Weg!

Ruimtereis

Ek is een van die bevoorregtes. In 1977 word ek op die Karoo-dorp Cradock gebore. Die Karoo was nog altyd vir my die mooiste plek op aarde, want ek verstaan iets omtrent sy plante, diere en landskappe. Ek kan ’n dassie doer ver op ’n klip eien. Die fatsoen van ’n witgatboom is my welbekende vriend.

Op hierdie reis besoek ek ou plekke én nuwe plekke. Ek ontmoet mense vir die eerste keer, en ander vir die hoeveelste keer. Party het ek reeds as jong mens ontmoet en ander, wel, sommer op Facebook. Wat ek en dié mense gemeen het, is dat ons die Karoo se ruimtes lief het.

Die Karoo is ’n ander plek sedert my kinderdae. Grondeienaars dink anders oor wat jy op ’n plaas kan doen. Party boer organies, ander op groot skaal, en ander “boer” met toeriste. Hier is deesdae meer wildheinings en oral in die ooste van die Karoo hol bosvelddiere soos vlakvarke rond. Van die dorpe is meer gehawend as 30 jaar gelede terwyl ander – soos Prins Albert, Graaff-Reinet, Loxton en Merweville – cool geword het met die invloei van stedelinge wat huise koop, regmaak en intrek.

Maar moenie dink dat net omdat ’n Karoo-dorp deesdae ’n oulike koffiewinkel het, dit maklik is om ’n bestaan hier te voer nie. Net so moeilik as wat dit vir die skaapboer is om jaar op jaar sy skeerhuis vol bale te kry, net so taai is dit vir die dorpsmense om ’n bestaan te maak. Niks is hier gewaarborg nie. Net dit: Die son kom môre op.

Hanover

Dis goed die son kom elke oggend op, want PC Ferreira, die eienaar van die New Holme Nature Lodge, het pas die ganse gasteplaas op sonkrag gesit. Dit is nie die eerste keer wat PC iets groots aanpak nie. Nee, wat, daai keer toe hy seekoeie na die Karoo teruggebring het, was heel moontlik meer stresvol.

Die New Holme Nature Lodge lê gerieflik na aan die N1 net noordoos van Hanover. Indien jy van Bloemfontein of Johannesburg se kant af kom, is dit ’n goeie plek om jou Karoo-toer te begin. Met

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu

Related