Sheila Cussons is op 9 Augustus 1922 op Morawië naby Piketberg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Pretoria, en behaal ’n graad in die Skone Kunste aan die Natalse Univ...view moreSheila Cussons is op 9 Augustus 1922 op Morawië naby Piketberg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Pretoria, en behaal ’n graad in die Skone Kunste aan die Natalse Universiteitskollege in Pietermaritzburg. Vanaf 1942 verskyn van haar verse in Die Huisgenoot en later in Standpunte. In 1946 word sewe van haar gedigte in die eerste Stiebeuel-bloemlesing opgeneem.
In 1948 begin haar lang oorsese verblyf met haar vertrek na Amsterdam waar sy grafiese kuns studeer. Sy woon ook ’n tyd lank in Londen waar sy onder meer joernalistieke werk doen. Later keer sy vir twee jaar terug na Suid-Afrika. Sy is daarna met die Spaanse sakeman Juan de Saladrigas getroud en sy het vir 25 jaar in Barcelona gewoon voordat sy in 1983 na Suid-Afrika teruggekeer het.
Haar eerste digbundel, Plektrum, het eers in 1970 verskyn. Dit word met die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en WA Hofmeyr-prys bekroon. Sy publiseer altesaam 10 digbundels en ontvang die Hertzogprys vir poësie vir haar hele oeuvre in 1983.
Sy is op 25 November 2004 in Kaapstad oorlede.view less