Roelof Meyer is in November 1956 in Port Elizabeth gebore. Met ʼn onderwyser-pa, was sy liefde vir die Afrikaanse taal onafwendbaar, Hy voltooi sy matriek aan Gill Kollege op Somer...view moreRoelof Meyer is in November 1956 in Port Elizabeth gebore. Met ʼn onderwyser-pa, was sy liefde vir die Afrikaanse taal onafwendbaar, Hy voltooi sy matriek aan Gill Kollege op Somerset-Oos waarna sy studies aan die UPE volg. Weens sy liefde vir Afrikaans, begin hy sy loopbaan in Joernalistiek waarna hy meer as ses jaar ʼn misdaad- en hofverslaggewer vir Oosterlig (later Die Burger) in Port Elizabeth was. Hy verruil die joernalistiek vir versekering, en begin met skakelwerk vir ʼn lewensversekeraar waarna hy sy eie versekeringspraktyk begin. Sy liefde vir skryf is egter nooit geblus nie en sy grootste droom is om dit heeltyds te doen. ʼn Tweede spanningsroman is reeds in wording.view less