Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Versamelde werk - Sheila Cussons
Versamelde werk - Sheila Cussons
Versamelde werk - Sheila Cussons
Ebook769 pages7 hours

Versamelde werk - Sheila Cussons

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sheila Cussons (1922 – 2004) het bykans 'n duisend gepubliseerde gedigte in Afrikaans geskryf. Gestaltes 1947 is ingesluit in hierdie werk en daarin gee sy op liriese wyse uiting aan die geesteswêreld van die fantasieryke kind, wat met verwondering kennis neem van die wêreld en veral sy natuur en veelvuldige bewoners, werklik en verbeeld. So gee sy gestalte aan haar innerlike, met die eindelik besef dat werklik onthou onmoontlik is en dat die mens deel vorm van die groot onthou, slegs een klein bewussyn in die groot geheue. Hierdie prosa gee aanduiding van Cussons se kreatiewe gebruik van die sintuie en verbeelding, wat met poëtiese taal weergegee word.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 14, 2017
ISBN9780624078203
Versamelde werk - Sheila Cussons
Author

Sheila Cussons

Sheila Cussons is op 9 Augustus 1922 op Morawië naby Piketberg gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Pretoria, en behaal ’n graad in die Skone Kunste aan die Natalse Universiteitskollege in Pietermaritzburg. Vanaf 1942 verskyn van haar verse in Die Huisgenoot en later in Standpunte. In 1946 word sewe van haar gedigte in die eerste Stiebeuel-bloemlesing opgeneem. In 1948 begin haar lang oorsese verblyf met haar vertrek na Amsterdam waar sy grafiese kuns studeer. Sy woon ook ’n tyd lank in Londen waar sy onder meer joernalistieke werk doen. Later keer sy vir twee jaar terug na Suid-Afrika. Sy is daarna met die Spaanse sakeman Juan de Saladrigas getroud en sy het vir 25 jaar in Barcelona gewoon voordat sy in 1983 na Suid-Afrika teruggekeer het. Haar eerste digbundel, Plektrum, het eers in 1970 verskyn. Dit word met die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en WA Hofmeyr-prys bekroon. Sy publiseer altesaam 10 digbundels en ontvang die Hertzogprys vir poësie vir haar hele oeuvre in 1983. Sy is op 25 November 2004 in Kaapstad oorlede.

Related to Versamelde werk - Sheila Cussons

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Versamelde werk - Sheila Cussons

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Versamelde werk - Sheila Cussons - Sheila Cussons

    Versamelde werk

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Sheila Cussons Versamelde werk mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    GESTALTES 1947

    Twee drome

    Dit is ’n brandende see en ek is daarin, ’n klein geparaliseerde liggaam ongeveer ses jaar oud. Rondom my is dit donker, asof hierdie see aan die onderkant van die wêreld woed. Die vlamme is in die golwe; hulle knetter soos vuur agter glas maar het geen hitte nie, net ’n vreeslike kleur en klank.

    Ek is, êrens in ’n helder kol binne my paniek, daarvan bewus dat die enigste lig in my spartelende liggaam gekonsentreer is, want alleen die vlamme wat die naaste aan my beweeg, is ’n donker en deursigtige rooi; dié wat buite hierdie woedende kolk vou en terugvou, is byna onsigbaar, en agter hulle strek ’n waterduisternis of ’n duisternis van vuur – ’n swart vuur met ’n rooi hart en binne die hart my blink sparteling terwyl ek herhaaldelik na my vader roep.

    Dit is donkerder, maar diep en skoon. Dit is miskien vroeër of later as die swart vuursee. Ek is trots en vol verwondering en ek gehoorsaam ’n bevel: om effens vorentoe te stap en dan op te kyk. ’n Ligte wind begin waai, baie koel, en dit is die teken. Met my kop agteroor kyk ek op, na ’n wonderlike sterreboog. Links en regs van my op dieselfde vlak as dié waarop ek staan, spring twee wit pilare omhoog en oneindig ver bo my ontmoet hulle mekaar, vorm hulle die boog, eenvoudig, manjifiek.

    Ek weet wat ek moet doen en beweeg nader: die sterre waaruit die geweldige argitektuur ontstaan het, is nou een vir een sigbaar, net soos die skakels van ’n ketting, dog verblindend. Ek is byna onder die boog.

    Skielik, ’n nuwe kennis, dit is nog nie tyd nie. Iets is aan jou openbaar: jy sal dit onthou, lank na ander dinge vergeet is. Wat so pas gebeur het, moet nog gebeur. Verstaan jy?

    Ek ontwaak, en lê stil omdat ek nie meer wil lewe nie. Smart begin, soos pyn in ’n nuwe wond, maar iemand, of liewer, ’n soort abstrakte verstand wat nie hier in die kamer hoort nie, redeneer rustig met my. Dit is nog nie tyd nie, dit is joue maar jy moet nog wag daarvoor.

    Ek moes toe geslaap het. Twee dae lank is ek geseën. Ek weet, want daar was iets op my voorkop: ’n sagte drukking of ’n sensitiwiteit van die vel.

    Die kind het altyd ure voor haar ouers wakker geword. Eensame, skemerige ure. Die gordyne is nog toegetrek en sy wonder of dit al dag is.

    Deur die tralies van haar bed soek sy na die persoonlikhede van vader en moeder, alhoewel sy weet dat hulle nog nie teruggekeer het nie. Kinders is bang dat hulle ouers hulle eendag vir die laaste keer sal verlaat. Kinders is bang vir stil kamers waarin ouers slaap; die afwesigheid van ouers: wie sal beskerm? Slapende liggame is so weerloos. Dog hulle is streng en stil. Tussen die ouers lê die skaduwees, en om hulle gesigte is dit nog nag. Soek na hulle gesigte: dalk is hulle nog dáár – die liggame is leeg soos huise waarin niemand meer woon nie. Is hulle oë nog toe of al oop? Is hulle vreeslike oë oop, of toe? Kyk hulle oë? Net die skaduwees kyk na die kind. Die skaduwees is stom. Hulle was nooit mense nie, hulle verstaan mense nie. Hulle staar; nie vriendelik nie, nie onvriendelik nie, maar afsydig. Daar is niemand agter die oë nie. Dit is lank, lank gelede toe daar nog niemand was nie, net leegte en stilte en skemering. Dis die ouers se skuld dat dit lank gelede is. Hulle slaap doen dit. Hulle wil weggaan van die kind, weg na ’n tyd lank voor die kind.

    Die lakens is wit soos die maan en in die voue is dit swart. Daar is ’n geluid asof iets oor ’n vloer vee. Dit gaan só: vee, stil, vee . . . dit is die ouers se asem. Dit is die enigste ding wat in die kamer lewendig is. Dit is besig, dit werk in die ouers: vee, stil, vee, stil, vee . . . maar hulle weet nie wat dit doen nie. Hulle is te ver.

    ’n Snaakse lig, soos ’n lint, is nou in die kamer. Dit lê op die vloer met een punt tussen die gordyne gevang en die ander punt op die vader se regteroog. Nou kan die kind sien dat die oog tóé is. Dit is maar net ’n oog wat slaap.

    Die maan

    Die kind is nou in haar bed en sy maak dit alles warm rondom haar. Onder haar vel brand die winterskurfheid aangenaam, want haar moeder het bene, arms en gesig met ’n lekker salf gevryf.

    Vandag het sy ’n veld vol lang geel gras ontdek en nou is sy oral vol skaafplekkies wat ’n fyn, prettige pyn afgee. Sy is nie alleen nie, sy luister na die klein taaltjie van haar liggaam wat nog nie heeltemal vaak is nie. Sy kyk rond in die donker; tel blink puntjies en swart vlakke en hoeveel keer die gordyn van links na regs effens beweeg, soos ’n slinger, soos ’n persoon wat heen en weer loop. Dan kom die maan.

    Die kind weet nou al wat die maan wil hê, waarheen hy gaan. Stil en skelm kom die maan hierheen: eers net ’n wit strepie agter die gordyn, dan ’n wit skyfie, dan ’n ronde wit ding se helfte, dan driekwart van ’n ronde ding: langsaam onafwendbaar. Die maan wil die kind hê. O ja, sy ken die maan en sy weet dat hy alles van haar weet, meer as die ouers. En daar is nog iets omtrent die maan, iets wat jy nie kan vertel nie, want dit is te vreemd: die maan is lank gelede. Sien, jy kan dit nie sê nie. Die kind weet al hierdie dinge omtrent die maan terwyl haar kop onder die komberse is.

    Maan-oë

    Binne elke oog is daar ’n kleurkol wat kan sien. Dis nie die wit nie maar die kol wat kyk. As dit wat gesien word, mooi en opwindend is, word die kolle helder asof ’n lig daarin skyn. Partykeer is die kolle dof en donker. Dis hierdie dinge wat ons menslik maak.

    Die moeder het eendag vir haar ’n prenteboek gegee. Dit was vol tekeninge van dames, maar iets met hulle oë was verkeerd. Jy kon nie sien of die oë oop of toe is nie, want in die middel van die wit was daar geen kyk-kolle nie. Saans wou die kind nooit na die tekeninge kyk nie en saans wou sy nie haar sandale met daardie gaatjies in die leer, naby haar bed hê nie. Die gaatjies het die voorkoms van oë gehad: oë sonder kykers, soos dié van daardie vrouens, soos dié van die ouers wanneer hulle slaap, soos die eerste wit skyf van die maan.

    Die kind

    Dominee, het jy ook ’n naeltjie op jou maag? Ek het een.

    Wil jy glo, ek dink ek het ook ’n naeltjie. So ’n klein holtetjie, so ’n dammetjie vir ’n vissie; baie mooi, dit lyk soos ’n skulp, effens, die binnekant van so ’n skulpie. – Is dit wat jy gesien het?

    Ja, is dit wat jý gesien het?

    Ja.

    Ek het nie geweet almal het een nie . . .

    Wonde

    My moeder is gewoond aan wonde. As verpleegster het sy gedurig met hulle kennis gemaak en geweet wat ’n mens in sulke gevalle moes doen. Snaakse medisynegeure, bruin jodium, ’n dun naald, katdermdraad, die watte soos wolkies. Ek het hulle vreesbevange waargeneem toe dit my beurt was. Want ek het geval en die hoek van ’n stoeptrap het my lip oopgeskeur. Op die gladgeskuurde sement het ’n paar helderrooi bloeddruppels bly lê, druppels uit my. Kinders is klein en sag, maar selfs die bloed van kinders is hartstogtelik. Kyk hoe blink dit, hoe rooi. Op die bleek steen hoe durwend, wat ’n stelling. Binne-in my is nog oneindig veel daarvan, maar daar woon dit nederig en gedwee. Buite op die steen is dit woedend.

    Toe kom die pyn, maar my moeder werk vinnig en behendig met die naald en die hopies watte. Net ons hoor hoe ek skree en stik. Rondom die huis lê die laatmiddag. Kan die veld en die berge ook hoor? Die honde blaf.

    Die oom is ’n jong, blonde opgeruimde man. Toe hy nog jonger was, het ’n koeël hom in die dy getref. En toe die pyn mettertyd van hom afskeid neem, het dit hom hierdie wonderlike wond nagelaat. En hy was trots daarop en met reg. Dit het só gelyk: ’n ronde duik in die vlees, die breë ent van ’n hoendereier sou daarin kon pas; glad en glinsterend; maar dis die kleur daarvan wat altyd in die kind se geheue sou bly: ’n diep, teer persblou, ’n duif se vlerk in sonlig, so ’n lewende, glansende kleur, en rondom die plomp, stil wit vlees.

    Tekens

    Die vader het haar een middag saam met hom na ’n vriend se huis geneem om na ’n draadlose toestel, die enigste in die dorpie, te gaan kyk. Die vriend was baie in sy skik daarmee. Saam het hulle voor die voorwerp gesit en allerhande knoppies heen en weer gedraai. Hulle het vergeet dat die kind ook by hulle was, en toe het sy maar by die helder venster gaan staan, haar ken en elmboë op die onderste raam gestut. Groot blomme en blink bye het geskitter soos sonne, buite in die bewende hitte. Dit het ’n mens vaak laat voel, asof jy swewe.

    Plotseling is daar duisende klanke in die stil, warm wêreld, soos ’n storm, soos mense wat oor mekaar spring en strompel. En binne-in haar ore en liggaam skud en tuit die musiek wat deur haar vader en sy vriend in die kamer verlos is. Buite draai die bye en blomme soos wiele, en myle blink hemel is nou vol van die klanke. Die groot musiek is orals. Dit sal altyd wees, want haar vader en sy vriend het dit vrygelaat en hulle sal dit nie weer vang nie.

    Die kind is eensaam. Sy sou graag met iemand wou gesels, maar sy mag nie. Hier in die donker vrykamer moet sy lê en rus, terwyl die wêreld buite sy kleur en klank uitgelate vier. Tussen die hortjies van die luike lê blink geel strepe. Dis te koud in die kamer; dit het ’n donker reuk van motballetjies. Iets hou ’n mens se oë wyd oopgesper in ’n donker kamer wanneer jy weet dat dit nog middag is. Een van die dae sal dit Kersfees wees, maar die kind kan nie meer die vorige een onthou nie – dalk is hierdie een die eerste.

    Sy het prente van ’n Vader Krismis gesien, maar in die prente was sy naam Sint Niklaas. Die kind sal graag nóú met hom wou gesels. Sy gaan dit probeer, want sy het alreeds ontdek dat jy mense en dinge kan maak as jy stip in die donker kyk en hard dink.

    Nou draai sy op haar linkersy weg van die muur af, en kyk lank oor die swart vloer tot teenaan die klerekas waarin tant Hettie se hoede nog lê – sy het vergeet om hulle saam met haar terug te neem. Dit kom stadig, die iets wat jou laat weet dat jy nie meer alleen is nie; dan verdwyn dit weer. Haar oë word moeg en haar kop pyn al. Vanmiddag wil niks gebeur nie.

    Vandag het hulle haar nie lief nie: die ander mense wat soms vir haar kom kuier as sy baie alleen is. Maar sy vra hulle om te help met die Vader Krismis – en, dáár verskyn die iets weer. Jy kan dit nie sien nie, maar jy moet dit glo, dan kom dit al nader en nader. As jy nie glo nie, haat hulle jou, daardie mense.

    Die kind het Vader Krismis gemaak. Hy staan nou vlak by haar en hou sy arms oop. Maar sy is nie heeltemal tevrede nie, want sy sou hom graag wou sien net soos jy ’n vlees-mens kan sien. Tog moet jy glo, anders verdwyn hy heeltemal. Die kind staan regop in die middel van die bed en wankel effens. Sy strek haar hande uit na hom. Maak jou oë toe. Klim in sy arms. Maak jou oë toe. Klim in sy arms. Maak jou oë toe. Glo!

    Dit kan gebeur! Dis nie net ek wat daaraan glo nie. Vandag het ou mnr. T.G. vertel dat dit met hom ook gebeur het. Dit moet waar wees, want anders sou hy nie so regop in sy stoel gesit het terwyl hy met sy teekoppie in die lug beduie het nie. Hy het vir Vader en Moeder vertel en ek het aandagtig geluister. Vader het vir mnr. T.G. iets opsy gesê, en na my kant toe geknik.

    Hmm? vra mnr. T.G. Weer fluister Vader en kyk nou na Moeder. Moeder kyk na my. Mnr. T.G. kyk na my. Hy wys met sy koppie na my en sê skielik baie hard sodat ’n aar op sy nek uitstaan: Luister na my, julle twee. Daardie kind verstaan my. Sy is die beste gehoor wat ek nog ooit gehad het! Mnr. T.G. is baie oud en slim.

    Die musiekonderwyser aan die kind: Een, twee, drie – een, twee, drie – al-le ding-e het-’n plan! Nee wag, al-le ding-e het ’n-plan. Hm-hm. Sien? So! Jy moet altyd tel as jy speel. Dis nie sommer ’n klomp holderstebolder klanke nie; dis ’n patroon. Jy kan nie een noot wegvat of verander nie. Toe, nou weer! Dis beter, maar nog nie goed nie. Luister, kind, luister na die týd. Hier is ’n woordjie om te onthou: tyd, tempo. Sien? Nou kom ons begin weer van voor af. Van vóór af, sê ek. Speel dit deur terwyl ek luister, hier met my hand voor my oë soos een van die gehoor by ’n groot konsert. Ai, kyk hoe stil sit die spelers en wag; nie ’n hoesie nie; almal kyk net na daardie stok in die dirigent se hand. Daar begin dit nou effens te beweeg, stadig . . . die teken vir net twee instrumente om saggies te begin. Jy tel nie reg nie. Toe ek ’n kind in Salzburg was . . . dis reg, dogtertjie; nou gaan dit beter. Speel die hele ding vir my oor, dit kán so mooi wees. Dit word mooi, mooier, hm; tirra, tirra, tumpta . . . opgewekter darem: dis nie ’n gebed nie. So ja, dis nou genoeg, en jy is bly daaroor. Kyk tog watter snaakse ore het die meisie: staan so weg van die kop af, net soos ’n wisselkind s’n.

    Die see

    Die moeder aan haar kinders: Ek is so bly ons woon nou aan die kus. As ek ’n man kon gewees het, sou ek my lewe lank op die see wou vaar, soos ’n matroos, ’n swerwer. Nêrens sou ek lank wou gebly het nie. Ag, ’n mens wil altyd wees waar jy nie kan wees nie, doen wat jy nie kan doen nie. Daar is ook nie tyd vir alles nie. Ek wens ek het die tyd gehad om ure aaneen op die rotse in die wind en nattigheid te sit en droom soos julle pa. Hy is partykeer vir my die eienaardigste mens, maar moet nou nie vir hom gaan vertel nie! Ek vra hom juis gisteraand of hy dan nie moeg word van altyd een en dieselfde soort ontspanning nie. Daar sit hy wraggies byna elke uur van sy naweke met ’n visstok in die hand en die water in sy skoene. Maar ek glo nie hy kyk ooit na die see nie, net so min as wat ou Bartholomeus Dias se kruis na die see kyk. Ek hou oneindig baie van die see, maar as Pappie nie gou ophou met sy gedroom tussen water en wolke nie, gaan ek nog sorg dat ons binneland toe trek.

    Die twee kinders het ’n nuwe speletjie ontdek. Hulle het uitgevind dat ’n mens nie noodwendig onder water verdrink nie. Jy kan jou asem verbasend lank inhou, soos daardie seuns wat pêrels op die seebodem soek.

    Die ideale seepoel moet diep genoeg wees vir ’n kind van tien jaar of so om heeltemal daarin te verdwyn. Ongelukkig is daar allerhande see-egels en anemone en dinge op die bodem van ’n diep poel tussen die rotse. Die naasbeste soort poel is dié waarin jy ten minste plat op jou rug op ’n sandvloer kan lê, sodat jy darem nog met oop oë deur die water kan opkyk.

    Sy aan sy het hulle in die vlak poele sonder see-egels gelê en lank na die blou lug gestaar; met ’n soort sout gewig van die hele poel op hulle oë. Toe hulle weer orent kom, het al die kleur uit die landskap verdwyn, selfs die blou van die lug het vaalwit geword. Toe, stadig, kom dit alles terug.

    Gestaltes

    Hulle woon in alle lewende dinge. Sommige mense beweer dat hulle selfs voorwerpe is, selfs dit wat die mens gemaak het. Miskien. Alle dinge, soos jy, het twee liggame – een wat die oog waarneem en ’n ander wat ons dalk sal vind, as ons soek. Woorde deur iemand gesê.

    Ek het onthou toe ek die rooi rose op ’n smal, regop boekrak sien staan het. Ek het begin soek toe ek met waterverf en ’n vel wit papier voor hulle gaan sit het.

    Soos destyds in die vrykamer het ek gekyk en gewag. Toe kom dit uit die rose, skaam en versigtig, die ander liggaam. Hoe moet ’n mens dit beskryf? Dit het my nie verbaas nie, want ek het gesit en wag daarop. Sodat ek dit maklik kon herken, het dit gedeeltelik na ’n mens probeer lyk, maar klein: omtrent ses duim lank, ’n deursigtige koperrooi liggaam, byna soos ’n mens – byna, want die bolyf was die duidelikste sigbaar, en twee arms oopgesprei asof dit weerskante iets wou terugvou van die liggaam: ’n gebaar soos dié van iemand wat deur ’n heining probeer kruip en dan met ’n uiters delikate beweging vorentoe kom en orent staan, op ’n bevel wat hy effens vermaaklik vind. Die hoof kon ek nie duidelik sien nie, maar ek het geweet dat daar ’n hoof moet wees. En sterk, die geur van rose in ’n halfdonker plek.

    Daarna het ek my uiterste bes gedoen om te skilder wat ek gemeen het dat ek gesien het. Ek was tevrede met my prent van ’n fee: ’n mens kan nie te veel van ’n prent verwag nie.

    Die tweede gestalte was onafhanklik van enige voorwerpe. Hy het gewoon in ’n landskap wat ek maar net kon vermoed. Hy het in sy wysheid verkies om onsigbaar te bly; sy enigste toegif aan my was die ongeveer menslike persoonlikheid wat hy aangeneem het. Tegelykertyd was hy die wese en die plek, die figuur en die landskap. Omdat beelde nodig is, het ek hom só gesien: skraal en rank soos die mense van my eerste eensaamheid: ’n jong man met ’n grys mantel; grysblonde hare, ruig en gekrul. Maar hy het my in verwarring gebring. Asof hy weier om waarneembaar te word, het hy gesê: Nou is ek jou broer. Ek is nie jonger en ook nie ouer as jy nie. Eendag sal jy my ken. Tot dan. Maar waar ons ook al gaan, sal jy my volg. Orals sal ek wág vir jou, jy kóm na my. Maar moenie soek na my nie, nooit nie.

    Die moeder aan die kind: Ek het nuus vir jou. Onthou jy dat jy eendag twee jaar gelede na my gehardloop het uit die tuin om te sê dat ons eendag ’n broertjie in die huis sou hê? Jy het ook probeer raai wanneer dit sou gebeur, onthou jy? Nou ja, jy was heeltemal reg: hy kom – maar wat sal jy doen as hy ’n sussie is?

    Die nuwe kind lê in die stootwa en kwyl. So pas het hy wakker geword en daar is rooi merke op die wang waarteen die kussing gedruk het. Sy linkerhand gryp behendig aan die kant van die waentjie vas, dan die regterhand; hy beur vorentoe en sit triomfantelik regop.

    Tussen hom en die oudste kind verskyn die tweede gestalte. Hy is onsigbaar, afgesien van ’n soort koelte, die gevoel van ’n donker kleur. Dis nie die jong man met die grys mantel nie, en tog is dit hy. Daar is ’n duisternis om hom, ’n kleed, en sy hare is ruig en swart. Hy praat met ’n vinnige stem binne die verstand van die kind: Nou is daar hierdie seun in jou plek. Ek sal jou kom haal. Jy is bly.

    ’n Reis

    Die eerste dag:

    Hoe sal ek vir hierdie reis voorberei? Daar is ’n paar dinge wat ek weet, wat ek moet onthou. Ek moet probeer om alleen te wees. As mense naby is, moet ek binne my alleen wees. Ek moet nie dink aan dinge wat verby is nie. Daar sal niks meer gebeur nie. Dit is die einde van iets. Alles wat ek ken, sal voortgaan sonder my. Wanneer ek gaan, sal ek niks by my hê nie, net myself. Later sal ook dít agterbly, êrens. Want waar ek gaan, is alles anders. Ek ken dit nie, maar ek sal dit ken.

    Waarom gaan ek? Ek mag dit nie weet nie. As ek vra, sal ek alles verloor. Ek wil gaan, met my hele hart. Ek wou altyd, vandat ek kan onthou, net dit doen: teruggaan. Maar ek het nie geweet hoe nie. In die middel van ’n ronde wêreld, sonder ’n bo of ’n onder, ’n begin of ’n einde – hoe kon ek? More, oormore gaan ek weg en uit – vinnig, heeltemal.

    Ek onthou: ’n muur bokant die swaai van breë trappe. Teen die geel muur, in die sonlig, hang ’n skildery. Ek mag dit onthou, want dit kom na my. My moeder wys daarna en sê: Teken so iets vir my. Op ’n skulp of ’n skuit staan ’n jong vrou. Haar hoof met die waaiende hare is swaar en vaak, soos ’n blom op ’n dun stengel. Haar liggaam

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1