Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sabbatsbriewe
Sabbatsbriewe
Sabbatsbriewe
Ebook186 pages2 hours

Sabbatsbriewe

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sabbatbriewe is die kroniek van ʼn sabbatstyd van nege maande in ʼn uitgestrekte, bekoorlike wêreld met sy unieke mense en diere wat die Smitte onverwags ontdek. Gereelde e-posse aan vriende en familie, breek vir die leser ook hierdie wonderwêreld oop. Beleef die verrassende verdieping wat posvat terwyl hulle, gestroop van luuksheid, dit waag op ʼn pad wat min mense kans sien of geleentheid het om aan te pak.

LanguageAfrikaans
PublisherCorvus
Release dateJan 30, 2023
ISBN9798215813683
Sabbatsbriewe

Related to Sabbatsbriewe

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sabbatsbriewe

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sabbatsbriewe - Leonette Smit

    Nuanses

    Laaste skof

    Noenieput

    Totsiens

    1. Ons is hier!

    5 Mei 2012

    Liewe Familie en Vriende,

    Ons is uiteindelik hier op Swartpan waar ons die eerste skof van ons sabbatstyd gaan deurbring. Na twee dae op die pad, met twee swaels as metgeselle, is ons veilig hier in die Kalahari. Swartpan is omtrent 146km noord van Upington, op die pad na Askham en die Kgalagadi.

    Die hoofstuk, na maande se voorbereiding, van opruiming aan ons deel van die huis, wegdoen met onnodig opgegaarde goed, aanry van bêregoed na die stoorplek en Elza se goed terugtrek huis toe, is nou afgesluit. Nou moet die twee dogters verder self herorganiseer aan wat oorbly in die huis. Ons bid vir hulle veiligheid en dat hulle saamwoon in een huis na al die jare vir albei van hulle ’n positiewe ervaring sal wees. Dit was Elza se voorstel om haar blyplek in Johannesburg op te gee om saam met Karien die fort vir ons te hou in Pretoria. Sy sien kans vir die besige pad werk toe van Lyttelton na Bryanston donker soggens.

    Met ’n sleepwa volgelaai met klere vir al die moontlike seisoene wat vir ons voorlê (net die nodigste, bygesê), ’n biblioteek om deur te werk, al ons Bybels en naslaanmateriaal vir Bybelstudie, my naaimasjiene, bokse en bokse vol lap en onafgehandelde naaldwerk, al my kleigoed om dalk potte te maak (weet nie waar ek dit gaan bak nie), al Johan se gereedskap om dinge mee reg te maak, die hele versameling WEG-tydskrifte, my skootrekenaar, Johan se geweer, al die kinders se foto’s en briefies en prentjies van al die jare om ’n plakboek van te maak en nog ’n boks vol proviand (beskuit, kruie en speserye, en kruideniersware vir die eerste paar weke) is ons toegerus vir die onbepaalde tyd wat voor ons lê.

    Nico en Manda wag vir ons in Upington, by hulle dorpshuis, waar ons saam met hulle oornag. Daar vind eers ’n doopplegtigheid van hulle peetkind die volgende dag plaas. Manda se voorbereidings is in plek vir die geselligheid saam met die familie na afloop van die plegtigheid – pienk kolwyntjies, ballonne, bepêrelde rosies, fynste teestel, keurige eetgoedjies – alles uiters fraai en feestelik uitgepak.

    Die twee swaeltjies, wil ek net eers vertel, is deur Karien gerehabi-liteer nadat hulle as babas, met nes en al, grond toe getuimel het. Nou is hulle groot, die punte van die vlerkies oorkruis al en hulle is gereed om vrygelaat te word. Pretoria is egter alreeds te koud daarvoor – dáár het die swaels alreeds noordwaarts vertrek. Die tweetjies reis saam met ons. Oornag gisteraand saam met ons by ouma Chrissie in die aftree-oord in Potchefstroom.

    Op pad Kalahari toe, hou ons elke twee uur stil sodat hulle eers gevoer kon word – twee of drie katkoskorrels, geweek in een of ander vitamienwater. Toegedien met ’n tangetjie.

    Ons moes die vrylating in Upington gaan behartig. Slegs, volgens Karien se opdragte, as daar nog ander swaels te siene is in die dorp. Ek was lanklaas so bly om swaels op te merk! Die hele dorpsgebied swerm van swaels, waar hulle onder die dakkappe van hoë geboue hulle nessies het. Wat sou my lot tog nie met die twee gewees het nie as Upington se swaels reeds na warmer lande vertrek het. Dít terwyl dit winter is in die Kalahari.

    Totdat ons die vrylating kan behartig, bly die twee swaels in ons slaapkamer. Heen en weer vlieg hulle in die kamer rond agter ’n toe deur. Met voedingstye steeds klokslag elke twee-uur.

    Die vrylatingsproses word ’n belewenis. Karien se opdrag, dat ons ’n hoogtetjie moet soek vanwaar hulle op die wind die lug kan invaar, word noukeurig gevolg. Ek klim bo-op ’n braaikonstruksie op die enigste hoogtetjie in die dorp. Op elke handpalm hou ek ’n swael uit. Daar gaan hulle – hulle eerste maagdevlug die vryheid in. Al hoër en hoër sirkel hulle. Wyer en wyer die bloute in. Deurentyd tjirp hulle vir mekaar, totdat hulle net twee klein stippeltjies in die hemel is. Geluk, Karien, nog ’n suksesstorie vir jou. Hulle sê een swaeltjie maak nie die somer nie. Laat ek julle egter vertel; twee swaels maak my dag, my hele toer tot dusver. Die ekstase om só ’n einde aan drie maande se nougesette rehabilitasie te kon aanskou! As ek dink hoe knorrig ek was oor al die ure en ure se toegewyde versorging van Karien se kant af. Hoe vies ek later van tyd was toe die twee swaels nie meer in die mandjie wou bly nie. As ek haar kamerdeur oopmaak, sweef die tweetjies vreedsaam in haar kamer rond – van die boekrak tot die gordynkap. Met die gordyne pal toegetrek, sodat hulle hulself nie te pletter moes vlieg teen die ruite nie, en my beswaar teen al die tjorts-strepe teen die boekrak, boeke en gordyne! Nou kan ek vir haar laat weet dat al haar toewyding nie verniet was nie.

    Ons land veilig aan op Swartpan. Die manne vertrek Askham toe om die volk te gaan oplaai. Ek en Manda is met ’n bottel wyn kopdam toe om die volmaan te gaan inwag.

    Wat ’n maan! Die grootste maan wat ek nóg gesien het. In my ganse lewe sal die maan nooit weer so naby aan die aarde opkom nie. My driepoot is ’n ou buiteband wat byderhand lê. Opgebruikte buitebande word hier gebruik om keerwalle te gooi sodat die wind nie die sand wegkalwe nie.

    Later, toe die manne van Askham af teruggekeer, gooi Nico lekker plaaswors op die kole wat ons saam met N’Abbas eet – nog ’n eerste vir ons.

    Die stilte en die grootsheid hier op Swartpan is verbluffend vir onse stadsmense. Die oop, skoon naghemel, besaai met die helderste sterre, die stilte, die vars lug, die skoon water, die stilte, die lekker skaapvleis, die stikdonker nagte, die stilte, die rooibruin duine, oortrek van welige boesmangras is alles verruklik.

    Smiddae teen sononder stap ek om die soutpan. Dis net ’n plat stuk uitgestrekte aarde. Dit neem my omtrent ’n uur om reg rondom die sout-pan te stap. Ek skat dit is so 5 km. Dan verkyk ek my aan die springbokke wat ook oor die pan loop, die bakoorjakkalsies wat vir my weghardloop, die elsie met sy wipsnaweltjie wat op sy eie weerkaatsing staan in die soutpan, die duisende spoortjies in die sand – sjongololo, skerpioene, toktokkies. Daar is selfs tekens van vars gate wat ’n erdvark gegrawe het. Sy voetspoor lê mooi eweredig langs die sleepsel van sy stert, afgeëts in die sand. Ek verlustig my in die allermooiste musiek wat die kelkiewyne maak as hulle in swerms op die pan kom land en opstyg. Die soutpan lyk soos ’n verlate maanlandskap, maar daar is tog so baie lewe. Sover as wat ek stap, is daar rede om die Here te loof. Dan praat ek sommer kliphard met Hom oor elkeen van julle.

    Alles is nog baie nuut hier. Ons twee leer baie vinnig aan alles wat ons moet oorneem en vir die De Wets moet behartig vir die volgende drie maande. Teen Vrydag, wanneer hulle Kaap toe vertrek vir hulle vlug Turkye toe, moet ons kan oorneem en aangaan. Dit lyk gelukkig na ’n aangename uitdaging en ek en Johan sien kans daarvoor. Ons gaan ’n opwindende tyd in ons lewe tegemoet.

    Ons deel graag al ons belewenisse vorentoe met julle.

    Tot volgende keer dan.

    Johan en Leonette.

    2. Plaasbestuurders in wording

    8 Mei 2012

    Aan almal op ons adreslys,

    Dit gaan baie goed met ons twee oues. Ons is met spoed besig om te leer hoe om Swartpan te bestuur as die De Wets eers vertrek het. Bedags vang Johan saam met Nico skaap uit in die voerkraal om te weeg vir bemarking. Môre gaan hulle Askham se veiling toe.

    Ek en Manda doen die gewone huisdinge. Sy leer my hoe haar stofsuier en haar wasmasjien werk. Wat waar in die vrieskas gevind kan word. Waar die linne en handdoeke gebêre word. Hoe die winkel se inskrywings werk. Hoe die kragaankope van die plaasarbeiders behartig moet word. Hoe hulle werksure daagliks aangeteken moet word. Hoe hulle lone bereken word en hoe dit aan hulle uitbetaal moet word elke tweede Vrydag as hulle vir die naweek dorp toe gaan. Hoe om boek te hou van aankope vir die winkel. Hoe om verslag te hou van gebeure, reënval, veegeboortes, besoeke, insidente – dit is soos ’n plaasjoernaal.

    Twee reusagtige sonpanele, so groot soos waenhuisdeure, wek bedags sonkrag op. Mens moet hulle ’n paar keer per dag na die son se gesig loop draai. In ’n ellelange batterystelsel word hierdie sonkrag gestoor. Daar word slegs na Eskomkrag oorgeskakel as die sonkrag nie voldoende gelaai het die dag nie (gewoonlik op ’n bewolkte of reënerige dag). Die geyser word net ongeveer ’n uur per dag in die namiddag aangeskakel, wanneer niks anders werk nie, anders skop die krag uit.

    Terwyl Manda ʼn maaltyd prakseer, maak ek haar stapskoene waarvan die stiksels al begin losgaan met my leertoerusting reg vir die toer wat voorlê. Later takel ons vyf kilogram N’Abbas. Dit moet onder lopende water gewas word om van al die sandkorrels ontslae te raak. Dan word dit soos sampioene opgesny en liggies gebraai. Daar lê nou ’n hele paar pakkies gereed vir gebruik in die vrieskas.

    Manda se boerbokke moet enige oomblik begin lam. Die gemsbokke het dieper die duine in beweeg, wat beteken dat hulle ook gekalf het en die kallers toelaat om eers sterk te word. Hier is ’n troppie van elf springbokke wat elke oggend op die soutpan staan en wei voordat hulle die duine vat. Ek wonder, lek hulle dalk sout? Verder is die skape verspreid oor die plaas in verskillende kampe. Die boere in hierdie geweste boer met Dorpers en Meat Masters.

    Die lewe hier tussen die duine is radikaal anders as die stadslewe waaraan ons gewoond is. Ons woon hier nie in ’n tronk, omring met diefwering en traliehekke nie. My eerste gewaarwording is dat die uitgestrekte stilte jou uitnooi om jou binnekant oop te gooi daarvoor. Dis geensins vir ons bedreigend nie. Mens voel eintlik dat die sewe-uur nuusbulletins jou beroof van innerlike stilte – amper asof jy nie meer nodig het om te weet wat daar buite aangaan nie. Dis soos om die weelde van water te ervaar wanneer jy baie dors is – mens soek dan mos niks anders as nét water nie. Ek kan jaloers raak op hierdie intense stilte. Op niks anders wat aanspraak maak op jou binnekant as die Vader se stil stem nie. Mens raak skielik weer intens bewus van God se grootheid. Wie kan dan na die uitspansel staar sonder om in verwondering te gaan oor die Skepper daarvan? Wie kan na hierdie dorre aarde kyk en nie waardering kry vir alles wat geskape is om te kan oorleef met min water en in uiterste klimaatstoestande nie? Wie kan onaangeraak duin op en duin af stap en nie bewus raak van die soom van sy kleed wat op hierdie aardse voetbank lê nie?

    Daar is te veel stemme wat meeding om aandag in die stad. Daar word dit moeilik om onverdeeld te fokus op God. Jy jaag deur jou oggendstilte, sus jou gewete dat jy tyd met Hom spandeer het, spoed na die volgende verpligting, prop jou besoedelde sintuie vol gewaar-wordings wat as nuuswaardighede aan jou opgedis word, spandeer die minimum tyd saam met jou geliefdes, wedywer om te beleef wat op die jongste sosiale kalender uitgeblaker word, spandeer baie meer aan onnodige dinge, net omdat dit binne bereik is en met soveel verleidelikheid aan jou opgedis word. Die lewe het ’n malle gejaag geword waarin mens so maklik opgesuig kan word onder die dekmantel van ontwikkeling en gekultiveerdheid.

    Ek skop my skoene uit. Ek herlaai myself met goeie energie. Ek bêre my grimering. Ek maak kontak met die aarde. Ek skaal af. Ek kom tot stilstand. En ek is versot daarop. Wat ’n weelde! Wat ’n voorreg! Hoe gaan ek ooit weer in die stad aanpas?

    Wederom,

    Johan en Leonette.

    3. Plaaslewe

    14 Mei 2012

    Geliefdes daar ver,

    Wat ’n oorname! Om alles, wat in ’n paar dae oorgedra is, noukeurig in te neem, het baie gevra vir hierdie twee gryskoppe. Toe Nico se bakkie se rooi agterligte ’n paar dae gelede dou voor dag oor die laaste duin verdwyn, besef ons dis nou ons verantwoordelikheid om vir die volgende drie maande Swartpan op sy voete te hou.

    Voortaan behartig ons als; bankstate, lone vir

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1