Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki se boekedag
Minki se boekedag
Minki se boekedag
Ebook50 pages32 minutes

Minki se boekedag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie.

Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is – vir eers – daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie.

Maar een van Minki se gunstelingboeke gee haar ’n plan …
LanguageAfrikaans
Release dateMay 1, 2022
ISBN9781776251261
Minki se boekedag
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki se boekedag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki se boekedag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki se boekedag - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    Moles met ’n groen monster

    Dit is ’n rustige Maandagmiddag. Minki lê op haar maag in die skaduwee van die groot ou eikeboom in hulle tuin. Haar huiswerk is lankal kant en klaar, en sy het nie vanmiddag netbal of tennis nie.

    Spaghetti lê langs Minki. Hy is vas aan die slaap. Kort-kort gee hy sulke fyn tjankies in sy slaap. Dalk jaag hy hase in sy drome.

    Marmite is besig om voëltjies te bekruip op die grasperk.

    Maar Minki weet skaars wat om haar aangaan. Sy lê met haar neus binne-in ’n boek. Sy kon vanmiddag nie wag om haar huiswerk klaar te doen sodat sy verder kon lees nie.

    Skielik is daar ’n oorverdowende gebrul.

    Wroemmm! Wroemmm!

    Minki skrik so groot dat sy haar boek laat val. Spaghetti spring op en gee ’n verwoede knor. Marmite vlieg met ’n benoude miaau in die boom op.

    Wroemmmmmmm!

    ’n Grommende groen gevaarte kom om die boom gejaag. Minki gryp net betyds haar boek uit die pad. Stukkies gras skiet in alle rigtings op.

    Max en Marko! skree Minki omgekrap bo die lawaai. Hou op!

    Die gebrul bedaar.

    Minki se tweelingboeties kom nader gestap. Max hou ’n afstandbeheer vas.

    Mamma het gesê ons mag met ons monsterbakkie buite kom speel, sê hy.

    Ons mag nie in die huis ry nie, voeg Marko by. Mamma sê dis ’n nuwe reël.

    Minki sug. Haar ouma en oupa het verlede week kom kuier. Hulle het vir die tweeling ’n radiobeheer-bakkie present gegee. Dit is ’n monsterbakkie met groot wiele en ’n krokodil-ontwerp.

    Sy wat Minki is, het ’n geskenkbewys van die boekwinkel gekry. Haar ouma weet sy is lief vir lees. Die afgelope naweek het sy vir haar die volgende Boekbende-boek gaan koop. Die boek wat sy só graag vanmiddag klaar wil

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1