (29) van Boksburg besluit sy wil gesonder leef. Sy wou nog lank hier wees vir haar dogtertjie wat daardie jaar gebore is. Sy't ‘n keto-dieet begin volg en die vetjies het weggesmelt. (Sy

Related