Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Minki maak 'n plan
Minki maak 'n plan
Minki maak 'n plan
Ebook54 pages43 minutes

Minki maak 'n plan

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Minki en haar maats is baie opgewonde toe hulle ’n onverwagse besoeker kry. Hulle ontdek ’n oulike katjie in die tuin. Waar kom sy vandaan, en sal hulle haar kan help om weer haar huis te kry? Hulle sal egter vinnig ’n plan moet maak, want Minki se hond, Spaghetti, hou glad nie van dié nuwe kuiergas in die huis nie!

Intussen kry Minki ’n nare verrassing toe haar klas ’n belangrike projek moet doen …

Kort voor lank waai die hare behoorlik!
LanguageAfrikaans
Release dateMay 1, 2022
ISBN9781776251285
Minki maak 'n plan
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Minki maak 'n plan

Related ebooks

Related articles

Reviews for Minki maak 'n plan

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Minki maak 'n plan - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Hoofstuk 1

    ’n Naam uit ’n inkopiesak

    Haai, julle, raai wat is groen en hang aan bome, roep Arno.

    Appels? raai Selwyn. Of wag ... blare? Of ... uhm ...

    Kameelperdsnollies! roep Arno uit.

    ’n Klomp kinders skater van die lag en ander trek nare gesigte. Minki kan nie help om ook te lag nie. Sy weet sommer haar tweelingboeties sal hulle slap lag vir Arno se grappie.

    Die klas is raserig. Juffrou Adams moes gou kantoor toe gaan.

    Danika gluur vir Arno en Selwyn vies aan. Regtig? sê sy uit die hoogte. "Dit is glad nie snaaks nie."

    Arno kyk verbaas vir Danika. Nie snaaks nie? vra hy. Wat op aarde is snaakser as kameelperdsnollies?

    ’n Klomp kinders bars weer uit van die lag.

    Hoe lank nog voor die klok lui? vra Natalie vir Minki en Lara. Ek is morsdood van die honger.

    Wat het jou ma vandag vir jou ingepak? vra Lara.

    Ek weet nie, sê Natalie. Wag, kom ek kyk gou.

    Sy buk af en haal haar kosblik uit haar tas. Minki en Lara kyk vir mekaar en glimlag. Hulle weet sommer wat kom ...

    Natalie maak die deksel oop en loer in haar kosblik.

    Mmm, sê sy. ’n Panini met hoender en tamatie en ... Natalie se gesig val.

    Pynappel! sê Minki en Lara gelyk.

    Natalie se ma pak amper elke liewe dag vir haar iets met pynappel in. Pynappelsmoothies, muffins met pynappelkonfyt, pynappeljogurt, pynappelsap. Minki het nooit eens besef ’n mens kry soveel soorte kos met pynappel in nie. Natalie kla altyd dat pynappel haar tong laat jeuk. Gelukkig gee Minki en Lara nie om as hulle drie pousekos uitruil nie, want Natalie se ma pak heerlike kos in – mits jy van pynappel hou!

    Jig, sê Danika en frommel haar neus. Wie se pousekos ruik so? Sy gluur na Natalie se kosblik. "Hoe kan jy nog aan kos dink terwyl die seuns sulke jiggie grappe vertel?"

    Minki kners op haar tande. Danika is ’n regte drama-llama en sy dink sy is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1