Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Anton se Begeerte.
Anton se Begeerte.
Anton se Begeerte.
Ebook434 pages4 hours

Anton se Begeerte.

Rating: 2 out of 5 stars

2/5

()

Read preview

About this ebook

Afrikaans Novelle.

Hugo Smit, musiekonderwyser en liedjieskrywer se hele lewe stort in duie toe sy vrou en twee dogters hom wegjaag, na Melanie hom valslik beskuldig het van ontrouheid, omdat hy nie by haar wou slaap nie. Sonder sy dogters is hy dood. Hulle wil hom nie weer sien nie. Hy versin sy dood en neem 'n nuwe identiteit aan.

Linda Bekker se lewe kom wreed tot stilstand toe haar Pieter aan 'n hartaanval sterf. Sy is werkloos en moet vir klein Angela sorg. Sy ontmoet die nutsman wat liedjies skryf, Anton Beukes en sy kry weer geluk.

Sy moedig haar man aan om te sing by die skool en hy maak 'n sukses. Hy het ook haar dogtertjie aangeneem as sy eie. Linda sien die hunkering in hom om weer sy dogters te sien en hulle net een keer vas te hou.

Elizna, 'n musiekliefhebber merk op 'n dag op dat iemand haar oorlede pa se musiek skryfstyl naboots. Hy gebruik dieselfde uitdrukkings. Sy begin na hierdie nabootser soek, maar kan hom nêrens opspoor nie.

Beide susters, Elizna en Jolene se geluk word onder hul uitgeruk toe hulle die nuwe treffer op die radio hoor, nog net een keer, van 'n vader wat sy dogters nog net een keer wil vashou. Hy sing van die skok in hul oë en die veragting toe hulle hom weggejaag het. Hulle besef hoe hul pa moes voel, veral omdat hulle weet hul oorlede pa is onskuldig.

Wanneer hulle een dag, na 'n lang soektog die geleentheid kry om na die realiteitsprogram van Wouter op die televisie te kyk, besef hulle Anton Beukes is hul oorlede pa, en dat hy leef. Hulle woon selfs van sy konserte by, maar sekuriteit weerhou hulle om hom te sien en weer versoen te raak.

Hierdie boek bevat een toneel van seks en is nie geskik vir lesers onder agtien nie.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateAug 4, 2015
ISBN9780620671897
Anton se Begeerte.
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Anton se Begeerte.

Related ebooks

Related articles

Reviews for Anton se Begeerte.

Rating: 2 out of 5 stars
2/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Anton se Begeerte. - Johan Crous

    Copyright © 2015 and 2016 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-0-620-67189-7(e-pub)

    ISBN 978-0-620-67190-3(mobi)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from all-free-download.com and pixabay.com under public domain license.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2015 & 2016

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Erkennings

    Meer oor die boek

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5 Eroties

    Hoofstuk 5 Romanties

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Biografie

    Anton se Begeerte

    deur

    Johan Crous

    Eerste Hersiene Uitgawe

    ISBN 978-0-620-67189-7 (e-pub)

    ISBN 978-0-620-67190-3 (mobi)

    Erkennings:

    Die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 4 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Adobe Photoshop CS6 en Corel Paintshop Pro XVIII.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir Android gebruik.

    Meer oor die boek:

    Hugo Smit, musiekonderwyser en liedjieskrywer se hele lewe stort in duie toe sy vrou en twee dogters hom wegjaag, na Melanie hom valslik beskuldig het van ontrouheid, omdat hy nie by haar wou slaap nie. Sonder sy dogters is hy dood. Hulle wil hom nie weer sien nie. Hy versin sy dood en neem 'n nuwe identiteit aan.

    Linda Bekker se lewe kom wreed tot stilstand toe haar Pieter aan 'n hartaanval sterf. Sy is werkloos en moet vir klein Angela sorg. Sy ontmoet die nutsman wat liedjies skryf, Anton Beukes en sy kry weer geluk.

    Sy moedig haar man aan om te sing by die skool en hy maak 'n sukses. Hy het ook haar dogtertjie aangeneem as sy eie. Linda sien die hunkering in hom om weer sy dogters te sien en hulle net een keer vas te hou.

    Elizna, 'n musiekliefhebber merk op 'n dag op dat iemand haar oorlede pa se musiek skryfstyl naboots. Hy gebruik dieselfde uitdrukkings. Sy begin na hierdie nabootser soek, maar kan hom nêrens opspoor nie.

    Beide susters, Elizna en Jolene se geluk word onder hul uitgeruk toe hulle die nuwe treffer op die radio hoor, nog net een keer, van 'n vader wat sy dogters nog net een keer wil vashou. Hy sing van die skok in hul oë en die veragting toe hulle hom weggejaag het. Hulle besef hoe hul pa moes voel, veral omdat hulle weet hul oorlede pa is onskuldig.

    Wanneer hulle een dag, na 'n lang soektog die geleentheid kry om na die realiteitsprogram van Wouter op die televisie te kyk, besef hulle Anton Beukes is hul oorlede pa, en dat hy leef. Hulle woon selfs van sy konserte by, maar sekuriteit weerhou hulle om hom te sien en weer versoen te raak.

    Belangrik:

    Hierdie boek is interaktief en bevat beide die Erotiese en Romantiese weergawe.

    Volg net die skakels om die weergawe te lees wat u verkies. U sal dit aan die einde van 'n hoofstuk teëkom waar u moet kies.

    Lees net voort om die Erotiese weergawe te less (dit is waar die seks tonele beskryf word)

    Kies die skakel by die Romantiese weergawe om die bedtonele sonder beskrywende seks te lees.

    Hoofstuk 1.

    Oudtshoorn.

    Vrydag middag.

    Linda Bekker is nou regtig ongeduldig. Die skoolklok het nog geensins gelui nie en dit is al reeds drie minute na twee-uur! Wat gaan vandag weer aan met die skoolklok? Het die skoolsekretaresse dan nie 'n horlosie nie? Daar is soveel wat sy nog moet doen. Angie, haar agtjarige dogter, gebore Angela Bekker, moet nog versorg en gebad word voordat sy na Paula toe kan gaan. Paula Beukes, haar vriendin het ingestem dat Angie en twee ander vriendinnetjies by haar kan oorslaap. Dit gee Paula en Pieter die ideale geleentheid om die aand uit te gaan. Hulle kan soveel meer geniet as daar privaatheid is. So lief soos sy haar dogter het, kan sy en Pieter nie onversigtig liefde voor haar maak nie. Dit is tog vanselfsprekend.

    Linda is opgewonde as sy daaraan dink dat sy en Pieter vanaand alleen is. Hy is die laaste tyd so gespanne. Vandat Linda ophou werk het, het sy besigheid effens swakker gedoen en dit het hom gespanne gemaak. Hy wil net die beste vir haar gee, en sy weet dit maar te goed. Sy sal hom vanaand in die regte stemming bring dat hy kan ontspan. Sy beplan al in haar gedagtes hoe sy hom gaan verlei. Sy en hy kan dan vanaand hul hartstog uitwoed in die stilte van die huis sonder enige vrees dat Angie op hulle sal afkom. Dit sal Pieter laat ontspan.

    Kort na die klok gelui het, wemel die skoolkinders op die skoolgrond van Oudtshoorn se laerskool by Wesbank. Elkeen gaan sy of haar eie rigting om die naweek te geniet. Angie soengroet haar ma en kyk opgewonde na haar horlosie.

    "Hallo Mamsie, ons het laat uitgekom vandag. Ek sien so uit om na tannie Paula te gaan. Ons gaan vanaand flieks kyk. Talitha sê hulle het koeldrank, 'chips' en springmielies gekoop. Ek kan nie meer wag nie. Die tannie is so oukei. Sy raas nie aanhoudend soos sommige tannies doen nie. Wat gaan Mamma en Pappa vanaand doen?"

    Linda trek weg en glimlag vir haar kind wat so borrelend gelukkig is. Sy babbel aanhoudend. Die onskuld van die jeug. Linda het hierdie kindjie lief met haar hele hart. Dit is haar en Pieter se enigste kind. Pieter wou nie nog kinders gehad het nie. So Linda koester wat sy het.

    Hallo Angie. Ek en jou pa gaan vanaand nêrens nie. Ons gaan braai en net by die huis wees. Ons sal ook flieks kyk. Ek het ook vir jou eetgoed gekoop om saam te neem.

    Linda kan nie vir Angie vertel wat sy vir Pieter beplan nie. By die huis aangekom bad sy vinnig vir Angie en pak haar tassie vir die twee dae. Pieter werk môre-oggend weer vroeg, maar sy sal hom gelukkig weer na een sien. Dan kan hulle besluit wat om verder te doen. Sy help vir Angie afdroog en laat haar op die bed sit. Sy blaas haar hare droog en borsel dit reguit uit. Sy gee haar die klere wat sy uitgesit het.

    Wanneer Angie klaar is neem Linda haar na Paula. Paula is een van haar vriendinne. Linda het nou nie juis 'n baie groot vriendekring nie, maar die vriende en vriendinne wat sy het, is almal opreg. Sy het Paula ontmoet deurdat sy haar gehelp het met 'n funksie wat sy vir die skool moes reël. Paula gee onderwys by die hoërskool. Sy gee wiskunde en rig ook netbal af vir die seniors. Paula en Linda het van die begin af goed oor die weg gekom. Hul gemeenskaplike kinders van dieselfde ouderdom het hul vriendskap meer ideaal gemaak. Sedertdien kom hulle baie goed oor die weg.

    Paula wag reeds vir hulle op die voorstoep, en klein Talitha is ook daar. Linda hou stil voor die medium grootte dorpshuis, en klim uit.

    Hallo Paula, dankie dat jy na die kinders kyk die naweek. Hulle geniet dit soveel. Ek sal weer volgende naweek na hulle kyk en dan kan jy en manlief weer privaat wees.

    Dit is net 'n plesier Linda. Ek sal mooi na Angie kyk. Jy hoef glad nie bekommerd te wees nie.

    Baie dankie vriendin. Angie, kom groet vir my.

    "Bye Mamsie."

    Soet wees en luister as tannie Paula praat.

    Ek sal Mamma.

    Totsiens Paula. Laat weet maar as sy moeilik raak.

    Totsiens Linda, ontspan nou. Angie is stroopsoet as sy hier kuier. Jy hoef nie eers twee keer te dink nie.

    Linda gaan huis toe en vat 'n warm bad. Sy skeer haar beenhare en was haar hare. Sy pluk haar oogwimpers en doen daarna haar naels. Sy trek skrapse onderkleertjies aan, wat sy weet Pieter van hou. Linda voel klaar die vlinders in haar maag van opwinding as sy aan vanaand dink. Vanaand is net haar en Pieter se aand. Sy bind haar hare na agter met 'n rekkie. 'n Sagte parfuum word liggies aangespuit.

    Linda sit en kyk na die plaaslike sepie terwyl sy vir Pieter wag. Sy hoor sy motor en haar hart begin klaar opgewonde vinniger klop. Sy maak die deur vir hom oop. Pieter is ses-en-dertig en 'n groot geboude man. Hy is netjies versorg en Linda se hart klop nog vinniger as sy hom groet. Hy omhels haar en soen haar.

    Hallo Linda. Maggies maar jy ruik lekker.

    Dankie Pieter.

    Ek gaan gou stort om die sweet van my lyf af te kry.

    Linda ken haar man goed genoeg om te weet hy weet reeds in watter bui sy is. Hy het reeds ingekoop op die aksie wat wag. Hy is nie altyd so gretig om te stort voor hy nie eers koffie gedrink het nie. Linda weet reeds dat die aand heelwat beloftes inhou.

    Wanneer Pieter uit die kamer kom, net in sy rugbybroek geklee, kan Linda die seep aan sy lyf ruik. Sy wag tot hy sit en bring sy koffie. Sy gaan sit op die mat voor by sy voete en leun teen hom terwyl sy haar koffie drink.

    Hoe was jou daggie toe Pieter?

    Ons was besig. Ek het lank gesukkel met die betonmenger se rat, maar dit werk nou. Ons is nou effens agter met die beton van meneer Engelke, maar ons sal môre klaarmaak. Hoe was jou daggie?

    Ek het die huis skoongemaak en gestryk, so ek is vry die naweek. Meer tyd om aan my man te spandeer.

    Pieter streel sy vingers deur Linda se hare en sy skuif nader. Sy hand sak laer en hy vat liggies aan haar borste. Sy skuif so dat hy makliker kan vat. Pieter vat nie lank nie. Hy buk vorentoe en tel haar op. Hy plaas haar op die sitkamerbank en begin haar uittrek terwyl hy haar soen. Sy soene sak af in haar nek en oor haar borste. Sy is lankal nakend terwyl hy haar steeds bedek met stomende soene. Sy help hom ook uittrek.

    Pieter soen haar tot sy hyg na asem in afwagting. Pieter streel oor haar maag en heupe. Sy is gereed vir hom. Wanneer hy haar in besit neem kreun sy. Pieter weet teen hierdie tyd hoe om haar te hanteer en hy bring haar stadig tot op haar kruin van hartstog en passie en hou haar lank daar. Hy soen haar na die tyd nog vir 'n baie lang tyd. Linda is baie tevrede met haar man se maniere en hoe hy haar hanteer. Boonop het sy hom baie, baie lief.

    Linda my lief, ek is baie lief vir jou.

    En ek vir jou Pieter. Jy is my hele lewe. Dit is so lekker om liefgehê te word. Jy weet net hoe my man.

    Jy weet ook hoe my vrou. Jy het my vanaand behoorlik verras, maar dit is nog lank nie die einde van ons aandjie nie. Jou man het 'n groot aptyt.

    En jou vrou is gereed om jou weer te ontvang.

    Pieter het later die vuur aangesteek en vir hom 'n brandewyn ingeskink en vir haar 'n koeldrank. Hulle het soos twee pas getroudes om die vuur gesit en later het hy die vleis gebraai. Na ete het Pieter haar voor die vuur ontklee en haar weer liefgehad tot haar passie volkome geblus is. Linda het hom beloon deur nakend langs hom in te kruip. Hy het met sy hande oor haar liggaam gevryf tot hy aan die slaap geraak het. Gewoonlik vryf hy met sy vingers deur haar hare. Pieter is baie konserwatief en sal nooit enigsins uitspattig wees in die bed of tydens die liefdesdaad nie, maar Linda weet hy het haar lief en hy vervul haar.

    Wanneer Linda die volgende oggend wakker word, is Pieter reeds werk toe. Linda maak die meubels en mat skoon om die merke van hul liefde uit te kry. Sy maak vir haar koffie en dink weer terug aan wat gebeur het die vorige aand. Sy voel weer Pieter se hande en mond oor haar lyf. Toe hy haar in besit neem en haar bemin. Sy begin al in haar gedagtes dink wat hulle vanmiddag en vanaand gaan doen. Sy kan nie meer wag dat Pieter huis toe moet kom nie.

    Haar telefoon lui en sy tel nuuskierig op. Sy sien dit is Johannes Viljoen, Pieter se kollega.

    Môre, Johannes, wat kan ek vir jou doen?

    Linda, jy moet dadelik hospitaal toe kom. Dit is Pieter, hy het 'n hartaanval gehad.

    Is hy.....?

    Hulle is besig met hom. Jy moet dadelik kom asseblief.

    Linda skakel dadelik vir Yolanda Van der Sandt, haar ander vriendin. Sy wil nie vir Paula skakel en sodoende vir Angie ontstel nie. Yolanda antwoord dadelik.

    Môre Linda, hoe gaan dit vanoggend met jou?

    Yolanda kan onmiddellik hoor Linda is histeries.

    Yolanda, Pieter het 'n hartaanval gekry. Hy het vanoggend met die motor gery en ek moet by die hospitaal kom.

    Linda, ek is nou-nou daar. Sluit solank die huis.

    Yolanda en haar man, Marius woon net buitekant die dorp, naby aan Linda, op 'n plaas. Hulle is binne enkele minute daar. Yolanda help Linda in die motor en Marius ry die blou Toyota dat die bande om die draaie skree. Marius se vinnige spoed en sy vaardigheid waarmee hy die voertuig om die draaie hanteer, maak dat die rit na die hospitaal, vinnig verby is. By die hospitaal parkeer hulle en gaan na die noodafdeling. By die ontvangs vra hulle na Pieter. Die suster by ontvangs wys na die noodafdeling en Linda sien Johannes naderkom. Hy keer en neem Linda in sy arms.

    Linda, jy moet sterk wees. Pieter.....Pieter is nie meer by ons nie.

    Nee, dit kan nie wees nie! Nie nou nie! Ek het hom nog nie eers gesien vandag nie. Waar is hy?

    Johannes neem haar na die noodgeval kamer en Marius en Yolanda stap saam. In die kamer is twee beddens, toegerus met 'n x-strale eenheid en ander mediese toerusting. Pieter lê op sy rug op die een bed. Sy hemp is uitgetrek en hy het net sy broek en skoene aan. Sy mond en oë is nog oop. Daar is nog monitor drade aan sy bors en die suurstofmasker lê op die kussing langs sy gesig. Die skok apparaat is ook daar. Die drup van die binne-aarse koppeling is nog aan sy arm. Hy is nog warm.

    Linda gryp hom om sy lyf.

    Pieter!

    Yolanda kry trane in haar oë as sy die vrou voor haar sien breek. Sy staan langs haar en hou haar skouer vas. Marius staan aan die ander kant. Linda sê niks verder nie. Sy snik net. Sy vryf net Pieter se hand. Pieter se oë toon geen animasie van lewe nie.

    Dokter Kotze, die dokter aan diens, kom in.

    Mevrou Bekker, ons het ons uiterste bes probeer, maar die skade was te groot. Dit lyk of die oorsaak 'n bloedklont was, wat die wande van sy hart beskadig het. Hy het geen kans gehad om oorlewing nie.

    Linda sê niks nie. Sy vryf net saggies oor Pieter se hand. Sy het reeds sy oë toegedruk en sy mond toegemaak. Yolanda hou haar vas. Marius stap uit en skakel vir Paula.

    Hallo Marius, hoe gaan dit met jou vanmôre?

    Goed dankie. Paula, luister. Pieter is nou net oorlede aan 'n hartaanval. Linda is by hom. Jy moet nou mooi kyk na Angie. Haar ma moet dit self vir haar sê.

    Is Linda oukei?

    Nee, sy vat dit baie swaar. Ons sal jou laat weet wat verder gebeur.

    Hierna skakel Marius vir Poppie, Louise Du Plessis, wat die vakansie-oord op sy plaas, namens hom bestuur, saam met haar man Anton.

    Hallo Marius.

    Poppie, ek is hier by die hospitaal. Pieter is so pas oorlede aan sy hart. Linda is gebroke. Laat weet asseblief vir Celeste, Lynn en Erasmus. Ons gaan haar na die plaas toe vat. Sy kan nie nou alleen wees nie. Sy moet nou maar eers 'n paar dae by ons kom bly.

    Dankie dat jy laat weet het. Ek sal die ander laat weet.

    Linda weier om Pieter te verlaat. Sy bly tot die begrafnisondernemers hom kom haal. Yolanda en Marius staan by toe sy hom vir oulaas soen voor hulle hom bedek. Daarna neem Marius en Yolanda haar eers huis toe. Yolanda help haar klere pak. Sy praat nie veel nie. Johannes het intussen gereël dat Pieter se motor huis toe gebring word.

    Marius en Yolanda neem haar na hul huis. Sy sit net woordeloos voor haar en uit en staar. Sy wou nie eet nie. Later in die aand het Yolanda en Marius besoekers gekry toe Anton en Poppie kom kuier het. Linda het begin gesels.

    Ek het nog gisteraand aan hom behoort. Nou is hy nie meer daar nie. Wat nou? Ek sien nie kans om sonder hom te leef nie. Net Angie hou my nog hier. Ek verlang na my kind, maar ek kan haar darem nog een dag die verdriet spaar. Hoe gaan ek dit aan haar oordra? Hoe gaan ek hierdeur kom?

    Dit is 'n moeilike week. Yolanda staan haar vriendin by. Saans jaag sy haar 'n slaappil in om haar te laat slaap. Linda eet min en is baie stil.

    Vrydag middag staan almal om die oop graf. Die silwer toerusting is geplaas om die graf. Die kis lê op die bande. Linda en Angie staan doodstil en luister na die predikant wat die reëlings verduidelik. Haar familie en vriende loer kort-kort na haar soos dit maar die gewoonte van die mens is. Die lykswa het tot kort by die graf gekom. Marius, Doepie, Altus, Johannes en Pieter se twee broers, Johan en Petrus, was die draers. Linda staan woordeloos terwyl hulle die liggaam nader dra en op die bande neersit. Die kunsmatige gras is netjies geplaas rondom die graf. Die blomme is rondom die raam so geplaas dat die oop gat nie gesien kan word nie.

    Na die prediker se grafrede voltooi is kry almal kans om blomme te strooi. Daarna begin die wieletjies draai. Linda en Angie se skouers ruk van die snikke toe die kis stadig dieper sak. Hulle bly staan totdat die kis onder kom en bly staan, selfs toe die familie die eerste grond op die kis gooi. Yolanda neem haar eers weg toe die kis halfpad toegegooi is. Sy kom woordeloos saam en sê nie veel nie. Yolanda staan haar by, want sy kan duidelik sien Linda is baie getraumatiseerd en bedroef.

    Linda moet elke aand met 'n slaappil bed toe gaan. Sy is nog te rou. Yolanda het haar geduldig bygestaan.

    Linda steek haar arm uit om Pieter te omhels en om dan stywer teen hom te lê. Die bed langs haar is leeg. Sy luister of sy hom hoor beweeg, maar sy hoor niks nie. Die werklikheid dring tot haar deur en sy druk haar gesig in die kussing om die snikke te keer. Sy kan en wil nog nie aanvaar dat haar Pieter dood is nie. Sy voel Angie maak die bed oop en klim in. Die kind hou haar vas totdat sy weer aan die slaap raak.

    Linda se selfoon lui. Sy word uit haar diep gedagtes geruk waar sy op die stoep sit en verlang. Haar tee het yskoud geword. Sy het weer vir Pieter gesien in haar gedagtes.

    Linda Bekker goeie môre.

    Sy antwoord formeel, want sy wag al so lank vir die skool en ander plekke waar sy aansoek om werk gedoen het. Hulle skakel die een na die ander en sê altyd dat hulle so jammer is, maar dat daar nie nou openinge is nie. Sy het ernstig gebid en bly maar hoop.

    Goeie môre Mevrou, dit is Martie, ek skakel van die hoërskool af. Ek het die aangename taak om u in kennis te stel dat u aansoek suksesvol was vir die Rekeningkunde pos. Ons sal dit waardeer as u kan inkom om u kontrak te kom teken. Dit is die departementele pos en nie die beheerliggaam pos soos aanvanklik gesê nie. So u aanstelling is permanent en teen 'n hoër salaris.

    Baie dankie, jy sal nie weet hoe verlig ek is nie. Wanneer kan ek inkom?

    Jy kan enige tyd inkom. Die dokumente is by my, so 'n afspraak is nie nodig nie. Jy kan die einde van die maand begin werk.

    Baie dankie, ek sal oor 'n rukkie daar wees. Sien jou later.

    Totsiens.

    Linda sug van verligting. Dit voel of daar 'n berg van haar skouers afval. Nou sal sy vir Angie kan sorg. Sy het nie veel geld meer oor in haar bankrekening nie. Dit sal tot die einde van volgende maand hou as sy mooi werk. Sy het die vorige week met Angie gepraat en die kind het verstaan dat omstandighede hulle gedwing het om meer beskeie te leef.

    Dit is drie maande later, en die Du Plessis gesin is ook by Marius vir die weeklikse braai. Linda en Angie kom ook kuier. Marius se tweeling speel met Angie. Die twee dogtertjies is baie geheg aan Angie, wat soveel geduld en liefde openbaar teenoor die veel jonger kindertjies. Die vrouens gesels met Linda, wat nog steeds nie oor Pieter se dood kan kom nie.

    Ek het elke aand sy vingers in my hare gevoel totdat hy aan die slaap geraak het. Nou moet ek maar self met my hare speel. As ek omdraai snags en ek steek my hande uit, is die bed leeg. Hy is nie meer daar nie.

    Linda, ek is so jammer vir jou.

    Ek is oukei. Ek sal seker maar gewoond raak daaraan dat hy nie meer hier is nie. Ek het aangepas by my werk. Ek was genoodsaak om weer te werk en ek vaar goed in my pos as boekhou onderwyseres. Ek het te min verdien in pensioen om die pot aan die kook te hou, maar nou is ek oukei. Angie staan my by. Sy is baie bedagsaam en gehoorsaam. Dit is maar moeilik. Ek is so alleen. My hele wese smag na Pieter. Ek wens hy kan my nog net een keer bemin.

    Ons is net bly Pieter het voorsorg getref en julle huis is klaar betaal met die polis. Nou hoef jy nie te sukkel met huurgeld nie.

    Ek verdien nou genoeg om kop bo water te hou. Dit is nie baie nie, maar ek kan vir Angie versorg en haar 'n goeie opvoeding gee. Pieter het dit goed bedoel toe hy my laat ophou werk het, maar ons het nie sy dood kon voorsien nie. As hy net meer gesond was. Sy cholesterol was baie hoog.

    Hoe hanteer Angie alles?

    Sy mis haar pa geweldig baie. Ek het haar juis gisteraand hoor bid dat Liewe Jesus haar weer 'n pappa moet stuur. Ek het skoon trane in my oë gekry. Ek wens dit was so maklik.

    Linda het haar vriendin heg bygestaan die afgelope drie maande. Sy weet deur watter stryd sy gaan. Sy en haar man was ook destyds drie maande van mekaar geskei. Sy weet presies hoe Linda voel. Sy het destyds so gesmag na Marius. Die verlange word so erg dat dit voel of dit jou meesleur. Jy net geen beheer daaroor nie.

    Parow.

    Hugo Smit sit in sy musiek klaskamer van Hoërskool Tygerberg. Hy is een van die min onderwysers wat twee klaskamers het. Hy is die musiekonderwyser van die skool. Hy gee ook Geskiedenis, want daar is nie so baie leerlinge wat musiek as vak neem nie. Melissa Van Tonder speel haar musiek stuk op die ou klavier en hy luister aandagtig. Wanneer sy klaar is, klap hy spontaan hande.

    Baie dankie Melissa. Jy het jouself oortref vandag. As jy so aanhou gaan jy 'n A plus verwerf. Ek is hoogs tevrede met jou vertolking van hierdie stuk.

    Sy glimlag trots.

    Baie dankie Meneer.

    Dit is al vir vandag. Ons al môre jou onvoorbereide toetsie afhandel. Ek het die volste vertroue dat jy uitstekend sal vaar.

    Sy staan op en vat haar tas.

    Totsiens Meneer.

    Totsiens Melissa.

    Wanneer sy uit is sit Hugo diep en dink. Hy het sy vrou Sandra baie lief en begeer haar met die dieselfde passie as toe hulle destyds getroud is. Wat hom bekommer is die feit dat hy bewus is daarvan dat sy nie meer hom wil toelaat om haar aan te raak nie. Hulle het al tot vervelens toe hieroor gepraat, maar sy wil niks weet nie. Sy is ook ongeduldig met hom. Sy vererg haar oor die kleinste dinge en feitlik elke ding wat hy sê lok 'n rusie uit. Hy hoop maar dit is net 'n fase wat sal oorwaai. Sy liefde is sterk genoeg om hul huwelik deur hierdie tyd te dra.

    Hugo Smit loop na die personeelkamer. Hugo loop 'n kollega, Melani Brand in die personeelkamer raak. Hulle twee is goeie vriende. Hugo vermoed al geruime tyd Melanie is verlief op hom, maar hy mag hom dalk misgis. Sandra het al vir Melanie ontmoet en hou niks van haar nie. Sy glo vas Hugo het 'n ogie op Melanie. Hugo is net vriende met haar, goeie kollegaskap, en hy het nog nooit gepoog om verder te gaan nie. Hy het net 'n begeerte na Sandra en vir hom sal daar nooit 'n ander vrou wees nie.

    Hallo Hugo, hoe gaan dit vandag met jou?

    Goed dankie Melanie, en met jou?

    Melani is soos gebruiklik geklee in 'n kort rompie en sy kan deur 'n ring getrek word. Haar bene is kaal en Hugo kyk onwillekeurig een keer na haar bene. Sy sien dit.

    Ag Hugo, ek sukkel met my kombuis se wasbak. Dit is verstop en dit dryf my tot waansin. Wil jy nie na dit kom kyk nie? Jy is mos handig met jou hande. Ek sal vir jou lekker koffie maak.

    Hugo is nie iemand wat maklik vir sy medemens nee sê nie en baie mense buit hierdie eienskap van hom uit.

    Goed Melanie, ek sal na skool gou kom. Ek het my gereedskapkis in my motor. Ek sal half drie by jou woonstel wees.

    Melanie glimlag en sit haar hand op sy skouer en druk hom liggies.

    Dankie Hugo, ek weet ek kan op jou staatmaak.

    Hugo se laaste geskiedenis klas verloop vlot. Hy bied sy les aan tot net enkele oomblikke voor die klok lui.

    En daarmee klas, sluit ek vandag se les af. Napoleon se oorwinnings het nie vir altyd gehou nie.

    Toe die skoolklok aan die einde van die skooldag lui, pak Hugo sy tas en stap na sy motor waar dit aan die buitekant onder die skadunet afdak geparkeer is. Die skool het voorsiening gemaak vir onderwysers aan die Noord-Westelike kant van die skoolgebou. Hy draai die vensters af want die son het die motor warm gebak. Die lugversorger skop vinnig in en hy kan die vensters toedraai en die koue lug geniet. Hy ry na Melanie se woonstel. Hy parkeer op die parkeerarea aan die Noorde kant, neem sy gereedskapkis en stap na die hysbak. Hy ry tot op die tweede vloer en stap na nommer twee een vier. Hy lui die deurklokkie en Melanie maak vir hom oop. Sy het haar skoene uitgetrek en loop kaalvoet. Sy het haar bloese nog verder oopgeknoop, die bra is effens sigbaar en haar bates word tentoongestel.

    Kom binne Hugo.

    Hugo voel effens ongemaklik toe sy weer aan sy skouer vat. Dit laat hom skuldig voel dat 'n ander vrou aan hom vat, en dit nogal so 'n mooi vrou ook. Veral omdat hy weet Sandra sal dit nie goedkeur nie. Hy is eerlik met homself, sy is beslis 'n aantreklike en aanloklike vrou.

    Wil jy nie eers koffie drink nie? Jy kan mos daarna na die wasbak kyk.

    Dankie, dit sal heerlik wees.

    Hugo sal nooit nee sê vir lekker koffie nie. Hy sit die gereedskapkis in die kombuis neer en bly sommer by haar staan terwyl sy koffie maak. Sy maak die koffie en hulle gaan sit in die sitkamer. Sy kom sit oorkant hom en maak seker dat hy haar bene kan sien. Hy drink behaaglik. Haar oë bly op hom.

    Jy is werklike 'n staatmaker Hugo. Ek weet nie wat ek sonder jou sou doen nie. Jy moet sê wat ek jou skuld. Enige iets!

    Ek wil niks hê nie Melanie, ek help met graagte.

    Hugo trek sy baadjie uit en maak die kasdeure oop. Hy gaan sit op die vloer en draai die u-buig los. Die waskom keer die water wat uitloop. Hy verwyder die verstopping en plaas alles terug. Hugo draai die kraan styf. Hy lê onder die kombuiskas ingekruip en het twee bobbejaankloue in sy hande. Hugo sien Melanie staan by sy bene, langs die kas. Haar bobene is kaal, gladgeskeer en volmaak gevorm. Sy het 'n minirompie aan, en die hoë soom

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1