Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

In die buitenste ruimte
In die buitenste ruimte
In die buitenste ruimte
Ebook115 pages35 minutes

In die buitenste ruimte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Eugène Marais-prys (2007), Ingrid Jonker-prys (2007), Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2007).
In die buitenste ruimte handel oor gedigte wat o.a. inspeel op ‘n verblyf in Duitsland en die mooi komiekstrip-buiteblad van Karlien de Villiers vang iets van die vervreemding van die gedigte op. Die titel speel eweneens in op Jacques Derrida, die dekontruksie-filosoof, se siening van teks: dat daar geen buite-teks bestaan nie en elke gedig van Danie Marais praat met ‘n bekende popliedjie, herinnering, liefdesvers, motto sodat die vers inspeel, uitspeel op soveel assosiasies.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateDec 17, 2016
ISBN9780624078210
In die buitenste ruimte
Author

Danie Marais

Danie Marais is op 30 Mei 1971 in Kimberley gebore. In 1993 behaal hy ’n B.Com-graad met regsvakke aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer onderwys aan die Carl von Ossietzky Universität in Oldenburg, Duitsland. Sy eerste digbundel, In die buitenste ruimte (2006), word met die Eugène Marais-, Ingrid Jonker-, en UJ-debuutprys bekroon. Vir sy tweede bundel ontvang hy die SALA-poësieprys. Hy het in 2012 die Media24 Legends-toekenning vir Leefstyljoernalis van die Jaar gekry en was in 2013 die naaswenner in dié kategorie.

Read more from Danie Marais

Related to In die buitenste ruimte

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for In die buitenste ruimte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    In die buitenste ruimte - Danie Marais

    in die buitenste ruimte

    danie marais

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van in die buitenste ruimte mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Vir Jean Jordaan –

    oudste vriend en eerste leser

    You simply go out and shut the door

    without thinking. And when you look back

    at what you’ve done

    it’s too late. If this sounds

    like the story of a life, okay.

    – Raymond Carver, Locking Yourself Out, Then Trying to Get Back In

    Oh, Danton, du hast dich sehr geirrt

    Und mußtest den Irrtum büßen!

    Mitnehmen kann man das Vaterland

    An den Sohlen, an den Füßen.

    Heinrich Heine, Deutschland. Ein Wintermärchen. Caput XIX.

    ’n Pass op ’n pap hart

    Twee Vrydae gelede

    – die eerste keer in ’n lang tyd –

    maak ’n meisie ’n pass op my.

    Veral toe sy hoor

    ek kom van ver vir ’n ander vrou.

    Gesê dis wonderlik,

    jy’t jou hart gevolg.

    O, as iemand so iets vir haar sou doen …

    Gesê sy’s moeg om Sondae in Bremen alleen wakker te word.

    En ek sê ek’s dalk bietjie dronk,

    maar dit werk nie so nie.

    Die hart is ’n erdwurm – jy kan hom nie volg nie,

    jy sny net stukke wurm af,

    aspris of per ongeluk,

    en hulle sukkel blind aan

    in die seesand van kleintyd

    in ander tale, in ouma se Bybel, in jou ma’le se bedkassie,

    in ou girlfriends se foto’s …

    Ek sê: snags as die huise asemophou luister

    hoe die maan ou geheime in kat-ore fluister,

    weet jy die hart se brûe bly onverbrand

    selfs al woon jy ver

    in ’n ander land.

    Up so close

    A writer is essentially a spy,

    a writer is essentially a crook.

    – Anne Sexton, The Black Art

    Nick en ek en ons lewens aan Schmizz se lang bar counter –

    Saterdagaand se Sondagmôre

    lank ná twaalf.

    Nick vertel van hulle huiskoop.

    Hy’s nou diep in die skuld,

    maar Tomas is so mal oor die huis, en die tuin.

    Nick sê hy voel nou erg bourgeois,

    maar hy wil ’n hond ook hê.

    En ek dag, soos mense maar wil kinders hê,

    maar ek sê dit nie.

    Ek sê ek dink hierdie burgerlik of nieburgerlik wees

    is sommer stront.

    Dit sou jammer wees

    as hulle blasé was oor die huis.

    Tomas het grootgeword in ’n hol blok beton in Oos-Berlyn –

    dis great dat hulle nou ’n plek met ’n kaggel en ’n tuin kan bekostig.

    Nick vra of ek nie vroeër vanaand

    bietjie ongeduldig was met my vrou nie –

    die arme ding is immers op krukke.

    Ek sê ja dis seker waar,

    maar dis asof ek so half voel

    dat sy amper aspris gaan val het met haar rollerblades.

    Net sodat ek nou weer alles moet doen,

    terwyl ek ondersteuning wil hê met my tesis.

    Ek’s seker maar nog suur

    oor sy destyds met haar Diplomarbeit nooit rêrig dankie gesê het

    vir al die skottelgoed en inkopies en wasgoed nie.

    Ag, ek weet,

    dis seker kleinlik,

    maar wat weet jy in elk geval van die mense

    wat jou bed en lewe deel?

    Ek sê dis soos daai lekker song van Cake:

    Up so close

    I never get to see your face

    Microscope

    I might as well be out in space

    Ons Irish coffees kom,

    Nick steek ’n sigaret op

    en ek bedel ook een.

    "Wanneer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1