Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
Ebook146 pages4 hours

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het,  soveel in gemeen het. Die ontkoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMar 11, 2022
ISBN9780624091165
Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
Author

Christien Neser

Christien Neser is ’n spraakterapeut van Bryanston, Johannesburg. Sy het haar eerste boek, Kondensmelk (Lapa) in 2009 gepubliseer. Dit was die begin van die gewilde Elle-reeks, waarvan boek 8 in 2017 verskyn het. Nes Nicci, die hoofkarakter in haar boek Pienk is nie vir sissies nie (Tafelberg, 2017) is Christien ook tuis op 'n bergfiets.

Read more from Christien Neser

Related to Mieke 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Mieke 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Mieke 2 - Christien Neser

    9780624089810_FC

    Tafelberg

    Vir Annie Bosman Brink,

    die jagluiperdmeisie

    . 1 .

    Spikkelbabas

    Hei, jy!

    Daar is ’n haastige klop aan haar kamerdeur. Mieke bly doodstil lê. Dis Saterdag. Wat makeer Fen? Wat maak hy so vroeg op Mtwana? As hy geselskap soek, kan hy vir hom ’n blouaap gaan vang en die ding leer skaak speel. Sy wikkel haarself dieper onder die duvet in. Niemand sukkel met haar op ’n Saterdagoggend nie, nie eens haar pa nie.

    Jy beter opstaan!

    Dit klink of hy nou sommer plathand teen die deur slaan. Sy roer nie. Daar is ’n paar tellings se stilte. Dankie tog, hy’t geloop, sug sy en draai op haar maag. Maar dan piep die stram skarniere van haar kamerdeur. Die volgende oomblik kraak sy stewels reg langs haar bed. Sy kan sy asem hoor jaag, hom hard hoor sluk. Fen is brandbors en droëmond gehardloop, besef sy. Het iets hom gejaag? Moet wees, want wraggies, sy kan hom ruik. Ene sweet, nes hulle bedompige graadseweklaskamer ná tweede pouse.

    Gaan weg! Jy’t nog nie vanoggend gestort nie, brom sy toe-oog en frommel haar neus in die kussing. Jy ruik na veld en sweet en …

    Kattepie! Ek was heelnag in die bos om te help katte soek. Kom kyk! hyg hy. Kollekatte!

    Kollekatte? Sy smyt die duvet eenkant en sit regop. As dit jou idee van ’n grap is … Maar op die matjie voor haar bed trap Fenyan Sebueng ’n wilde toi-toi los, sy oë blinkbruin soos afgesuigde lukwartpitte. Sy ken vir Fen haar lewe lank. En in dertien en ’n half jaar het sy hom nog nie so uit sy kassie gesien nie. Hy lig sy knieë tot amper teen sy ken, fluit ritmies tussen sy tande deur en dans deur se kant toe.

    Jagluiperds?

    Maar hy is reeds uit by die deur. Spikkelbabas! roep hy al dansend uit die gang. Drie van hulle. En dan las hy al singend in sy eie taal by: Letotse! Letotse! Letotse!

    Dis jagluiperd in Setswana, weet Mieke maar alte goed.

    Jy’s dood as jy jok! skree sy agter hom aan en pluk haar pajamatop oor haar kop as sy die sifdeur hoor toeklap.

    Sy skarrel vir ’n vars hemp in haar kas, ’n skoon kortbroek, maar deurentyd dawer haar hartklop soos ’n enjin in haar keel. Jagluiperds! Wanneer laas het sy ’n spikkelbaba vasgehou? Baie, baie lank gelede. Elke keer as ’n veldwagter ’n siek of beseerde jagluiperd vind, laat haar pa dadelik sy kollegas in Hoedspruit weet. Dan kom die Jagluiperdstigting binne ure die kat met hul glimmende swart ambulans haal. Wat daardie ouens van jagluiperds weet, is in geen boek opgeskryf nie. Jos Maas sal net ingryp as daar ’n noodgeval is. Wat beteken dat dit vandag sulke tyd is. Lewe of dood. Katjies in die babakamer beteken net één ding: hulle mamma is in lewensgevaar. Sy sluk verby die knop in haar keel en klem haar duime vinnig vas. Asseblief, asseblief, bid sy onsamehangend terwyl sy haar bed regtrek, moenie dat sy doodgaan nie. En asseblief, moenie dat die manne van Hoedspruit hulle kom haal nie – nie dadelik nie, seblief? Gee my net kans om met één van die kleintjies te speel, soos met Kolle?

    Kolle. Dit was die naam van die laaste kollekatjie op Mtwana. Waar sy langs haar bed hurk om haar stewel vas te maak, vang haar oog die groot geraamde portretstudie bo haar bed. Dis die swart-en-wit foto waarmee haar ma wêreldbekend geraak het. Bush Babies, staan daar in haar ma se elegante handskrif onder aan die foto. En dan die fotograaf se naam: Elske Maas. Dis die foto van twee jong diere wat teen die oggendson in die veld wegstap. Die een diertjie is ’n jong jagluiperd, sy maanhaar nog wollerig. Die ander een is ’n mensbaba op pokkelbene, met net ’n paar velskoene aan. Die sonlig maak stralekransies om die jagluiperd se nekhare, net daar waar die mensbaba se hand stewig vasgewoel is. Só het sy geleer loop, het haar pa vertel, altyd met haar handjie in Kolle se maanhaar vasgeklem.

    "Spikkelbabas, sê sy vir haarself en vryf ingedagte oor haar neusbrug vol sonsproetjies. Dís wat die foto se naam moes gewees het."

    Sy klouter bo-op haar bed, bondel haar pajamatop in haar hand en vee die spinnerakke aan die bokant van die fotoraam versigtig weg. Sy gluur op na die donker dieptes van die grasdak bo haar kop. Spinnekophemel, grom sy. Sy weet die langbene eet die goggas in die grasdak, maar moet hulle orals hulle goggablertsies los? Soos op die glas van haar enigste kunswerk? Niks bly ook skoon onder ’n strooidak nie, kla sy hardop, al weet sy dat dit nie sal help nie. Op Mtwana het elke huis ’n grasdak. Die Rondawelrepubliek, soos Sylvie dit spottend noem. Sylvie is haar ma se suster in Nederland, die tannie wat nie so genoem wil word nie. Sy is net Sylvie. Punt. Skuus, Kolle. Ek sal die glas later ordentlik kom was.

    Kolle! Hoe lank leef ’n jagluiperd? wonder sy skielik. Twaalf of dertien jaar, as sy reg onthou. Dan moet Kolle nou al ’n oupakat wees. Sou hy nog gesond en sterk wees, sy eie prooi kan vang in die reservaat waar hy vrygelaat is? Die trane sit skielik dik in haar keel. Sy kan nie onthou toe Kolle weg is nie, want sy was veels te klein. Maar gaan moes hy gaan, want dit is Mtwana se wet: Sodra diere sterk genoeg is, word hulle vrygelaat. Die natuur moet altyd eerste kom, dring haar pa aan. En al huil sy soms woedende trane, kon sy haar pa nog nooit ompraat om ’n dier op die werf te hou nie. Nie ’n bobbejaantjie of ’n vlakvarkie of ’n steenbokkie nie. Al lyk Jos Maas soos ’n groot teddiebeer met sy rooi baard, staan hy onversetlik by sy beleid en ken sy die preek al uit haar kop. Mtwana is ’n rehabilitasiesentrum, nie ’n weeshuis nie, my kind. Ek is ’n veearts, nie ’n dieretuinbaas nie. Punt. Selfde storie, elke keer.

    Kom jy? skree Fen buite haar kamervenster. Die klap teen die ruit kan net ’n harde saaddop van die jakaranda by die agterdeur wees. Kry jou in die babakamer.

    Drie minute! skree Mieke en storm badkamer toe. Sy oorweeg dit om die wasbak ’n blinde oog te gee. Wie wil nou tande borsel as daar kollekatte in die babakamer wag? Maar sy weet sy het nie regtig ’n keuse nie. Met tandepastaskuim om haar mond, bekyk sy haarself in die spieël.

    Wilder as die wildtuin. Sy steek vir haarself tong uit en grou in haar rooibruin boskaas na die rekkie wat haar deurmekaargeslaapte vlegsel bymekaar hou. Sy beter vinnig borsel en netjies vleg, want daar is deesdae ’n hele paar kameras op Mtwana. Een daarvan is in die babakamer. Dis alles deel van Mtwana se splinternuwe baadjie. En daardie baadjie sit nie altyd lekker nie.

    Dis alles die ou spul op Cassidy’s se skuld, besluit sy terwyl sy die rekkie tussen haar tande vasbyt en verbete vleg. As hulle nie die storieboom en die skool wou platstoot nie, sou niks hiervan gebeur het nie. Dan sou geen mens in Nederland en die res van die wêreld van Mtwana geweet het nie. Dan sou toeriste en agies nie dagin en daguit by die hek opgedaag het nie. Dan sou daar nie webkameras die wêreld vol gehang het nie en sou sy kon rondloop soos sy wil. Maar nee, nou moet sy opskrop as sy by die huis uitloop, want oral in die wêreld sit mense na die videobeelde van Mtwana en kyk.

    Mtwana het die top van die treffersparade gemaak, het haar pa nou die dag geknor. Maar dit kom teen ’n prys.

    Een simpel Kerskonsert het net mooi alles verander. Sy smeer ’n dik streep sonblok oor haar neus, want as sy durf vergeet, sit daar vanaand ’n onwelkome plakker. Sy moet net skeef na die son kyk en voilà: ’n nuwe sproet. Met al die media-aandag wat Mtwana sedert die hele storieboomkonsert kry, is daar selfs ’n Nederlandse maatskappy wat haar sonroom wil borg. Haar tannie Sylvie was skoon uit haar vel daaroor. Kusjes van de zon, noem sy Mieke se sproete. Sonsoentjies? Nee. Hulle is lelike sonspikkels wat nooit sal weggaan nie. En die dag dat sy haar sproetgesig laat borg en vir ’n fotograaf paradeer, is die dag dat die sebras hulle strepe vir kolle inruil. Dit het sy haar tannie duidelik laat verstaan. Dat Sylvie en Kanaal Plus se kameras die werf vol hang, is een ding. Maar dis ’n gans ander ding as dit by foto’s van haarself kom. Dié wat haar ma van haar geneem het as klein dogtertjie, swerf steeds die wêreld vol.

    Borgskappe is net moeilikheid soek. Kyk nou maar vir haar pa. Sy droom van ’n eie helikopter word toe sommer oornag waar. Maar in ruil daarvoor moet die kamera saamgaan op elke liewe rit. En die borge se eis is dat die chopper elke keer ’n draai voor die kameras moet maak om hul naam te wys. Jip, daai einste hartseer hondjie wat die borg op hul uithangbord geskilder het, pryk van laas maand af ook lewensgroot op die stert van die helikopter. VetzoSupreme is soos ’n bosluis op ’n buffelpens, kla haar pa. Hulle los net nie. Dis ook hulle wat ’n jong veearts gehuur het om haar pa se regterhand te wees. William Duffy. Nóg ’n nuwe gesig op Mtwana.

    Wat het Ouma Maggi anderdag gesê? Oe-a-ê-ê. Amper verlang ek na die dae toe Brad nog amok gemaak het op Cassidy’s. Nou is daar gedurig oë wat mens beloer. En soos Oupa Bosjan sê, mens kan nie eens meer in vrede in jou neus krap nie. Dis waarom hy sy voete nie bedags by die kliniek sit nie. In sy boomhuis kan hy krap net waar hy wil en aantrek soos hy wil. En daardie vrede, sê hy, kan niemand se miljoene koop nie.

    Jip, Mieke weet wat haar Oupa Bosjan dink. Hy dink dat haar pa Mtwana se siel verkoop het. Maar dan onthou sy van die kollekatjies in die babakamer en sy glimlag breed.

    Reg so, wêreld. Skakel oor na Kanaal Plus. Hier kom Mieke Maas!

    Sy plak haar boshoed op haar kop, gooi die agterdeur oop, gee ’n skitterwit glimlag en laat waai. Sy ril van lekkerkry as haar rooi stewels oor die werf se gruisklippies knars. By die voordeur van die kliniek staan haar pa se bakkie met een wiel sommer bo-oor die randsteen geparkeer. Hondhaastig gewees, kan sy aan die diep spore in die gruis sien. Hy moes hard brieke gegooi het. Maar onder die bakkie is daar ’n beweging: ’n stert wat effens swaai, ’n fyn tjankie. Dis Lucy, die skaaphond wat haar pa soos ’n skuldige gewete agtervolg, getrou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1