Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sindikaat
Sindikaat
Sindikaat
Ebook245 pages4 hours

Sindikaat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateOct 14, 2019
ISBN9780624087618
Sindikaat
Author

Annerle Barnard

Annerle Barnard matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad en voltooi 'n BA (Hons) (Engels) aan die Noordwes-Universiteit, asook 'n Hoër Onderwys Diploma. Aanvanklik hou sy skool, maar begewe haar later in die korporatiewe sektor. Annerle is getroud en het twee sportiewe seuns en ’n wonderlike, ewe sportiewe stiefdogter. Sy woon in Bloemfontein.

Read more from Annerle Barnard

Related to Sindikaat

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sindikaat

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sindikaat - Annerle Barnard

    Tafelberg

    Hierdie boek is bekroon met

    ’n Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur 2019

    Opgedra aan almal wat veg om die aarde heel

     te hou, asook elkeen wat ’n stryd in sy kop voer.

     Moenie tou opgooi nie.

    Ook aan my ma, Hannes, Lodewyk,

    Dietrich, Zandrie en Grant.

    If somebody had said before the flight, Are you going to get carried away looking at the earth from the moon? I would have said, No, no way. But yet when I first looked back at the earth, standing on the moon, I cried.

    Alan Shepard (NASA astronaut)

    1

    Net voor die grens tussen Zimbabwe en Zambië,

    einde November

    Is jy gesuip, Bossie? No flippen way! Paul draai die CD-speler se volume laer.

    Geen reaksie.

    Voel jy oukei? Paul skud sy kop en kyk weer na Bossie. Coolness de luxe. Die man knip nie eens ’n oog nie. Hy kan dit nie flippen glo nie. Hy skakel die CD-speler heeltemal af, want hy kan nie nugter dink terwyl Coldplay ook ’n eier wil lê nie.

    En hóé gaan jy dit doen? Jy kan nie ’n friggin’ arsenaal wapens ongesiens oor die grens smokkel nie! Paul druk-druk met sy duime in sy nekspiere. Dis ’n kabel wat wil breek. Hy voel die hoofpyn opskuif vanaf sy agterkop na sy oë toe.

    Spanning is nie goed nie, het die dokter gesê. So asof Bossie daarvoor sou omgee.

    Casper Bosman, beter bekend as Bossie, antwoord nie. Hy streel net onverstoord oor sy bokbaardjie. Watse soort naam is Casper buitendien? Sy ouers moes hom eerder Casspir genoem het, want hy het die takt en empatie van ’n weermagtenk.

    Paul draai na Adriaan en Karlien wat halfpad aan die slaap op die agtersitplek van die Land Rover sit-lê. Adriaan is skielik nie meer moeg nie, want die slaap het hom klaarblyklik verlaat. Hy skuif sy camo-pet agtertoe, sit regop en skuif vorentoe op die sitplek, met sy neus tussen die twee voorste sitplekke gedruk.

    Karlien lyk ongestoord. Sy luister steeds musiek, haar camo-pet laag oor haar oë getrek. Bossie het funky kleure verbied. Hulle kon net kakie en camo inpak vir die trip, bedoelende plein camo, nie camo-en-pienk, of camo-en-rooi nie. Maar Karlien kan enigiets na ’n fashion statement laat lyk, selfs camo. Haar kop knik-knik saam met musiek wat net sy kan hoor.

    Paul kry lus en knip die drade van die MP3 se oorfone af. Sê jy niks, Adriaan? Woedend. Beskuldigend. Karlien hoor nie, wíl nie hoor nie.

    Adriaan lig net sy skouers: Chill, bro. Kom ons praat daaroor.

    Bossie het die plot verloor. Totaal en al. Heeltemal bos-bef … Paul stotter van woede, kry die woorde nie uit nie. En jy wil daaroor praat? Chill? Rêrig? Is jy seker jý voel oukei? Dis nie ’n blerrie shrink-sessie nie! Hy sluk-sluk, soek na die regte woorde. Tronkstraf as ons gevang word. In Zim!

    Paul vee die sweet van sy voorkop af. Hy klink soos ’n histeriese ou tante. Een wat in die middel van die nag ’n T-rex met ’n dodelike stert op die ouetehuis se troon ontdek. Sy stem wil-wil breek. As hulle bloot net biltong oor die grens moes gesmokkel het, enige tyd. Shanana! Maar wapens? Nie eens hý is so gek nie. Hy stel die lugverkoeler hoër, hou sy natgeswete hande voor die ventilasiegate, buig sy kop stadig af en wens sy nek wil ontspan.

    Wat Paul se moermeter heeltemal in die rooi rev, is dat Bossie nie eens die moeite doen om te reageer nie. Hy kan dit nie flippen glo nie. Die man lyk asof hy nie ’n hartklop het nie – en dit terwyl sy eie hart in sy keel vassit en hom wurg. Al wat Bossie blykbaar nié tussen die bagasie versteek het nie, is ’n Israeliese vegvliegtuig. En hy vra hulle moet ontspan wanneer hulle deur die grenspos gaan? Hulle stikdom hou en so min as moontlik sê?

    So kalm soos ’n daggawalm. En die grenspos is spoegafstand. Yeah … right! Bossie is seker gerook.

    Hoe chill jy terwyl jy hiperventileer en sweet soos ’n resiesperd wat pas die July gewen het? En nou nog ’n kilometer moet hol. As dit só aangaan, land hy nog saam met sy ma in die hospitaal. As sy net oukei is. Gelukkig is sy in goeie hande – maar dit maak alles nie makliker nie.

    Paul draai hom weer skuins in sy sitplek: Adriaan, is jy oukei daarmee? Met medeplig … medepligtige wees? struikel hy weer oor sy woorde. As hy nie vir Bossie binne die volgende paar kilometer uit dié storie gepraat kry nie, sal hy wragtig … Hy weet Bossie is tot amper enigiets in staat, maar hy kan nie glo …

    Nee. Ek wil nie medepligtig aan enigiets wees nie. Adriaan probeer nog hoflik klink.

    Nou maar flippen hélp dan! Paul is sommer vir Adriaan ook de hel in. Van vooraf.

    Hy draai na Bossie: Weet my pa? Hy blaas ’n gasket as hy weet! Sy pa kan ’n helse pyn in die gat wees, want sy hele lewe wentel om swart en wit, om reg en verkeerd, maar soms moet mens die pyn in die gat as leverage gebruik.

    Soort van. Bossie knip nie ’n oog nie. Nie dat Paul sy oë agter sy sonbril kan sien nie. Dit sou gehelp het ás hy Bossie se oë kon sien. Of miskien nie.

    Wat bedoel jy ‘soort van’? Weet my pa, of weet hy nie?

    Paul, jou pa is ’n advokaat. Hy wíl nie weet nie. Bossie is houtgerus. Maar hy betaal my om te doen wat ek moet. En vir dié trip het hy my ’n vet klomp kontant gegee. Vir ‘onvoorsiene noodsaaklikhede’, het hy dit genoem. Al wíl hy nie daarvan weet nie, weet hy. See no evil, hear no evil.

    My pa sal nooit –

    Jou pa se enigste seun is in gevaar. En hy betaal mý, om jóú, die enigste seun, aan die lewe te hou. Hoe ek dit doen, is my saak. En dít hét hy gesê. Verbatim.

    Krismis! Nes hy dink mens kan Bossie uit die bos uithaal, maar die bos nie uit Bossie nie, dan verras die man hom weer. Verbatim? Verbeel jou! Dis vreeslik beskaafde taal vir iemand wat al bobbejaan moes eet. En mense vermoor het vir geld.

    Ja, maar wapens deur die grens smokkel, is onwettig. Ons sal tjoekie toe gaan.

    Paul, jy stres verniet. My werk is om jou op te pas. Ontspan. Maak net soos ek sê en als sal oukei wees.

    Nou maar hoekom vertel jy ons dan van die wapens as jy dink als gaan oukei wees?

    Net vir ingeval.

    Ingeval wat?

    Ingeval ek instruksie gee en jy verkies om dit wéér te ignoreer. Ek probeer jou van die risiko’s distansieer, maar jy luister nie juis wanneer ek jou samewerking vra nie.

    Paul antwoord nie. Hulle het by ’n paar plekke in Harare stilgehou waar Bossie gevra het hulle moet in die Land Rover bly. Nie uitklim nie. Onsigbaar wees. By een van die huise het ’n klomp seuns in die straat sokker gespeel. Toe besluit hy om saam te speel. Adriaan ook. Hoekom nie? Dis mos wat mens met vakansie doen. Jy het pret. Of jy probeer ten minste, al het jou beste pel nou jou aartsvyand geword.

    Karlien het kopknikkend in die Landie bly sit terwyl hulle in die straat sokker gespeel het. Sy sal seker steeds sit en sulk teen die tyd wat die vyand sy kop oplig, kopknikkend en dikbek, en die rooi draak met die tien koppe en sewe horings die rug keer.

    Bossie, wat amper nooit ’n oog knip nie, het omtrent ontplof omdat hulle in die straat sokker gaan speel het. Hy het amper sy beste Sondagskoolonderbroek bedinges. Nie dat Paul dink Bossie het al ooit ’n Sondagskoolonderbroek besit nie. Alles aan Bossie is rof. En onbeskof.

    Is dít hoekom jy jou top geflip het? Want jy’t wapens gekoop terwyl ons sokker gespeel het? Paul vryf weer oor sy nek, druk teen die spiere agter sy ore.

    Hy het nogal gewonder waar Bossie so skielik aan die wapens kom. Nou weet hy: by al daai plekke waar hulle gestop het en hulle soos mummies in die Landie moes bly sit het.

    Maak nie saak wat ek wáár en wannéér gemaak het nie. Hoe minder julle weet, hoe beter. Wanneer ek vra julle moet in die voertuig bly, doen ek dit om ’n rede. Veral nádat ek die moeite gedoen het om die Land Rover halfpad agter ’n boom in te trek sodat julle gesigte nie van die straat se kant af sigbaar sou wees nie.

    Jammer, Bossie, sê hy en Adriaan gelyk. Jinx.

    You owe me a soda, sê Adriaan eerste.

    Paul ignoreer dit. Hoe minder hy van Adriaan weet, of sien, of hoor, hoe beter. Dis oukei om saam met hom sokker te speel – in opponerende spanne. Maar dit beteken nie hulle is weer pelle nie. Nie na wat gebeur het nie.

    Hulle is amper by die grenspos by die Victoriawaterval, en Bossie lyk nie of hy enigsins van plan is om van sy mal idee af te sien nie. Paul staar na die misreën van die waterval wat kilometers ver sigbaar is.

    Asseblief, Bossie? Hy voel naar. Sy hande bewe. Hy hou hulle weer voor die lugverkoeler. Toe vee hy hulle aan sy kortbroek af, maar hulle bly klam. ’n Ander, onsigbare hand wurg hom om die keel.

    Ontspan, Paul. Bossie swenk effens om ’n slaggat te mis. Daar’s Rescue-pille in die paneelkissie.

    Paneelkissie? Regtig? Net Bossie wat ’n cubby hole ’n paneelkissie sal noem. Paul skuif laer af in sy sitplek en trek albei hande deur sy hare. Hy suig aan drie Rescues. Sy senuwees is gaar sedert die storie vroeër vanjaar. Rescue-pille werk in normale omstandighede, maar dié is beslis nie normaal nie.

    We’re doomed, mompel hy.

    2

    Bloemfontein,

    einde Oktober

    Sick, sê Adriaan. Ons het van jou waghond ontsnap. Dit was maklik. Betaal jou pa hom ’n salaris? Want daai dude is vas aan die slaap.

    Karlien giggel net.

    Bossie is oukei. Paul voel hy moet Bossie darem verdedig. Hy’s nie te sleg nie, al is hy soms ’n pyn in die gat. Ons is nie veronderstel om by die hek uit te gaan nie, en hy is bloot net veronderstel om indringers uit te hou. Nie om ons binne te hou nie. En hy sit met die koerant op die troon, so hy weet nie ons het ’n toon geklap nie.

    Wonder wat gaan hy maak as hy uitvind? Adriaan runnik van die lag.

    ’n Flippen gasket blaas. Uitfreak. Die plot verloor. My nek omdraai. Ons moet ons gatte roer. Anders is dit nag. Ek het Bossie nog nooit kwaad gesien nie, maar ek dink ook nie ek wil nie. Eintlik voel Paul sleg. Net so ’n bietjie. Hy maak dalk nou droog. So ’n bietjie. Maar hy mag darem seker ook lewe! Dis buitendien sý lewe – nie Bossie s’n nie.

    Die skool het al ’n paar vreemde oproepe ontvang van mense wat navraag oor Paul doen en daar was al ’n keer of wat ’n paar slegte, sluwe skurke wat die skoolterrein probeer betree het, maar Bossie het die probleem nog elke keer opgelos. Dis waarvoor hy betaal word.

    Maar sy klasmaats spot hom omdat hy nêrens sonder sy waghond mag gaan nie.

    Good that you’re too ugly for a girlfriend, Rudman, otherwise you would have had to take your gorilla with, when you went smooching. That gives you a kick, hey? Voyeurism. Turns you on? Maybe try it. Come tell us all about it. Hawkins is vir ’n tweede keer in graad tien. As hy besluit om meer tyd voor sy boeke te spandeer, kan hy homself dalk net verras, maar hy reken skoolwerk is net vir patete. Sy downfall is sy groot bek. Sodra hy hom oopmaak, weet mens hy is ’n verwaande gomgat.

    Read between the lines, dude, het hy geantwoord en die middelste drie vingers van sy linkerhand vir Anthony Hawkins gewys. Eintlik wou hy Hawkins klap. Hy wou hom klap dat sy tande loswikkel en een-een by sy smetterige bek uitval.

    Can’t handle the truth, Rudman? You know that girl you’re seeing? She is a dyke! She likes girls. Giggel. I’m not surprised, not at all. You, my boy, are not man enough to keep a girl happy.

    Hawkins roer graag die pot, krap om te sien wat uitklim. Maar sy meerderwaardige houding en aanmerkings oor Alicia het Paul se moermeter gekickstart en in die rooi gedruk. Toe lig hy sy vuis en vergeet van skorsing, of ’n moontlike dagvaardiging.

    Hy het teruggetrek en probeer slaan met al wat in hom is, en meer. Dit was ’n wraakgierige hou. Die ene woede. Hy het geslaan om dood te slaan.

    Niks bereik nie.

    Want Bossie se hand was skielik soos ’n staalklamp om sy gewrig.

    Hawkins het gegrinnik, Paul met die voorvinger op die bors getik. Saved by the gorilla. Can’t even fight your own battles without help, pansy boy? As hy vir Hawkins van die aarde af kon gevee het, het hy dit wragtig gedoen, maar Bossie se greep was staal.

    Paul, los dit, het Bossie gefluister, hom op die skouer geklop. Tel tot by tien. Hy’s nie die moeite werd nie. Hy’s net ’n windlawaai. Bossie het sy gewrig een keer gedruk en toe gelos.

    Hawkins was reeds veilig in sy volgende klas, onder die onnie se oë.

    Paul was lus om Bossie te pot, net daar en dan, maar Bossie is Bossie. Onaantasbaar. Paul het sy tas opgetel en na die volgende klas toe gestap. In sy hart was moord.

    Bossie het verdwyn, net so skielik as wat hy verskyn het. Maar Paul het geweet Bossie is nooit ver nie. Hy’s oral, weet als, hoor als, sien als. Bossie style.

    Hoe op aarde weet Anthony Hawkins dat Alicia lesbies is? Miskien het hy haar en Adéle in die dorp gesien? Hulle is baie diskreet, wás baie diskreet. Eintlik het Alicia dit aanvanklik geheim probeer hou, maar Adéle is dwars en aspris. Sy reken sy weier om ’n leuen te lewe, no matter what. Adéle is in ’n privaat skool net buite Bloem, wat dit makliker vir haar maak, maar nie vir Alicia nie. Hoërskool Oranje is groot. Norme en standaarde, ’n bepaalde soort, is hoog – soos by die meeste skole. As jy buite die boks beweeg, merk mense dit op. Klaarblyklik het Alicia besluit om die boks finaal agter te laat.

    En ná alles wat met Alicia gebeur het, dink hy dis vermetel van Hawkins om haar te oordeel. Natuurlik weet Hawkins nie van die hel waardeur hulle is nie, maar dis ook nie sy saak nie. Alicia ís en bly sy vriendin. Hawkins moet sy bek van haar af hou.

    Hawkins hoef nie van Alicia te hou, óf met haar lewensuitkyk saam te stem nie. Maar wanneer mens iemand viktimiseer net omdat die persoon anders is as jyself, is jy eintlik net ’n boelie.

    Polla, jy ontmoet nie mense en sê vir hulle: ‘Haai, ek is Paul en ek’s straight nie’. So ek hoef myself nie voor te stel as ‘Alicia en ek is gay’ nie. Dit was Alicia se antwoord toe hy haar vra of haar skoolmaats weet van haar en Adéle.

    Eintlik het hy spesifiek oor Karlien gewonder. Of sý weet en of Karlien straight is? Supersexy, baie sportiewe, bruingebrande Karlien wat saam met Alicia gimnastiek doen en sy hart vinniger laat klop. Alicia het hulle aan mekaar voorgestel. Hy het vermoed Karlien is straight, maar wou net seker maak.

    Soos ’n strykplank, het Alicia bevestig. Polla, my vriende ís en bly my vriende. Karlien is cool. Straight. Sy’s ’n pel. Nie my shrink nie. Ek hóéf my siel nie voor haar oop te skeur nie. Dalk verstaan sy. Dalk nie. Hoekom vra jy? Eyeball jy haar?

    Sy’s hot. Weet nog nie heeltemal nie. Seker, ja. Ek check haar eers uit.

    Vra haar uit. Sy probeer oor jou uitvis. Sy dink jy’s serious eye candy, maar het ook gedink ek en jy het iets aan. Sy het geglimlag en hom ’n druk gegee. Ek stuur haar nommer.

    Sy foon het gepieng toe sy die WhatsApp deurstuur.

    Alicia is saam met hom kaalvoet deur die hel. En terug. Haar hel was soveel heter as syne. En haar lewe het net mooi niks met ander uit te waai nie.

    Hawkins moet net sy bek oor Alicia hou.

    3

    Net

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1