Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Anna Atoom en die digitale draak
Anna Atoom en die digitale draak
Anna Atoom en die digitale draak
Ebook216 pages3 hours

Anna Atoom en die digitale draak

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bekend as die Duiwel se Skoorsteen. Dié vulkaanmonding vorm deel van van ’n fyn-uitgewerkte plan om die aarde van oorbevolking te bevry en so die natuurlike balans te herstel: Uranus Draak se finale aanslag. Wenner van die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur 2013. Hierdie reeks is ’n klomp dinge ineengerol: avontuur, wetenskapfiksie, natuurlewe, rekenaars, tegnologie en ruimtefiksie, gesinsdinamika, en ’n sterk “groen” boodskap.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 20, 2012
ISBN9780624054917
Anna Atoom en die digitale draak
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Anna Atoom en die digitale draak

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Anna Atoom en die digitale draak

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Anna Atoom en die digitale draak - Elizabeth Wasserman

    Anna Atoom

    en die

    digitale draak

    Elizabeth Wasserman

    Tafelberg

    Vir Burhinus capensis,

    en al die ander spesies wat hul kleintjies met soveel moeite grootmaak.

    Alfabetiese lys van begrippe

    AardWag – Die weerstasie op MonPetit-eiland, met al sy gesofistikeerde toerusting, word soms die AardWag genoem omdat die aarde se klimaat daar dopgehou word.

    BioTron – ’n Mens of dier wat gedeeltelik ’n robot is, soos Pip, Anna se boetie. Gewoonlik lyk ’n BioTron net soos sy maats, maar het ’n rekenaar vir ’n brein. Sommige spiere en sintuie kan versterk wees met elektronika. Daarom kan ’n BioTron soms verbasende dinge doen, maar dit hang af van watter funksies ingebou is.

    Digitaal – Rekenaars en ander datasisteme verwerk die wêreld in syfers. Klank en liggolwe, byvoorbeeld, is aan­eenlopend, maar om dit na ’n sein om te skakel, kan dit afgebreek en omgesit word in ’n spesifieke waarde, soos ’n syfer. Rekenaars gebruik gewoonlik net die syfer 1 en 0, of ’n ander vorm van ’n ja/nee-boodskap, in oneind­ige kombinasies.

    Gasmasker – ’n Gevorderde filter wat oor jou mond en neus pas om jou teen giftige gasse te beskerm. Die gasmaskers wat die Atoom-familie gebruik, is lig en gemaklik en het ook ’n ingeboude katalisator wat suurstof uit waterdamp kan herwin.

    Hologram – ’n Driedimensionele beeld wat geskep word met ligstrale. Die organisasie waarvoor Anna se ouers werk, gebruik hologram-kommunikasiestelsels. Dit be­teken dat hul lewensgetroue beelde onverwags op ’n ander plek kan verskyn.

    JetKopter – Dit is ’n gevorderde soort vliegtuig waarmee die Atoom-familie reis. Die vlerke kan roteer soos die lemme van ’n helikopter, wat die JetKopter in staat stel om loodreg op te styg en weer te land.

    Kwantumfisika – Dit is die afdeling van die wetenskap waarin die eienskappe van subatomiese deeltjies van materie en energie beskryf word volgens ’n stel matematiese formules. Vir gewone mense klink die beginsels wat dit beskryf ongelooflik vreemd, maar wetenskaplikes gebruik dit om die heelal en alles daarin te verklaar. Kwantumfisika vorm ook die basis van ongelooflike uitvindsels soos atoomenergie en rekenaars met supergeheues.

    MonPetit-eiland – Dit is een van die kleiner bewoonbare eilande in die Seychelle-eilandgroep, net suid van die ewenaar in die Indiese Oseaan. Dit is die tuiste van die merkwaardige Atoom-familie.

    Persoonlike Kommunikeerder – ’n Kompakte kommunikasietoestel wat elke lid van die Atoom-familie aan die arm dra soos ’n polshorlosie. Dit het ’n klein beeldskerm waarop jy die persoon kan sien met wie jy kommunikeer.

    Kunsmatige intelligensie – Masjiene wat slim genoeg is om vir hulself te kan dink. Hulle kan dinge op hul eie doen sonder om bevele van mense te ontvang. Maks, die superrekenaar wat MonPetit-eiland se weerstasie beman, is ’n goeie voorbeeld hiervan. Hy is dolverlief op U6, die rekenaar wat die RuimteArk beheer.

    Molekulêre Verplaser – Hierdie apparaat kan die aantrekkingskrag tussen die molekules in jou liggaam kanselleer. Dan kan jou losgemaakte molekules teen ’n hoë spoed na ’n ander plek verplaas word en daar weer aanmekaargesit word in jou oorspronklike vorm. As dit werk, sal dit ’n fantastiese manier wees om van een plek na ’n ander te reis. Verkeersknope sal iets van die verlede wees! Ongelukkig kon niemand nog ’n Molekulêre Ver­plaser bou wat veilig werk nie.

    Molekulêre Versteller – ’n Instrument wat tydelik die beweging van die molekules in jou liggaam verander. Dit kan gebruik word om sekere siektes te genees, en ook om jou breingolwe en denkpatrone te verander. Admiraal Atoom het dit oorspronklik ontwerp om dit makliker te maak om met gevaarlike diere te werk, aangesien die Versteller hulle heeltemal mak maak – minstens vir ’n tydjie lank.

    Ondergrondse Skandeerder – ’n Instrument wat die samestelling van grondlae en voorwerpe onder die grond ondersoek. Dit werk met klankgolwe, amper soos ’n X-straal van die grond of seebodem.

    Onderwater-verkenner – Die klein duikboot wat die Atoom-familie gebruik om die see te verken. Dit is goed toegerus om verskillende opmetings van die see en die seebodem te doen, en monsters te neem vir verdere ont­leding in die laboratorium op MonPetit.

    RuimteArk – Dit is die ruimtestasie waarin die admiraal bly. Dit dien ook as ’n versamelplek vir alle dierespesies op aarde. ’n Wyfie en ’n mannetjie van elke spesie word daar bewaar ingeval iets rampspoedigs met die aarde sou gebeur.

    Siklotron – Dit is ’n gesofistikeerde apparaat waarmee wetenskaplikes subatomiese partikels tot ’n geweldige hoë spoed kan laat versnel. Dit word gebruik in eksperimente wat ons meer leer oor atome en wat probeer ver­klaar hoe die heelal dalk kon ontstaan het.

    Vlione – Bioniese vuurvliegies propvol tegnologie wat gebou is om die toestande in vulkaniese grotte te monitor. Hulle versend data na die AardWag, en dit help om vulkaniese uitbarstings en aardbewings te voorspel.

    Waterlong – ’n Klein toestel waarmee jy suurstof direk uit die water kan suig, baie soos die kieue van ’n vis. Dit stel jou in staat om so lank as wat jy wil onder die water te swem sonder die lomp suurstofbottels wat duikers gewoonlik gebruik.

    Die karakters in die boek

    anna.jpg

    Anna Atoom

    rule.jpg

    Anna is amper veertien jaar oud. Sy het kort, donker hare wat net nie plat wil lê nie. Sy is mal oor die see en hou seeslakke aan as troeteldiere. Sy het ’n boetie genaamd Pip.

    sabatina.jpg

    Professor Sabatina Atoom

    rule.jpg

    Sy is Anna en Pip se ma. Sy is ’n wetenskaplike wat die weerstasie op MonPetit-eiland monitor. Haar werk hou haar baie besig.

    abraham.jpg

    Admiraal Abraham Atoom

    rule.jpg

    Anna en Pip se pa. ’n Ongeluk vroeër met ’n Molekulêre Verplaser het die aantrekkingskrag tussen die molekules in sy liggaam verbreek. Daarom kan hy nie meer die swaartekrag van die aarde weerstaan nie en moet hy in die ruimte bly.

    pip.jpg

    Pip Atoom

    rule.jpg

    Anna se boetie. Hy is ’n BioTron en dus half mens, half robot. Hy kan wonderlike dinge doen, maar soos die meeste kleinboeties pla hy net meestal vir Anna.

    ton.jpg

    Ton

    rule.jpg

    Hy werk vir die Atoom-familie en kan alles doen. Hy kook, hy neem Anna elke dag met die motorboot na die skool op die groot eiland, en hy bou allerhande slim elektroniese toerusting. Ton is reusagtig groot en baie sterk. Voordat hy by die Atoom-familie gaan werk het, was hy ’n berugte huursoldaat.

    amsterdam.jpg

    Meneer Amsterdam

    rule.jpg

    Die hoof van GROEN (die Geografiese en Ruimtelike Organisasie vir Ekologiese Navorsing), die agentskap waarvoor Anna se ouers werk. Die doel van die organisasie is om die aarde se ekosisteem te help bewaar.

    draak.jpg

    Uranus Draak

    rule.jpg

    Die slimste wetenskaplike in die wêreld. Hy was ’n kollega van Anna se ouers. Sy plan is om die mensemassa op aarde uit te dun sodat die natuur weer kan herstel van al die nadelige effekte wat die moderne beskawing op ons planeet het.

    darius.jpg

    Darius Draak

    rule.jpg

    Uranus Draak se nefie. Hy is op kosskool in Switserland, maar bring nou sy vakansies op MonPetit deur. Hy het rooi hare soos sy oom, en die gewoonte om altyd deuntjies te loop en fluit.

    hannes.jpg

    Hannes Haringblad

    rule.jpg

    ’n Junior navorsingsassistent wat werk by die Atoomversnellingsnavorsingsinstituut in Switserland. Hy droom daar­van om ’n belangrike wetenskaplike ontdekking te doen.

    vesus.jpg

    Vesuvius Valk

    rule.jpg

    Hy kom van Lapland en het beroemd­heid verwerf met sy reeks televisieprogramme oor vulkane.

    migdol.jpg

    Doktor Migdol

    rule.jpg

    Die enigste vroulike wetenskaplike op die direksie van GROEN. Sy dra altyd haar hare in ’n stywe bolla en is toegewyd aan haar taak om klimaatsverandering te keer.

    brik.jpg

    Brik en Frik

    rule.jpg

    Twee doodgewone skelms wat vir Uranus Draak werk. Hulle is sterk en gewetenloos en speel graag kaart.

    In die middel van die nag

    Anna skrik wakker en sit penorent in haar bed.

    Alles is doodstil. Brak sit in die hoek van haar kamer en die liggies agter sy ooglense gloei dofweg. Hy is nog in sy slaapprogram. Hy skakel homself elke oggend klokslag sesuur aan, en dan begin hy dadelik in die kamer rondspring.

    Dit is bykans stikdonker.

    Anna stoot die laken van haar af en swaai haar voete oor die rand van die bed. Iets het haar wakker gemaak, maar alles is nou doodstil afgesien van die see wat sag sug onder in die baai. Sy voel met haar tone na die hout­vloer en leun vorentoe. Sy spits haar ore en onderskei die sagte tjr-tjr van die dakwaaier wat die soel naglug deur haar kamer sirkuleer. ’n Muskiet het haar op haar boarm gebyt en sy krap die jeukplek ingedagte.

    Hoe laat kan dit wees? Die res van die huismense slaap sekerlik vas. So geruisloos as moontlik stap sy na haar venster. Die maan is so donker dat sy die wasige plasma van die ruimte tussen die sterre van die Melkweg kan sien hang.

    Die ruimte is nie leeg nie! het Ton haar vertel. Die spasie tussen die sterre is oorweldigend groot, maar dit is gevul met vrye ione en elektromagnetiese golwe onsigbaar vir die menslike oog. Vir Anna voel die ruimte onbereikbaar ver, en baie leeg. Iewers daar bo wentel haar pa se RuimteArk, gemaak uit dik, halfdeursigtige materiaal wat geen lig weerkaats nie. Onsigbaar.

    Sy wonder wat hy nou doen?

    Dan hoor sy dit weer. Is dít die geluid wat haar wakker gemaak het? Dit is ’n veraf gezoem, soos bye wat druk aan die werk is. Sy stoot die houtluik van haar venster verder oop en gaan sit op die vensterbank voor sy haar bene na buite swaai. Geruisloos stap Anna na die rand van die stoep en tuur uit oor MonPetit-eiland.

    Die see lê wyd en stil soos ’n donker spieël. ’n Briesie roer die blare van die palmbome langs die huis. ’n Skielike plofgeluid laat haar wip van die skrik. Sy ontspan gou weer, want sy ken daardie geluid – dit is net ’n ryp kokosneut wat val. Maar tog … daar is iets in die lug wat haar pla en sy span haar sintuie in om dit vas te pen. Die strandhut wat die ingang na haar ma se laboratorium versteek, lyk pikdonker. Die sanderige paadjie af na die baai glim dof in die sterlig. Digte plantegroei vou die slapende eiland toe in ’n knus kombers van blare.

    Anna hoor ’n paar paddas kwaak vanuit die rigting van die granietspits wat die hoogste punt van hul eiland vorm – daar is ’n krans waar die water altyd drup en die grond klam bly. Sy klap weer na ’n muskiet wat honger naderzoem. Dan vang iets haar oog: ’n vreemde gloed tussen die blare agter die huis. Dit lyk asof dit na die middel van die eiland beweeg. Sy stap om die stoep na die agterkant van die huis om beter te kan sien. Vir ’n oomblik dink sy dat sy haar net verbeel het – alles is donker en stil. Maar dan sien sy dit weer – ’n ligstreep van stippels wat stadig opkruip teen die paadjie na die krans, en dan skielik weer verdwyn.

    Anna se nuuskierigheid kry die oorhand. Sy draai om en glip terug oor die vensterbank na haar kamer. Sy vroe­tel in die laai van haar bedkassie en haar vingers vind haar flits. Sy gebruik dit gewoonlik net om haar plakkies in die chaos van haar hangkas se bodem op te spoor, maar nou kan dit uiteindelik ’n behoorlike doel dien!

    Sy skakel nie die lig aan nie. Voor sy nie weet

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1