Met’nbloekom ‘flirt’ekgraag
Terwyl ek haastig na die till beweeg en my oë ouder gewoonte oor die tydskrifrak gly, trek die woord“Bloe-koms” my aandag. Daar steek ek vas, want ek en bome – en vernaamlik die knalrooi blomme van die Corymbia ficifolia-bloekoms (foto regs bo) – het ’n liefdesverhou-ding. Selfs met die ander flirt ek onbetaamlik.
Dit was nou die eerste keer dat ek julle tydskrif koop, en ek kon nie wag om Dave Pepler se stuk oor bloekoms te lees nie. Terwyl ek lees, hoor ek eintlik sy rustige stem… hy vertel van al die dinge waaroor ek nog altyd stry vir die bloekoms. En ek kry so ’n kondensmelk-lekkerkry, want hier is nou iemand wat feite voorlê. Nou sal die woord dalk versprei dat bloekoms nie Franken-steinagtig is en water opsuip nie. Die arme goed het tot nou toe gesukkel vir hulle bestaan daar waar ’n boer hulle honderde jare terug in die aarde geplant het op ’n plaas iewers tussen ’n klip en nêrens.
Ek is nogal bang vir enige bos. Dis nou ná Bubbles Schroeder se moord dekades terug in ’n bloekombos waar-oor die grootmense nie voor kinders gepraat het nie. Maar toe bly ons op ’n plaas en die bure se dogter wil van die eucalyptusboom se takke vir ’n rangskikking hê en die enigste een staan in die middel van ’n bloekombos. In daardie jare kon meisie-kinders nog onbekommerd in die veld rondloop. En ons moes gaan pluk. Natuurlik was ek bang, maar die groot, regop, netjiese bome het my bekoor. En dit is waar ek bloekoms leer ken het: in die middel van die bos-veld, omring met doringbome.
Selfs wanneer ek die ou stofie stook met ’n stuk bloe-komhout, dan hoop ek in my binneste hy is aan “natuurlike