Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Meisie met Vlerke
Die Meisie met Vlerke
Die Meisie met Vlerke
Ebook208 pages1 hour

Die Meisie met Vlerke

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie - veral nie twee kinders nie.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 3, 2022
ISBN9781776251773
Die Meisie met Vlerke
Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is the author of more than 260 books and more than a million copies of his books have been sold. His work has been awarded 46 times. His books have been translated into English, Dutch, Italian and Portuguese. He has been nominated for the Carnegie Medal twice and two of his books have been adapted to film. Jaco lives in Bloemfontein with his wife, Elize, their daughters, Mia and Emma, three dogs, a cat and a pet python.

Read more from Jaco Jacobs

Related to Die Meisie met Vlerke

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Meisie met Vlerke

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Meisie met Vlerke - Jaco Jacobs

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    1

    ’N VOËLBOEK EN ’N VERKYKER

    Wilson! Hei, Wilson, slaap jy nog?

    Wilson kners op haar tande en trek die duvet hoër oor haar kop. Dis nog hopeloos te vroeg en te koud om so ’n skouspelagtige dom vraag te beantwoord.

    Komaan, Wilson! roep die gedempte stem weer. Ek het my pa se verkyker gebring, en die voëlboek ook. Jy’t belowe jy kom saam.

    Urrrrghhh! Met ’n kreun stoot Wilson die duvet af en sit regop. Sy skuif die gordyn eenkant toe. ’n Neus is platgedruk teen die glas en wakker bruin oë blink opgewonde toe hulle haar te sien.

    Wilson leun vorentoe en maak die ruit op ’n klein skrefie oop. Sy is dadelik spyt sy het dit gedoen. Dit voel of sy pas ’n vrieskas se deur oopgemaak het.

    "Ek het nie belowe ek kom saam nie, Errol, sê sy. Ek het dalk woorde soos miskien of dalk of ek sal sien of ek lus het, gebruik, maar beslis nie belowe nie."

    Errol grinnik. Oukei, sien jou nou-nou. Bring iets saam om te eet. Ek hou van broodjies met grondboontjiebotter en ...

    Dwap.

    Wilson druk die skuifruit weer toe sonder om na die res van sy bestelling te luister. Sy is beslis nie van plan om vir ’n simpel seunskind wat sy skaars ken toebroodjies te maak nie.

    Bibber-bibber klim sy uit die bed. Sy maak eers seker die gordyn is behoorlik toe voordat sy vinnig haar nagklere uittrek en ’n jean, ’n lang T-hemp en haar warmste trui aantrek.

    Errol Abrahams is soos ’n rondloperkat. Hy het sommer net ’n paar dae terug ongenooid hier opgedaag, met haar begin gesels en besluit hulle is van nou af maats. Maak nie saak of sy van hom hou of nie. En dáároor het sy nog nie regtig besluit nie.

    In die badkamer was sy vinnig haar gesig met yskoue water in die piepklein wasbak en maak haar hare in ’n poniestert vas. Die Pophuis is stil. Haar ma is klaar weg na die tenniskliniek wat sy vandag aanbied, en Gabriël het seker weer iewers foto’s gaan neem.

    Wilson sug en loer na haar weerkaatsing in die spieël. Groen oë. Lang ligbruin hare wat so effens krul hier by haar ore rond. Een voortand wat ’n klein bietjie skeef is, maar dit kan ’n mens net sien as sy glimlag. Iemand wat so doodgewoon lyk, se lewe behoort nie so deurmekaar te voel nie.

    As daar een ding is wat Wilson Fourie nog altyd wou hê, is dit ’n normale lewe. Aan die binnekant van haar klerekas se deur is ’n advertensie opgeplak wat sy eenkeer uit ’n tydskrif geskeur het. Die advertensie lyk só:

    Hoekom sal enige iemand ’n advertensie vir neussproei in haar klerekas plak? Nee, dit is nie omdat Wilson gedurig met ’n toe neus sukkel nie. Dit is omdat die mense op die advertensie so normaal lyk. ’n Doodgewone pa, ’n doodgewone ma en twee doodgewone kinders. Die pa lyk of hy in ’n kantoor werk en naweke gholf speel. Die ma lyk asof sy weet hoe om blomme te rangskik en Sondae skaapboud, geelrys en aartappels te maak. Die kinders ... oukei, sy moet erken die kinders lyk nogal ’n bietjie irriterend. Hulle lyk soos die soort kinders wat nooit bed toe gaan sonder om te bad nie en huil as hulle nie volpunte vir ’n wiskundetoets kry nie.

    Maar partykeer kan Wilson nie help om te wonder hoe dit sal voel om deel van so ’n doodgewone gesin te wees nie. Die soort gesin met ’n ma wat nie haar kind na ’n tennisraket vernoem nie. Die soort gesin met ’n pa – let wel, nie ’n stiefpa nie – wat nie die Mees Gehate Fotograaf op Aarde is nie. Die soort gesin wat in ’n regte, egte huis bly, met ’n tuin, ’n swembad en ’n hond; die soort huis wat nie vier wiele het en oornag iewers anders heen kan padgee nie.

    Wilson! roep Errol ongeduldig buite die Pophuis. Elke keer as hy haar naam uitroep, doen hy dit in ’n ander stem.

    Wil...

    Wilson pluk die Pophuis se deur oop. Oukei, oukei, ek kom!

    Errol grinnik.

    Wilson draai om en gaan haal vinnig twee lemoene, ’n pak koekies en twee boksies vrugtesap uit die koskas. Terwyl sy dit in haar rugsak pak, sien sy hoe Errol nuuskierig by die Pophuis se deur inloer. Hy was nog nie hier binne nie, en sy is ook nie van plan om hom in te nooi nie.

    ’n Motorwoonwa, dis wat Gabriël die Pophuis noem. Dit is ’n baie groot naam vir ’n baie klein huis op wiele. Dis basies soos ’n woonwa met sy eie enjin. Gabriël het dit al die pad uit Amerika ingevoer met die geld wat sy pensioenfonds uitbetaal het nadat hy sy werk by die koerant verloor het.

    Rooskeelkalkoentjie, sê Errol. Rooioogtiptol. Swartkopwielewaal. Kardinaalspeg.

    Wilson rol haar oë terwyl sy die Pophuis se deur sluit. Is jy oukei? Het jy koors of iets, of vir wat praat jy so vreemd?

    Errol beduie na die boek in sy hand. Dis voëlname, sê hy. Mooi, nè? Dit klink amper of mens dit kan sing.

    Wilson maak net ’n bromgeluid. Hy moet maar self besluit wat dit beteken. Sy hoop net régtig nie sy hoef op haar nugter maag te luister hoe hy ’n klomp voëlname sing nie. Nou toe, sê sy en beduie na die verkyker wat om Errol se nek hang. Waar wil jy gaan voëls soek?

    Daar’s lekker baie bome langs die dorpsdam, sê Errol. En hoe meer bome, hoe meer voëls.

    Wilson sit haar hande in haar sye en kyk hom skewekop aan. Die dorpsdam?

    Errol knik net en begin aanstap.

    Met ’n sug stap Wilson agter hom aan.

    Toe hulle nog in die stad gebly het, sou haar ma haar nooit toegelaat het om alleen op ’n Saterdagoggend saam met ’n wildvreemde seunskind rond te loop nie. Maar op klein dorpies soos dié werk dinge anders. Almal ken mekaar, en die kinders speel saans tot skemertyd buite in die strate.

    Wilson het al ophou tel op hoeveel klein dorpies hulle die afgelope paar jaar gebly het. Elke keer bly hulle net ’n paar maande lank. Haar ma adverteer haar tennisklinieke, en elke keer is die dorp se ma’s en pa’s stom van verbasing as hulle uitvind wie vir hulle kinders tennislesse gaan aanbied. Terwyl haar ma tennislesse gee vir kinders wat skaars weet hoe om ’n raket vas te hou, loop Gabriël die dorp plat en neem duisende foto’s. En as die dorp se kinders genoeg tennislesse gehad het en Gabriël niks meer kan kry om af te neem nie, pak hulle weer op en vat die pad in die Pophuis.

    En nou is hulle al amper drie weke lank hier op Verkeerdevlei – hier waar sy vanoggend in ’n stofstraat afstap saam met ’n seunskind wat sy skaars ken.

    Sy loer uit die hoek van haar oog na Errol. Hy loop en fluit ’n irriterende wysie. Errol is net so oud soos sy, maar hy is effens korter, en sy arms en bene is so dun soos vuurhoutjiestokkies.

    Hoekom nou juis voëls? vra Wilson.

    Die oggendson bak lekker warm in haar nek.

    Errol trek sy skouers op. Hoekom nie? My ouma sê ek het elke week ’n ander stokperdjie. Ek het die boek oor voëls in die biblioteek gekry, en toe besluit ek om te kyk hoeveel van die voëls ek kan sien.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1