SARIE

ROELINE SKITTER SONDER VERTOON

Op haar Instagram-blad beskryf sy haarself as “travel, food and cat lady”.

So ín my kraal.

Haar ma is een van Suid-Afrika se bekendste glanspersoonlikhede; haar pa besit ’n groot diamantmaatskappy, Daneel Diamond Manufacturers, op Stellenbosch.

Kyk jy na háár lewe, is dit duidelik Roeline Daneel is ook ster-materiaal. Maar moenie dink ’n flashy leefstyl is haar ding nie. Sy skitter sónder vertoon.

Grendeltyd was Roeline se besigste nog. Nes haar ouers, ma Elsabé Daneel, aktrise en kommunikasiekenner, en pa John (hulle is in 2014 geskei), doen sy haar ding. Kom wat wil. Sy verwys na Elsabé en haarself as “pliggies”. Haar woord vir mense met ’n groot pligsbesef. Sy was op haar dag hoofmeisie van die Hoër Meisieskool Bloemhof op Stellenbosch.

Waar ons koffie drink in ’n tuin in Kaapstad, lyk sy gemaklik-stylvol in ’n los, wit rok met swart polkakolle, wit sneakers en ’n mosterdkleurige jurk. Haar wange gloei.

Daar is vir seker trekke van Elsabé wanneer sy praat. Albei druk hulself goed uit en is ewe lief vir hul werk. Maar Roeline is ietwat meer ingetoë as haar ma.

Augustus het haar skoon uitasem gehad, vertel sy. Sy het gespeel in die kykNET-komediedrama , Netwerk24 se aanlyn blitssepie , asook , ’n telenovelle (ook vir kykNET). Boonop was sy in ’n RSG-radiodrama, , gegrond op ’n ou P.H. Nortjé-roman.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related