Huisgenoot

’N NUWE LEWE NÁ NARSIS

DIE GRUIS VAN DIE SYPAADJIE KNARS ONDER HAAR VOETE. LANGS HAAR DRENTEL HAAR OUDSTE SEUNTJIE. SY HET HOM PAS BY SY SPEELGROEPIE GAAN HAAL EN HULLE STAP STA-DIG HUIS TOE. DIE DONKER-KOPVROU KYK OP. ‘WAAR-OM DINK ANDER MENSE DIE LUG IS BLOU,’ WONDER SY. VIR HAAR IS DIE LUG DAN PIKSWART. DONKER

IN DIE jare van haar liefdelose huwelik was daar vir haar geen hoop, drome of vreugde nie, want die web van mishandeling het haar so gewurg dat sy nie meer sin of rede gehad het om te leef nie.

Maar sy sou dié trauma eindelik nie net oorleef nie; sy sou dit oorkom om ook ander vroue te inspireer met haar boodskap: Jy kán uit ’n gewelddadige huwelik wegkom en boonop daarna ware liefde vind.

Dit is ses jaar sedert die skrywer Ilse Verster (64) kon ontsnap uit die tentakels van ’n huwelik met ’n man wat sy as ’n narsis beskryf, en nou het sy ’n lewe waarvan sy eens op ’n tyd skaars sou kon droom.

“Die verlede is agter my en ek is nie meer daardie mens nie,” sê Ilse vandag.

Haar boek, So lyk ’n vrou: My 40 jaar van hel saam met ’n narsis, is in Maart verlede jaar bekendgestel en het in die maande sedertdien ’n fenomeen in die Afrikaanse boekewêreld geword. Dit boer boaan lyste van topverkopers.

In dié boek vertel Ilse, wat deesdae in Kaapstad woon, hoe sy verlief geraak het op die aantreklike jong seun in haar matriekklas, met sy donker golwende hare en broeiende bruin oë. Maar sy skets ook die manier waarop sy persoonlikheid-steuring stukkie vir stukkie kop uitgesteek het en hoe sy eindelik besef het sy

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related