Hier kom iemand, Ouma! Hier kom iemand!” Holderstebolder nael ons na die opstal se kombuis, waar Ouma besig is om beskuit te bak.
“Wat is dit, kinders?”
“Daar’s . . . daar’s . . .” hyg ek uitasem.
“ ’n Besoeker, Ouma,” maak Andries my sin klaar.
“Ek wonder wie dit kan wees?” sê Ouma, meer vir haarself as vir ons. “Dankie tog die beskuit is amper reg.”
Kort voor lank besef ons dat Ouma nie die geheim van die onbekende besoeker gaan oplos nie. Andries hardloop by die kombuis uit en gaan staan op die miershoop anderkant die klompie bloekombome.
Hy trek sy oë op skrefies om beter te kan sien. “Hy ry op ’n swart perd!” roep hy. “Dit help niks,” sê Ouma.
Hy spring van die miershoop af en laat spat in die rigting van die waenhuis. Ek volg