Weg! Platteland

Vertelons

LAAT HOOR VAN JULLE!

Skryf vir ons en vertel ons van jou skuif of verlange Plattelandtoe, die karakters op jou dorp, die dinge waaroor jy mal is (of wat jou pla)… Stuur ’n e-pos na

helloplatteland@gmail.com of skryf aan PlattelandVertel ons, Posbus 526, Moorreesburg 7310. Ons gee voorkeur aan briewe van minder as 300 woorde. Onthou om jou voornaam en van te gee en, belangrik, die dorp waar jy woon. Plattelandbehou hom die reg voor om briewe na goeddunke te redigeer en verkort.

wenbrief

Dis die ménse wat ’n dorp maak

Sedert die geboorte van Platteland, soos julle dit stel in die Somer 2019-’20-uitgawe, het ek nog elke liewe uitgawe gekoop en dit is netjies in ’n pakkie, van #1 tot #24 (nou #25), opgestapel in my boekrak.

Na aanleiding van die brief “Waarom die negatiewe dinge?” (#25): Mense wat op klein dorpies bly, dra ’n gevoel in hulle hart saam. Dit is iets wat jy nie kan beskryf nie, en beslis nie iets wat ’n verbyganger sal ervaar nie. Verbygangers kyk, maar sien nie!

Dit is ’n gevoel van lojaliteit en liefde, en dit is juis hoekom die dorpies so diep in jou hart kruip. Al is die strate vol gate. Al is die winkeltjies nie perfek nie. Al is daar soms nie water nie. Al is almal nie soos jy nie.

Hier praat die bure nog oor die draadheining. Hier vind jy rus. Hier vind jy stilte. Hier vind jy vrede. Hier bel ons mekaar teen sononder en spreek af hoe laat ons mekaar gaan kry vir ’n sonsondergang-“cheers”. Hier kan jy twaalfuur in die nag in die einste straat vol gate rondstap sonder om bang te wees. Hier gaan kuier jy tot in die middel van die nag in die plaaslike kroeg en hoor die mooiste, interessantste en opregste stories. In die kroeg word die kitaar uitgehaal en die hele dorp

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland1 min read
Hoe Lyk Dit Met ’n Kaart?
Baie dankie vir julle tydskrif wat so propvol inligting is. Ek is regtig gaande daaroor. Ek het voorheen in Limpopo gewoon en hou daarvan om na interessante plekke toe te reis. Ek sal baie daarvan hou as julle ’n kaart van Suid-Afrika aan die binneka
Weg: Platteland4 min read
My Paadjie Platteland Toe
Ek is maar ’n stadsjapie. My eerste nege lewensjare was in Seepunt, gevolg deur ewe veel tyd in Vrede-hoek, Kaapstad. Dié skuif is het gekom nadat my oupa oorlede is en ons gesin by my ouma ingetrek het. Een van die lekkerste dinge van Vredehoek was

Related