Weg!

Onthou jy daai somer…

’n Tradisie vir elke smaak

As ek aan Desember dink, sien ek die steil Piekenierskloofpas op pad na Citrusdal voor my geestesoog. Dís waar die familieplaas is en waar ons gesin dikwels vir ’n naweek kom uitspan – maar vir my is dit bowenal ’n Krismisplek.

Elke jaar het ons gesin dieselfde gesprek ’n paar weke voor Kersfees: Hoe lyk die weer op Citrusdal? As die kwik bo 42°C draai, moet ons elders gaan vakansie hou.

Maar niks voel vir my so reg soos ’n Citrusdal-Kersfees nie: Die fel somerson wat op die rye lemoen- en nartjiebome skyn, die blare onnatuurlik groen, en die oranje tapyte op die landskap waar perskes en appelkose uitgedroog word.

My ma het twee broers en drie susters, en

álmal se gesinne is hier vir die Feestyd. Die plaas behoort aan my ooms, maar daar is ’n huis wat spesifiek vir die uitgebreide familie gebou is, met ’n kamer vir elke suster se gesin.

Wanneer ons opdaag, groet die familie van die stoep af, die meeste reeds met ’n bier of glas wyn in die hand.’n Tros kinders hol jillend verby om die koppie agter die huis uit te klouter – ’n moeë ouer draf agterna om ’n oog oor die kleinstes te hou.

’n Paar van ons word ingespan om versierings op te hang. ’n Tradisionele Kersboom sal mettertyd verskyn, maar intussen versier ons ook ’n groot boomtak wat in ’n blik staangemaak is. Dié Kerstak word nooit weggebêre nie. Nee, die versierings word (dalk) afgehaal, maar die tak bly net daar. Tot volgende jaar.

Op Kersdag bars ’n uitbundige harlaboerla los. Kinders hardloop met hulle nuwe speelgoed om die bene van grootmense wat verwoed kosmaak in ’n beknopte kombuis – daar is altyd hopeloos te veel kos vir die dag. Tradisionele geregte soos hoenderpastei en lamsboud ding mee met gebakte eiervrug of dalk ’n Griekse gereg soos spanakopita vir spasie op die tafel – daar is nie juis ’n tema vir die spyskaart nie. Almal maak waarvoor hulle lus is, en álmal hou van kosmaak.

Ná ete word die opblaasswembad volgetap en maak ons beurte om te dobber – ’n stukkie fynbos kielie dalk jou voet waar dit oor die rand van die swembad hang en die reuk van poeding wat amper gereed is, vul die lug.

Ná ’n middagslapie sal my pa hom tuismaak op die stoep met sy kitaar, gereed om tot laataand liedjies te speel (“Stille nag” word dalk afgewissel met “Hotel California”).

Dié warboel van Kerstradisies is net so uiteenlopend soos die talle kleurryke persoonlikhede in ons familie. En daar’s altyd nóg iemand in die stamboom wat dalk dié jaar kom kyk wat op die plaas skud.

Maar dis mos ook

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg9 min read
Die Wildekus Se Wildste
Die Wildekus se naam vertel jou alles wat jy moet weet: Dis afgeleë, onderontwikkel en deurspek met egte wilde plekke. En Pondoland, tussen die Mthatha- en Mtamvunarivier waar die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal bladskud, is nog die heel “wildste” deel. Hi
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid

Related