Weg!

DIE KAROO KOM LÊ IN JOU HART

oe verduidelik jy die Karoo H aan mense wat dit nie ken nie? Die Karoo lê wýd. Die streek trek net anderkant die see weg en loop tot teenaan die Kalahari se duine, die Vrystaat se rooigras en ampertjies tot by die Drakensberg. Sal hulle glo daar is netjiese agterpaaie, berge en riviere as dit reën soos dit moet? Sal hulle verstaan dat die droë bossieveld gesond is vir skaap en mens? En dat jy in die Karooskemer kan hoor hoe die aarde, diere en planete gesels oor die dag wat verby is?

Die ses motorfietsryers wat vanmiddag op Carnarvon bymekaargekom het vir ’n vyf dae lange toer saam met my, ken nie een die Karoo nie. Alwyn van den Heever (van Nigel), Arie Lubbe (van Kathu), William Turner (van Bellville), Pieter Steinmann (van Centurion), Jacques Jacobs en Nic Grobler (van Krugersdorp) ry saam. Justus Visagie, en Jacques se vrou, Villene, volg met ’n bakkie en sleepwa.

Ons vertrek môre op ’n grondpadtoer oor ses bergpasse deur die Bo-Karoo. Ons ry ook op tweespoorpaaie wat dowwe lyne deur stil ooptes sny. Die toer begin en eindig op Carnarvon. Tussenin lê Loxton, Beaufort-Wes, Merweville, Sutherland, die Tankwa-Karoo, Middelpos en Williston.

Iewers op een van dié paaie gaan die Karoo ’n lêplek in hulle harte kry. Dís vir seker.

weg uit Carnarvon. Steenbokkies en springbokke draf op die vlaktes om ons. Die kronkels van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg2 min read
Kortliks
Jou Suid-Afrikaanse paspoort – met die gepaste bynaam “Groen Mamba”– mag jou dalk nie ver bring in plekke soos Europa en Noord-Amerika nie, maar daar is steeds lande waarheen Suid-Afrikaners sonder ’n visum én met ’n taamlike gunstige wisselkoers kan
Weg2 min read
Taai Gebore… En So Gelaat Staan
Die eerste Cruiser 70 het sy verskyning in 1984 gemaak, min of meer dieselfde tyd as die fliek Back to the Future. Klim jy agter die stuur van enige 70-Reeks, voel dit inderdaad asof jy na die 1980’s teruggevoer word. Die handvatsels, sitplekke en de

Related