Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vergelding 2
Vergelding 2
Vergelding 2
Ebook310 pages10 hours

Vergelding 2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek gaan oor slawerny en mensehandel:

Kaptein Lizette Jonker is uit haar nate toe sy gekies word om die motordiefstal sindikaat te ondersoek wat net 4x4 nutsvoertuie steel. Sy kry 'n finominale span bymekaar en begin vroeg vordering maak in die saak. Sy is trots op wat sy sovêr bereik het en ook daarop dat sy menige geharde misdadiger weggebêre het om hul lewens in die tronk te slyt.
Dit is 'n baie groot skok toe sy ontdek dat sy uit onkunde vir De Hartog, die veroordeelde verkragter, onskuldig tronk toe gestuur het. Hy sit al reeds vyf jaar onskuldig in die tronk. Hy is verbitterd toe hy uit die tronk kom, want hy het alles verloor, en besluit om sy lewe daaraan te wy om slawerny teen te werk. Hy weet hoe dit moet voel dat alles in jou lewe vir jou beheer word.
Lizette begin 'n reeks ontvoerings ondersoek, min wetende dat JJ De Hartog dit ook ondersoek. Sy kom te naby aan die skurk vir sy gemak en hy laat haar en haar vriendin, Lienkie, ook ontvoer. Haar enigste hoop is dat JJ haar sal kry.Hulle het immers vrede gemaak.

Waarskuwing: Hierdie boek is nie geskik vir sensitiewe lesers nie en bevat tonele van geweld en ook geweld teen vroue. Seks word nie in detail beskryf nie.

Proefleser:
Vergelding 2 is puik. Oortref self my gunsteling, "Daardie Nag." Jy mag maar breed glimlag. Vergelding 2 is vyfster gehalte.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateAug 13, 2018
ISBN9780463941072
Vergelding 2
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Vergelding 2

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Vergelding 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vergelding 2 - Johan Crous

    Copyright © 2018 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 9780463941072

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2018.

    Table of Contents

    Kopiereg

    Titelblad

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan.

    Hoofstuk 1.

    Hoofstuk 2.

    Hoofstuk 3.

    Hoofstuk 4.

    Hoofstuk 5.

    Hoofstuk 6.

    Hoofstuk 7.

    Hoofstuk 8.

    Hoofstuk 9.

    Hoofstuk 10.

    Hoofstuk 11.

    Hoofstuk 12.

    Hoofstuk 13.

    Hoofstuk 14.

    Hoofstuk 15.

    Nabetragting.

    Biografie

    Vergelding 2

    deur

    Johan Crous

    ISBN 9780463941072

    Erkennings:

    Die elektroniese weergawe van die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 5 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Serif se Affinity Photo vir PC en iPad.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir iPad gebruik.

    Redigering is gedoen deur Vlam.

    Spesiale dank aan Marliëtte Van Dyk van Marleo Publiseerders vir haar hulp, bystand en raad.

    Ek is ook baie dank verskuldig aan Marlaine wat my aangemoedig het toe ek wou ophou skryf.

    Hierdie boek gaan oor slawerny en mensehandel:

    Kaptein Lizette Jonker is uit haar nate toe sy gekies word om die motordiefstal sindikaat te ondersoek wat net 4x4 nutsvoertuie steel. Sy kry 'n finominale span bymekaar en begin vroeg vordering maak in die saak. Sy is trots op wat sy sovêr bereik het en ook daarop dat sy menige geharde misdadiger weggebêre het om hul lewens in die tronk te slyt.

    Dit is 'n baie groot skok toe sy ontdek dat sy uit onkunde vir De Hartog, die veroordeelde verkragter, onskuldig tronk toe gestuur het. Hy sit al reeds vyf jaar onskuldig in die tronk. Hy is verbitterd toe hy uit die tronk kom, want hy het alles verloor, en besluit om sy lewe daaraan te wy om slawerny teen te werk. Hy weet hoe dit moet voel dat alles in jou lewe vir jou beheer word.

    Lizette begin 'n reeks ontvoerings ondersoek, min wetende dat JJ De Hartog dit ook ondersoek. Sy kom te naby aan die skurk vir sy gemak en hy laat haar en haar vriendin, Lienkie, ook ontvoer. Haar enigste hoop is dat JJ haar sal kry.Hulle het immers vrede gemaak.

    Waarskuwing: Hierdie boek is nie geskik vir sensitiewe lesers nie en bevat tonele van geweld en ook geweld teen vroue. Seks word nie in detail beskryf nie.

    Proefleser:

    Vergelding 2 is puik. Oortref self my gunsteling, Daardie Nag. Jy mag maar breed glimlag. Vergelding 2 is vyfster gehalte.

    Hoofstuk 1.

    Pollsmoor Maksimum sekerheid afdeling, Tokai, Kaapstad.

    Die seldeur klap hard teen die staal kosyn van sel C4 van die maksimum sekerheid afdeling, en die groot sleutel word met geweld gedraai om die swaar klawers te kan beweeg, om die sluitstuk twee keer te beweeg. Die swaardiens selslot sluit die deur agter die twee langtermyn gevangenes vir die nag. Hulle is in die maksimum sekuriteit afdeling en beide gevangenes dien 'n vonnis uit van vyf-en-twintig jaar gevangenisstraf elk.

    Die ouer gevangene kyk met kommer na sy selmaat wat weer van voor af die tekens toon van hewige depressie. Kobus Redelinghuys, of beter bekend as oom Koos, is sestien jaar ouer as sy selmaat, JJ De Hartog. Johann Jacobus De Hartog is twee-en dertig jaar oud. JJ lê met sy gesig na die muur. Hy praat nie soos gewoonlik nie en staar net na die muur, bewegingloos. Selfbejammering oorheers sy hele wese.

    JJ, jy moet uithou tjomma, moenie ingee tot jou depressie nie, dan gaan jy swaar kry.

    Hoe lank nog oom Koos? Hoe lank nog voor ek geheel en al koekoes raak? Ek sit nou al amper vyf jaar. Hoe gaan ek nog twintig jaar kan uithou? Dit maak my gek om in hierdie hel te wees. Dit voel klaar soos 'n leeftyd. Ek kan dit nie meer vat nie. Die Vader is my getuie, ek kan nie meer nie.

    Net sy snikke kan nog gehoor word. Oom Koos ag dit wys om eerder stil te bly. Die jonger man sal môre beter voel. Hy is maar te dankbaar om die sel met hom te deel. JJ word deur die tronkowerheid as 'n moeilikheidmaker beskou. Hy maak ook geen geheim daarvan dat hy nie ander gevangenes se vrou is nie. 'n Hele paar gevangenes het dit op die harde manier geleer.

    JJ lê op die boonste bed en oom Koos onder hom. Hul sel het net die oop vlekvrye staal toilet met twee hout plankies vir 'n sitplek, en die klein wasbak met 'n kraan. Daar is 'n lae muurtjie wat hul onderlyf bedek as skerm. Dit doof nie enige geluide of reuke nie. Hulle kan ruik of hoor as die selmaat se natuur roep. Dit was so moeilik om daaraan gewoond te raak. Privaatheid bestaan geensins nie. Dit is die grootste enkele behoefte wat van hulle weggeneem is, dan natuurlik hul vryheid ook.

    Die wag rapporteer aan sy adjudant toe al die selle gesluit is vir die nag.

    Adjudant, De Hartog toon weer ernstige simptome van stress. Hy gaan weer moeilikheid veroorsaak.

    Reël dat die maatskaplike werkers hom onder oë kry. Jy het gehoor dat die kolonel gesê het. Hy wil nie weer 'n herhaling van die vorige voorval hê nie. De Hartog se lont is kort. Enige iets kan hom oor die grens dryf en dan jaag hy aan. Ons kan nie bekostig dat hy weer 'n opstand ontlok nie.

    Adjudant, hy is baie oortuigend. Ek wonder of daar nie tog waarheid steek in wat hy sê nie. Hy hou steeds vol hy is onskuldig.

    Die hand- en voetboeie kan nie stil gehou word terwyl hy loop nie. Sy bene is met 'n kort ketting aan mekaar vas gesluit en dan ook sy twee polse. Die twee kettings is aan mekaar vasgesluit deur 'n derde ketting. Die gegalvaniseerde metaal skuur teen sy vel. JJ hou die derde ketting vas dat die ketting tussen sy enkels nie moet sleep of raas nie. As maksimum sekerheid gevangene word hy geensins vertrou nie en word so behandel, al gaan hy dokter of maatskaplike werkers toe. Twee bewaarders vergesel hom. Een loop voor en sluit die hekke oop en een loop kort agter hom, om hom dop te hou. Al is dit al vyf jaar, bly dit vir hom 'n hengse vernedering om so vasgeketting te word. Hy haat dit dat ander mense sy hele lewe vir hom beheer.

    De Hartog voel skoon, al het hy met die rooi seep gewas. Hy haat daardie reuk en sal dit seker nooit ooit vergeet nie, maar hy voel immers skoon, al weet hy dit stink vir die deursnee mens. Hy weet nie hoekom sy hom wil sien nie. Hy hou nie van besoeke aan die maatskaplike werkers nie. Hy het egter geen keuse nie en moet doen wat van hom verwag word. In maksimum sekerheid het hy weinig, indien enige regte.

    Sit.

    Die wag wys na die ry stoele waar een ander gevangene ook wag. Hy het net een wag en hy is nie geboei soos hy nie. Die gevangene kyk nuuskierig na hom, maar probeer nie 'n gesprek aanknoop nie.

    'n Bewaarder kom uit die kantore en staan met 'n knypbord in sy hande.

    Deyssel.

    Hy wys na die regterkant se deur en laat gevangene Deyssel en sy bewaarder eerste inloop, voor hy die deur agter hulle toetrek. JJ wag geduldig. Dit is een ding wat hy reeds in hierdie hel aangeleer het. Hy wag nie lank voor die deur oopgaan en 'n bewaarder met 'n gevangene wegstap in die gang af nie.

    Die maatskaplike werker is bekend aan JJ. Hy was vantevore by haar. Sy is luitenant-kolonel Patricia Lloyd en 'n maatskaplike werker vir Korrektiewe Dienste.

    De Hartog.

    JJ staan op en die twee bewaarders stap saam.

    Dankie, ek sal julle roep as ek klaar is. Ek wil die gevangene alleen sien.

    Hulle draai woordeloos om en gaan sit op die banke. Hulle weet De Hartog kan nie ontsnap nie, maar hulle wys onbewustelik hul afkeer.

    JJ stap in en bly staan. Sy gaan sit agter haar lessenaar.

    Sit asseblief.

    Hy gaan woordeloos sit. Hy kyk stip voor hom, iewers na die muur.

    Toe hy vir 'n lang tyd niks hoor nie, kyk hy op. Sy oë ontmoet hare.

    Wat is fout De Hartog?

    Niks nie Kolonel.

    Kom nou De Hartog, die personeel kan sien jy is besig om tekens te toon van depressie. Kom uit daarmee.

    Sy oë begin traan voor hy dit kan keer. Hy voel die trane warm oor sy wange loop.

    Ek kan dit nie meer vat in hierdie plek nie. Niks verander ooit nie. Ek is van my vryheid beroof. Julle het my van my werk beroof, my motor, my huis en alles. My familie het my verwerp en ek sit met 'n smet op my naam. Ek sit met 'n kriminele rekord en ek is op die swart lys. Ek het niks meer om voor te leef nie.

    Ons is al voorheen hierdeur. Jy moes voorheen hieraan gedink het. Die Staat verwyt jou vir jou misdryf en jy sal eers jou vonnis moet uitdien voor jy vrygelaat word.

    Maar ek is onskuldig. Ek het dit nie gedoen nie. Hoeveel keer moet ek dit nog vir julle sê? Hoekom glo julle my nie?

    Die hof het jou skuldig bevind.

    Ek het niks verder te sê nie. Ek wil terug gaan na my sel. Ek mors tog net my asem om met julle te praat.

    Die opstand en bitterheid kom na vore in sy stemtoon.

    De Hartog, moenie nou moeilik raak nie. Jou volgende stap is in totale afsondering. Jy het reeds jou laaste kans gehad.

    Hy antwoord sag.

    Maak dit enigsins saak? Ek is reeds 'n dier in 'n hok. Ek gee nie meer om nie. Julle kan my niks meer doen as wat julle reeds gedoen het nie. Moet my asseblief nooit weer roep nie. Ek het geen vertroue in die stelsel meer nie. Ek wil niks meer met julle te doen hê nie.

    Hy staan op en stap na die deur.

    Wag De Hartog, ek is nog nie klaar met jou nie.

    Hy bly net so staan en draai nie eers om nie. Hy wil nie weer na die vrou kyk nie. Sy is deel van die hele stelsel.

    Toe sy sien hy is nie van plan om om te draai nie, gaan sy sit.

    Jy kan maar gaan.

    Die bewaarders neem hom terug na sy sel.

    Die maatskaplike werker sit ingedagte deur sy leer en kyk. Hy het heelwat gewig verloor sedert sy eerste aankoms amper vyf jaar gelede. Wie sou ooit kon dink hierdie man sal 'n vrou verkrag? Hy lyk beslis nie na daardie tipe mens nie. Hy moet regtig 'n goeie bedrieër wees om so oortuigend vol te hou dat hy onskuldig is. Selfs die forensiese getuienis het sy skuld bewys. Ja, sy gee toe, dit moet traumaties wees om so van sy vryheid beroof te word, maar dit is sy verdiende loën. Sy verstaan wat deur sy gemoed gaan, maar sy het nie simpatie met die geharde misdadiger nie. Hy het ook geen respek gehad vir sy slagoffer nie. Wat van haar regte? Hoe moes sy voel?

    Hoofstuk 2.

    Dit is vroeg in die oggend. Spitstyd is reeds verby. Die parkeerarea van die groot winkelsentrum in Goodwood is nog nie vol nie. Die man stap met twee sakke vol inkopies tussen die geparkeerde motors deur. Sy waaksame oë sien die Ford Ranger dubbelkajuit bakkie is feitlik splinternuut. Hy kyk ongemerk na weerskante, maar bemerk geen onraad nie. Langs die voertuig skeur die een inkopiesak en die gekoopte kruideniersware spat die wêreld vol. Hy het gelukkig 'n spaar sak byderhand en hy tel die kruideniersware een vir een op. Hy moet half onder die Ford inkruip om die spuitkannetjie by te kom.

    In die proses heg hy die klein magnetiese houertjie aan die binnekant van die voorste modderskerm vas. Hy plaas dit hoog genoeg, en buite sig. Niemand kom dit agter nie. Hy stap verder toe hy sy laaste kruideniersware opgetel het. By Frans Conradie Rylaan hou 'n insleepvoertuig voor hom stil en hy klim in langs die bestuurder na hy die inkopiesakke agterop neergesit het

    En?

    "Die pickup is geheg."

    Jy is 'n staatmaker Shawn. Die baas sal baie tevrede wees. Ons kort nog net twee Rangers.

    Hulle parkeer onder 'n skaduboom, in een van die sy strate. Aubrey haal twee koeldranke uit en hulle steek elkeen 'n sigaret aan om die tyd om te kry. Hulle wag een-en-veertig minute voor hulle die piep op die skerm hoor. Die inligting wat hulle soek verskyn op die skerm. Die magnetiese houertjie saai die sein sterk uit en hulle kry die frekwensie sonder enige probleme.

    Aubrey haal die instrument uit en tik die kode in, na hy die sok by die instrument ingeprop het. Shawn hou die afstandbeheer voor die instrument en Aubrey aktiveer die masjien. Die rooi liggie op die afstandbeheer flikker drie keer om te bevestig dat die kode suksesvol vasgelê is. Aubrey sit die instrument weg na hy klaar die sok uitgetrek het. Die skerm se beeld skakel oor na 'n GPS skerm met bewegende kaart en hulle kan sien waar die Ford Ranger beweeg. Hy kom tot stilstand voor die winkelsentrum in Parow.

    Aubrey tel die mikrofoon van die radio op. Hy praat kort.

    Frans Conradie Rylaan, Parow, langs Tygerberg Hoërskool.

    Hulle haas hulle na die plek en wag net twee minute voor die trok agter hulle stilhou. Op sy sye is die kentekens van hul beroep, die bekende insleepdienste, geleë in Sacks Circle, Bellville-Suid. Shawn bring twee groot magnetiese advertensies wat hy en Tim, die bestuurder, agter, bo-oor die bestaande kentekens plak. Die nuwe kentekens lui, Hariëtte Tow-In.

    Shawn klim by Tim in en hulle vertrek sonder versuim. Hulle draai regs in Tierberg Weg en ry tot onder, beweeg bo-oor Voortrekker Weg en draai dan links in op die winkelsentrum se parkeerarea.

    Shawn klim uit en stap tussen die motors deur na die Ford. Hy kyk versigtig heen en weer om seker te maak daar is nie wagte of polisie nie. By die Ford aktiveer hy die nuut geprogrammeerde afstandbeheer en die Ford sluit foutloos oop. Hy het 'n swaar skroewedraaieragtige instrument wat hy in die sleutel gat van die stuurwiel druk en die hefboom liggies druk tot dit met 'n harde klap skiet en die slot se sywaartse pennetjies breek. Hy verwyder die toestel en druk dit onder die sitplek in en gebruik 'n ander sleutel om die voertuig aan te skakel en hy trek onmiddellik weg. Hy ry tot naby aan die polisiestasie waar Tim vir hom wag. Die trok is oop en die twee staal rybane is reeds opgestel. Shawn ry tot binne die trok en hulle maak die voertuig vas en skuif die rybane in en sluit die voertuig agter toe. Hulle ry tot om die blok en wag 'n uur voor hulle weer vertrek. Daar is geen teken van enige voertuig wat poog om die bakkie op te spoor nie. Die bekende opspoorstelsel se sein kan nie deur die trok se staal wande gaan nie, nie met die aluminium en lood voering nie. Hulle het al menige motor so gesteel en dit werk foutloos.

    Hulle vertrek, wetende hulle is nader aan hul teiken. Nog net twee bakkies wat hulle moet steel voor die besending vol is. Hulle ry tot by die werkswinkel en parkeer onder die grond. Die opspoor stelsel se sein word effektief geblok totdat die stelsel gedeaktiveer kan word.

    Sy vuis kom hard op die tafel te lande. Hy is rooi in sy gesig van woede. Hy dra sy woede oor aan sy ondergeskiktes. Hulle bewe innerlik onder sy tierrade.

    Tot hiertoe en nie verder nie!

    Sy stem bulder deur die vertrek. Almal teenwoordig kan sien hy het nou genoeg gehad. Brigadier John Ehlers, die Provinsiale onderhoof van die speurdiens, kyk beduidend na Georganiseerde Misdaad se kolonel André Maas, die komponentshoof vir diefstal. Sy uitdrukking wys duidelik dat hy verby keelvol is.

    Kolonel Maas, jy sorg dat die verplasing van daardie kapteintjie vandag nog op my tafel beland. Ek soek resultate. Ek wil nie enige stories hoor nie. Die departement kon nog geen resultate lewer nie. Is julle dan net stommerikke? Voertuie word helder oordag gesteel asof daar geen maatreëls is nie. Hoe word dit gedoen? Niemand kan my sê nie.

    Kolonel Maas sug van verligting.

    Dankie Brigadier. Kaptein Jonker is een van ons beste speurders ooit en sal wel agter die kap van die byl kom. Sy is die beste wat ek aan kon dink. Sy sal u nie teleurstel nie.

    Sorg dat sy ondersteuning kry. Ek wil hê ons moet hierdie saak oplos.

    Kolonel Maas sug innerlik verlig. Die brigadier gaan nie verder baklei nie. Hy gaan nou na 'n ander vergadering.

    Vrydagoggend, elfuur.

    Kaapstad Sentraal.

    Die groot tafel is vol borde en die heerlikste eetgoedjies wag vir honger monde. Kol Piet Bouwers sluit sy gesprek af.

    Kaptein Lizette Jonker, is nie net 'n groot aanwins vir die Prioriteitsmisdaad Eenheid nie, maar sy gaan 'n leemte in ons geledere los. Lizette, ons wens jou alle sterkte toe met jou nuwe pos.

    Sy glimlag en kyk eers na die stasiebevelvoerder, brigadier Tom Van Eck, voor sy antwoord.

    Dankie Brigadier, Kolonel en kollegas. Dit is nie lekker om afskeid te neem nie, maar dit gaan my eerste bevelspos wees. Dit is die kans waarvoor ek al lank gewag het. Ek gaan wys wat in my steek.

    Die wekker van die selfoon gaan Donderdag oggend teen half ses af en Lizette staan onmiddellik op. Sy borsel eers haar tande en neem 'n vuurwarm stort, voor sy haar klee in haar swart langbroek, wit bloese en swart baadjie. Sy eet vinnig haar pap en drink koffie voor sy haar pistool aangord en na haar werk ry.

    Die hek beweeg saggies op die spoor langs tot dit sluit. Sy draai regs in Maree Straat en volg die pad tot dit Derde Laan word en draai links af in Boston Straat. Sy parkeer naby Kommissaris Gebou in AJW Straat en stap in.

    Sy word heel eerste geneem na die kantoor van kolonel André Maas. Sy ken hom persoonlik. Hy steek sy hand uit. Dit is koel teen haar hand.

    Goeie môre Lizette. Welkom by ons, uiteindelik het ek die groen lig gekry vir jou verplasing hierheen. Ek het al soveel keer gevra, maar die antwoord was altyd nee, tot twee weke gelede toe.

    Goeie môre Kolonel, net tyd sal leer. Dit is steeds nie 'n permanente verplasing nie, maar slegs 'n ses maande diensreëling. Dit is egter 'n begin.

    Dit is maklik om die diensreëling te verleng en die meeste diensreëlings word later permanent. Kom ek wys jou jou kantoor en stel jou voor aan jou twee helpers.

    Hy loop voor. Sy word geneem na 'n oopplan kantoor op die derde vloer. 'n Man en vrou, in privaat drag geklee, staan op toe hulle die kolonel sien.

    Môre Kolonel.

    Môre julle, hier is sy nou. Kaptein, hier is adjudant George Lotriet en sersant Rhona Verwey. Julle, hier is Kaptein Jonker, jul nuwe kollega. Help haar as sy iets nodig het. Lig haar volledig in oor die diefstalle.

    Lotriet gee eerste sy hand. Hy glimlag vriendelik.

    Aangename kennis Kaptein en welkom. Ons het klaar u lessenaar gereed gekry.

    Hy is vriendelik en het 'n oop gesig. Hy wys na die lessenaar in die hoek. Die kaste en koffietafel met stoele skei dit van hul lessenaars en skep die indruk dat dit 'n kantoor is. Sy skud sy hand en sien in sy oë dat hy haar opreg verwelkom. Sy kan nie help om onmiddellik van hom te hou nie.

    Dankie Adjudant.

    Noem my Lottie Kaptein. Almal doen so.

    Sersant Verwey het ook dieselfde, oop, vriendelike uitdrukking.

    Welkom Kaptein, kan ek vir u koffie skink?

    Dankie Sersant. Dit sal heerlik wees.

    My naam is Rhona Kaptein.

    Kolonel Maas loop weer en Lizette gaan sit by haar lesenaar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1