Huisgenoot

IN MY OUPA SE VOETSPORE

EEN keer per maand en elke Desembervakansie is die motor gepak en het die gesin die pad na hul oupa en ouma se plaas in Noordwes gevat.

Hy het in die middel gesit, onthou Pieter du Plessis, met sy broer, Ross, en suster, Helene-Marie, aan weerskante van hom. Wanneer die bome op die pad tussen

hul huis in Vaalpark in die Noord- Vrystaat en Rysmierbult in Noordwes by die vensters begin verbyflits het, het ’n opgewondenheid hom beetgepak. Want daar op die plaas Semoêr kon hy ure lank in sy oupa, die bekroonde skrywer en dramaturg PG du Plessis, se studeerkamer deurbring.

Dié vertrek was apart van die huis, in ’n donker klipgebou met die lig wat deur die vensters instroom.

Die reuk van tabak het in die vertrek gehang en teen een

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related