Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Salvokop
Salvokop
Salvokop
Ebook152 pages2 hours

Salvokop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In die vroeë jare 60, was Salvokop 'n spoorweg dorpie. Meeste inwoners was arm spoorweg-werkers. Janetta word by haar pa groot, talentvolle pragtige rooikop. Mario, 'n Italiaanse sanger besoek Suid Afrika, wanneer hy die mooi rooikop sien, verloor hy sy hart.
Hulle planne loop skeef as Mario dringend moet teruggaan Italië toe. Omstandighede en mis-verstande skei hulle paaie.
Gaan Janetta met haar skoolliefde trou?
En Minjonette...?
Soms neem die lewe sy eie loop.....
’n Tere liefdesverhaal van drome en misverstand en sal die liefde weer oorwin?

LanguageAfrikaans
Release dateJul 11, 2018
ISBN9780463741689
Salvokop
Author

Ina Cantoni

My grootword en groeityd in die Vaaldriehoek was besig. Altyd aan die hardloop. Drie van my eie kinders en twee aangeneem strek oor baie jare van kinders groot maak. Ek was 'n besige mens en in 2015 het ek kanker gekry. Skielik was ek siek, moeg en uitgeput. Ek het 'n kortverhaal vir 'n kompetisie geskryf en gewen. Dit was aansporing om meer te skryf. Salvokop is my eerste vollengte roman wat die lig sien, alhoewel nie my eerste boek nie. Ek dank die Heer vir hierdie laat jeug en borrelende vreugde om net te wil skryf. Ek hoop elkeen wat Janetta se pad saam met haar stap gaan haar net so geniet as wat dit vir my was om haar te skep. Ina Cantoni

Related to Salvokop

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Salvokop

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Salvokop - Ina Cantoni

    Salvokop

    Ina Cantoni

    Outeur Ina Cantoni

    Omslagontwerp: Ina Cantoni

    Geset in Times New Roman 12pt

    Alle regte voorbehou

    Kopiereg ©Ina Cantoni

    ISBN 978-1-928413-97-4

    Eerste Uitgawe 2018

    Hierdie boek mag nie sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat bandopname, mikrofilm of enige ander stelsel van inligtingsbewaring.

    Gedruk deur

    Malherbe Uitgewers

    Hoofstuk 1

    Om op ‘n swart koolstoof kos te maak in so klein kombuis is genoeg om enige mens moedeloos te maak! Janetta is nie ontevrede nie want sy is n baie gelukkige meisie. Dit sal net lekker wees om een van die nuwerwetse wit elektriese stowe te kan bekostig.

    Sjoe dis erg warm, sê sy hardop vir haarself as sy die ketel met water eenkant toe skuif om plek te maak vir die platboompot. Sy verwag haar pa enige oomblik tuis. Vanaand is weer een van sy belangrike aande.

    Ek beter roer want hy want hy kan erg senuweeagtig raak as dinge skeef loop. Glimlag sy so in haar alleen gesprek.

    Sy kyk vlugtig deur die klein kombuisvenster op die werf in hulle agterplaas. Anders as die ander huise is hulle gedeelte netjies en versorg. Hier bly sy en Pappa van haar geboorte af, net sy en Pappa.

    Sy vee ʼn lok van haar lang roesrooi hare agter haar oor in en met die selfde beweging die sweet van haar voorkop af.

    As Pappa weg is gaan ek ʼn lekker lang bad geniet. Janetta is so gewoond dat sy hardop met haarself praat dat sy dit nie eers meer agterkom nie.

    Sy is bevoorreg dat hulle huis ʼn piepklein badkamer het, nogal met warm en koue water. Pappa het belowe dat hy hierdie jaar die buitetoilet in die huis gaan inbou.

    Wag ek moet gou Pappa se spierwit hemp stryk. Ek moet seker maak dat hy onberispelik lyk, soos elke aand as hy chauffeur is. Sy neem sy swart skoene wat sy skitter blink gepoets het en plaas dit voor sy bed. Sy swart pak klere hang teen sy kas.

    So-ja my Pa sal nie afsteek teen sy vriende met hulle hoogwaardige vrouens nie.

    Sy loer op die horlosie teen die kombuis muur en skuif die stomende pot bredie eenkant toe, terwyl sy die tafel vir hulle twee dek. Sy is gereed om op te skep toe hy die voordeur oopmaak.

    Wat ruik so hemels en kom dit regtig uit ons kombuis? Vra Koos Scholtz as hy waarderend die lug in snuif. Vir haar is hy die trots van haar lewe. Hy beklee sy twee poste albei met eweveel erns.

    Bedags is hy stasiemeester by die spoorwegstasie, maar dis sy tweede werk wat Janetta se hart laat swel van trots. Sy loer met ʼn wild kloppende hart na die groot pikswart Duitse motor wat nou voor hulle huisie staan. Giggelend dink sy, dit lyk regtig soos ʼn groot wit vark met ʼn bloedrooi strik met sy voorpoot in die modder!

    Dag Pappa. Hoe was Pa se dag? vra sy, as sy hom liggies op sy wang soen. Koos hang sy baadjie aan die hakkie op en skuif sy stoel onder die tafel uit terwyl hy sê:

    Netta, as een dag ooit anders verloop as die vorige een, stuur ek die berig vir die koerant, sê hy laggend. Hy buig sy hoof vra die seën en lê weg aan die heerlike bredie en stampmielies.

    Janetta hou van haar Pa se troetelnaampie vir haar. Eintlik hou sy van alles om haar. Sy en haar Pa is gelukkig en dis vir haar genoeg. Haar ma is oorlede toe sy baie klein was en sedertdien is dit net sy en Pa-Koos. As dit vir haar Pa moeilik was om sy baba groot te maak, het hy dit nooit gewys nie.. Janetta se Pa en Ma is getroud toe hulle baie jonk was. Nadat haar Ma oorlede is het haar pa die versorging van sy rooikop baba op sy skouers geneem.

    Vandat sy egter kan onthou is Dokter Antje Schmidt deel van hulle lewe. Sy die enigste dokter van Salvokop en sy het heel gewillig gehelp maar te bly om te help met die skattige baba, en later was sy vir Janetta soos ʼn Ma.

    In haar tienerjare het sy agtergekom dat Dokter Antje Schmidt en haar Pa meer as net vriendskap vir mekaar voel. Dokter Antje het op Salvokop grootgeword en met beurse het sy ʼn dokter geword. Sy wou nie weer op Salvokop kom bly nie en het vir haar ʼn huis laat bou teen die voet van die berg waar sy al die jare alleen bly. Sy het egter ʼn kliniek begin om haar grootword mense te help.

    Sy weet dat haar Pa minderwaardig voel teenoor die dokter. Hy is maar net ʼn stasiemeester, en Antje die geleerde dokter. Janette het soms gewens haar pa wil minder trots wees. Dit sal hemels wees om Tannie Antje vir ‘n ma te hê. Sy het al soveel kere voorheen probeer en skelm probeer sy weer.

    Pappa voor jy gaan, ek het gedink om Sondag vir Tannie Antje vir ete te nooi, hoe dink Pa? vra sy vroom.

    Dis altyd reg met my Netta, jy en Antje is mos baie na aanmekaar. Sy kry lus en skud hom!

    Waarvan dink Pappa sal sy hou? vra sy onskuldig.

    Haai nee my kind, jy ken haar mos net so goed soos ek! Jy sal weet wat om te maak. Hoor nou maar eers of sy sal kan kom. Jy weet hoe onvoorspelbaar haar pasiente is.Ek sal sorg vir ʼn lekker bottel wyn. Ek weet die arme vrou is dood moeg as sy klaar is by die kliniek.

    Nou goed my Pa, dan laat weet ek haar. Kuiltjies verskyn in haar wange as sy skelm glimlag. Hoekom is hy dan tog so moeilik?

    As Pappa klaar geëet het sal ons moet roer. Pappa se klere is reg, gaan trek gou aan, dit word laat.

    Dankie my kind, daar gaan juis uitgehang word vanaand. Ons klomp pikkewyne sal maar die duur motors oppas en wag om deure vir Mevrou die Eerste Minister oop te hou, ná die groot fees! Koos geniet elke oomblik daarvan om chauffeur te speel vir vooraanstaande mense. Hy ken elke Kabinetsminister en kan staaltjies vertel wat mense sal verstom. Maar hy is professioneel en swyg oor die manewales van die hooggeplaastes.

    Koos se yl grys hare en mooi blou oë pas verleen waardig-heid aan die deftige swart pak, as hy kiertsregop aanstap na die deftige motor. Janetta is baie trots op haar aantreklike Pa en stap saam met hom tot by die hekkie. Sy staar die motor agterna en laat haar oe oor die straat gaan waarin hulle bly.

    Hierdie is Salvokop! Die agtergeblewe buurt, byna in die armholte van die stad. Tyd het hier stil gaan staan. Die meeste huise is skakelhuise, wat twee-twee aanmekaargeheg is soos Siamese tweelinge. Almal lyk presies eenders. Rooi sinkdakke, klein vensters en rooi stoepe. ʼn Muur wat vanuit die voortuin tot by die dak reik, skei twee eiendomme van mekaar. Die draadheinings wat voor om die huise loop is meestal slap en verweerd. Presies eenderse skewe hekkies, wat aan ewe skewe hekpale hang, gee toegang tot ewe verweerde paadjes wat na die voorstoepe lei. Posseël grootte grasperke omring met uitgegroeide roosbome, probeer die tuintjies verfraai. In die agterplase, ook rug aan rug, is die buite toilette of liewer die kleinhuisies. Langs die kleinhuisie le hope swart steenkool vir die koolstowe. Nie een verskil van die ander een nie.

    In die grondpad loop henne met hulle kuikens in die pad, maar donker-word tyd weet elke hen waar haar blyplek is. Die skool is teen die bult gebou en kaalvoet kindertjies stap daagliks met die rooi grondpad skool toe, vry en sorgeloos. By Salvokop stap ontwikkeling met ʼn ompad verby.

    Sy maak die hekkie toe en stap vinnig terug kombuis toe. Sy ruim vinnig op, sodat sy met haar skoolwerk kan begin.

    Nog net drie weke, sing sy opgewek en draai op die punt van haar tone rond, "dan is die eksamen verby en is sy klaar met skool. Sy het altyd hard gewerk en sy is beloon met ʼn uitmuntende studiebeurs. Sy is reeds ingeskryf by die Akademie vir kuns en musiek en sy gaan uit die huis studeer, sy wil net hier by Pappa bly.

    Tyd vlieg en die laaste dag van die eksamen is verby.

    Volgende week is dit die Minister van Landbou se onthaal, nè Netta? Dit is mos nog reg dat jy en Tannie Antje my by die onthaal ontmoet nè?

    Dis die eerste keer wat Janetta saamgaan en sy is kinderlik opgewonde. Koos is trots om albei die dames in sy lewe saam met hom te neem.

    Pa en dogter was saam skottelgoed, ‘n takie wat hulle baie geniet. Janetta weet dat hierdie onthaal die een sosiale byeenkoms is wat al die motor bestuurders bywoon. Dit tel as hulle jaarlikse afskeid funksie.

    Jy gaan die mooiste vrou wees, al is dit aan jou Pa se arm!

    Haai nee Paps wat van Tannie Antje? sy koets as hy speels na haar raps met die vadoek se punt. Sy gooi haar arms om sy nek en tol saam met hom terwyl sy sê:

    Dankie vir my lieflike tabberd Pappa, ek is seker dit is nog mooier as my matriekafskeid rok. Sy skud haar roesrooi krulle oor haar skouers en flirt verspot met haar Pa. Haar grasgroen oë skitter en ʼn glimlag wys diep kuiltjies in haar wange. Koos staar weer na hierdie beeldskone meisie. Sy lyk nes haar oorlede moeder en vir ʼn oomblik wens hy met sy hele hart dat Doreen haar kon sien.

    Koos is reeds weg om die minister en sy gade te gaan oplaai. Janetta maak haar gewone verspotte passie voor die spieël. Al moet sy dit self sê, die smaraggroen rok maak haar oë nog groener en haar rooi krulle skitter in die lamplig. Sy gryp die motor sleutels as sy Tannie Antje so motortjie sien stilhou.

    Aitsa maar kyk hoe pragtig lyk sy? sê Antje waarderend as Janetta na haar toe aanstap. Die ouer vrou is slank en grys hare is in ʼn sagte rol vasgemaak. Haar duifgrys lang rok laat haar statig lyk.

    Dankie Tannie en jy lyk mooi genoeg vir ‘n prins. Sy sien die vinnige sluier oor Antjie se mooi ligblou oë. Vinnig herstel sy die fout en sê sy:

    Kom Tannie ons moet ry Pappa wag seker al baie ongeduldig. Vanaand neem ek vir die eerste keer my liefste Tannie self tot by die stadsaal. Dis nou net om te spog met my nuwe lisensie.

    Gou is hulle op pad na die imposante groot stadsaal in die stad. Honderde liggies verlig die torings bo-op die dak. Potte en potte helder gekleurde blomme verfraai die ingang na die saal. Hulle sit in die motor en wag dat Koos hulle kom haal. Hy fluit gemaak n wolwefluit en hoflik bied hy sy arms vir albei dames aan. Trots stap hy die trappies op en wag dat hulle plekke aangewys word.

    Die vrouens wedywer met mekaar om as die besgeklede dame aangewys te word. Janetta giggel as hulle haar aan ʼn klomp poue laat dink, en trek vinnig ʼn streng gesig as sy haar Pa se groot oë sien.

    Die gewone toesprake, heildronke, gelukwensinge en prysuitdelings en wat nog alles hou vir ewig aan. Janetta wou net weer wegraak in haar gedagtes toe die voorsitter die aankondiging maak wat haar laat regop sit. By die Kersete, wat ook in die banketsaal gehou gaan word gaan hierdie jaar ʼn redelik onbekende teenoor uit Italië kom optree. Sy spits haar ore en dan vang sy die naam Mario Minette! Dit kan nie waar wees nie? Hy is nie ʼn bekende naam nie maar hy is ʼn opkomende jong tenoor. Sy sug diep en droomverlore wens sy om hom te sien optree.

    Gedurende die maaltyd vra sy vir Koos: Pa, die Mario Minette, ken Pa hom?

    Nee my kind nog nooit van hom gehoor nie, hoekom vra jy?

    Ons het oor hom gepraat by die balletskool. Hy is blykbaar, alhoewel nog onbekend, baie in aanvraag by formele funksies. Hy het n paar dae gelede in die Kaap aangekom.

    Koos dink ʼn oomblik na en vra dan: Jy lyk baie opgewonde my kind, dink jy hy is goed?

    "Pappa hy is absoluut briljant! Hoe wens ek ek kan hom sien! Ons kan nie dalk die Kerspartytjie bywoon nie?’ Hierdie dogter van hom draai hom netjies om haar klein pinkie. Hy moet tog maar ʼn paar toutjies probeer trek.

    Dis bietjie onmoontlik, maar kom ons kyk wat gebeur,

    As ek net kan uitvind wanneer hy in Pretoria aankom. Hy sal seker van die Kaap af vlieg.

    "Ek sal jou sê as ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1