Weg! Platteland

Vertelons

wen-brief

Hier skep ons sélf geleenthede

Waar is die platteland? Vir elke leser van hierdie tydskrif is die antwoord op dié vraag ’n ander plek.

Vir my is die platteland daardie plek waar niks eintlik naby is nie. Jy is nie naby ’n stad of groot dorp nie. Jy is nie naby groot winkels of “Woolies Foods” en deli’s nie. Jy is ook nie naby restaurante waaroor resensies gedoen word nie en ook nie naby kitskosplekke nie. Jy is nie naby enige soort teater of vermaaklikheidsplekke nie. Jy is naby niks nie en daarom moet jy vir alles wat jy wil doen, deeglik beplan, begroot en bereid wees om te ry.

Nieuwoudtville is so ’n plek. Ons is nie te ver van Vredendal af nie (70 km) en Kaap toe is net 350 km. Ons het winkels wat in al die basiese behoeftes voorsien: ’n garage, koöperasie, slaghuis en kruidenierswinkel.

Ons ken elke moontlike afleweringsfirma en is meesters daarvan om geleenthede te soek en kry. Vir seker het ons die kuns van vra, pleit, manipuleer en organiseer bemeester om goed van daar ver af by ons afgelewer te kry. Familie, vriende en vriende van vriende help waar hulle kan – met groot waardering van die ontvangers.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland1 min read
Wat Kos Eiendomme?
Oral in Orania word nuwe strate gebou vir verskeie ontwikkelings wat in aantog is. Vir ons lyk dit of die erwe én huise vinnig al hoe kleiner word en die pryse ál stewiger, vernaam vir die platteland. Daar is duidelik genoeg beweging in die mark aang
Weg: Platteland14 min read
Herfsfees Vol Kleur En Geur
In die koswêreld is Errieda du Toit niks minder nie as ’n legende. Saam met wyle Francois Ferreira was sy byna 15 jaar lank die een helfte van die geliefde Huiskok, Glanskok op RSG voordat sy in 2014 op haar eie voortgegaan het met Die kos wat ons ke

Related