1995
“Sanna! Sanna!” roep Ma. Sy is besig om buite op die sandvlak tussen die houthoop en bossieskerm in ’n groot swartpot seep te kook.
“Ja, Ma? Ek kom!”
Ek trek vinnig my rok aan en loop uit.
“Môre, Ma. En as Ma so dringend roep?”
“Ja, môre, kind. Jy moet gou vir Pa en Gert kos wegbring veld toe. Ek draai bietjie vas vanoggend, dis al amper agtuur.”
Sy hou vir ’n oomblik op met roer in die seeppot en kyk stip na my. “Hoe slaap jy dan so laat? Is als reg? Die res van ons is al voor vyf op. Pa en Gert is lankal weg veld toe.”
“Ek was net moeg, Ma. Van al die vuurmaakhout aandra vir Ma se seep!” Ek wys na die kaal kol waar die hoop gisteraand nog gelê het. “Ma het ook nie met die hout gespeel nie. Waar’s die kosmandjie? Ek sal sommer nou loop.”
“Dankie, Sanna.” Sy druk die rietmandjie
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days