Weg! Platteland

Gesigte van die agterpad

Daar’s reën in die Karoo…

Dit is ’n koue, nat Augustusoggend tussen Beaufort-Wes en Fraserburg. Voor in die grondpad staan ’n ligblou lorrietjie. Op die tweevlaklaaibak is ’n klomp jong merino’s, en aan die kant van die laaibak hang ’n ouerige man. Ek hou stil, vra of ek kan help. Sy bruin weermagjas lyk nat en hierdie stuk Karoo is nog skoon van selfoonsein. Alles reg, alles reg, sê hy daar uit die fyn reën. Ek staan rond, want die lammers se nat wol en die Karoo se nat bossies laat voel my binnekant vars en anders.

“Piet le Roux.” Die oom se hand voel skurf, soos die aarde. “Dankie vir die lekker reën wat jy gebring het. Gee jy om as ek my pyp opsteek?”

Die rook klou vas aan die nat wol, die veld, oom Piet se nat weermagjas en laat my vergeet van die kere wat ek langs die pad gestop het en mense nie dankie gesê het nie.

My vrou weet al: As ons van Bloemfontein af see toe ry, kan dit enigiets van twee tot vyf dae vat om daar uit te kom. Dit is my skuld: Ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland6 min read
Ons. Gaan Tuin Toe
Die wêreld is gaande oor Suid-Afrika se unieke fynbos: Net in Oktober 2023 is meer as 1000t – dit is 1 miljoen kilogram – van dié endemiese blomme uitgevoer. “Dit is die meeste fynbos wat Suid-Afrika nóg in een maand uitgevoer het,” sê Karien Bezuide

Related