Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Groen Mouter & Ander Kortverhale
Die Groen Mouter & Ander Kortverhale
Die Groen Mouter & Ander Kortverhale
Ebook100 pages1 hour

Die Groen Mouter & Ander Kortverhale

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Frik Stoffberg is 'n storieverteller soos min. In hierdie kortverhaalbundel neem Frik Stoffberg ons op ’n komiese wyse terug na die oudae en die oudae se stories. Frik Stoffberg se lekker, informele geselstrant maak hierdie kortverhale ’n plesier om te lees. Beslis lekker leesstof!

LanguageAfrikaans
Release dateDec 16, 2021
ISBN9781005912062
Die Groen Mouter & Ander Kortverhale

Related to Die Groen Mouter & Ander Kortverhale

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Groen Mouter & Ander Kortverhale

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Groen Mouter & Ander Kortverhale - Frik Stoffberg

    Dit het baie jare geneem om tot hier te kom. Soos wat die tyd aangestap het, het ek verhale bymekaar gemaak en dit op my eie manier neergeskryf en gebêre. Ek het nooit die moed gehad om iets daarvan te maak nie. Soms het ek gevoel dat ek nie my poging aan die kritiese oë van die taalkundiges kon blootstel nie.

    ’n Tydjie gelede het ek myself onverwags in die posisie bevind dat ek deur die dag baie ledig was. So het ek begin om die verhale in hierdie bundel te skryf en te lees, en weer te lees. Ek het my seun, John gevra om dit te lees en dan sy opinie te gee.

    ’n Mens se kind sal altyd dink dat dit wat jy doen, goed is en ek was nie verbaas toe John baie gunstig reageer het nie.

    Hierná het ek dit gewaag om my voet in die water te steek en ander se gevoel te toets. Madelé Burger, by baie van u bekend as Toortsie, het die bundel onder hande geneem. Ek was baie verbaas toe sy aangebied het om die bundel te redigeer en dit as ’n e-boek te publiseer. Dit is dus met groot dankbaarheid wat ek haar hulp aanvaar het. Sy het ook die grafiese ontwerper, Joh-Mari Van Heerden, aanbeveel. Die uitstekende voorblad is haar werk en ek wil haar daarvoor bedank.

    Baie dankie dat u hierdie bundel gekoop het. Ek vertrou dat my stories u net soveel plesier en lekkerlag gaan verskaf as wat die skryf daarvan vir my gegee het.

    DIE GROEN MOUTER

    Storievertellers kan gewoonlik baie ernstig ’n relaas lewer van ’n gebeurtenis wat iewers in hulle verlede gebeur het. Dan is ’n groot deel van die vertelling die waarheid, maar om die storie meer lyf te gee, word daar aangelas om luisteraars se aandag só vas te vang. Soos hierdie storie wat vertel word net om te bewys dat jy nooit ’n groen kar moet koop nie.

    Hierdie gebeurtenis kom vroeg uit die jaar 1960 en daar word hoog en laag gesweer dat dit die waarheid is, en die volle waarheid.

    Oom Silas en ant Maatjie het ’n stukkie grond gehad waarop hulle geboer het. Nie groot nie, maar hulle kon daaruit ’n lewe maak. ’n Paar skaap wat per geleentheid ’n skeersel wol gegee het. Dan ook ’n paar bokkapaters wat hulle aangehou het vir hulle eie vleisbehoeftes. Verder ’n paar koeie wat melk gegee het en so gedek is dat daar ten minste drie koeie op een slag in die melk was.

    Nou, julle wat ’n Jerseykoei ken, weet dat hulle melk geil en baie romerig is. So het oom Silas sy koeie gemelk waarná dit afgeroom is en die vol roomkan elke oggend langs die pad op so ’n lendelam houtstellasie staangemaak is. As die Spoorweg halfbus wat voor passasiers en agter vrag vervoer het, dan verbykom, word die kan room opgelaai en dorp toe geneem vanwaar die korporasie dit aanstuur na die melkverwerkingsaanleg in die groot dorp daar naby.

    Een keer ’n maand het oom Silas sy roomtjekkie gaan haal en onmiddelik by die bank klein gemaak. Antie Maatjie het dan die noodsaaklikse kruideniersware gekoop. Maar glo my, oom Silas was baie suinig met daardie geldjie wat hy gekry het.

    As hulle tuis gekom het, het hy en die antie eers slaapkamer toe gegaan, die deur toegemaak en gesluit. Dan het hy gebuk en ’n trommel onder die bed uitgehaal. Op die trommel was daar in groot wit letters ‘OUDAG’ geskryf. Die geld van die melktjekkie wat oor was het hy dan getel en met groot erns aangekondig dat soveel en soveel vir oudag was. Die trommel is oopgesluit en die geldjie in Oudag gebêre. Trommeltjie is weer veilig onder die bed ingestoot. So het dit elke maand gebeur. Hoeveel toe al in Oudag was, het niemand geweet nie.

    Op ’n dag raak ant Maatjie olik. Die olikgeid was toe van ’n aard wat net vroue kry en sy het daarmee saamgeleef en niks gesê nie. Maar, soos met olikheid wat onversorg bly, het sy sieker geword en was oom Silas verplig om haar dokter toe te neem.

    So gesê, so gedoen. By Oudokter op die dorp aangekom is ant Maatjie baie onwillig die spreekkamer in. Met ’n klomp protestering het sy uiteindelik halfpad ontklee en het Oudokter met die ondersoek begin. ’n Tydjie later het Oudokter oom Silas ingeroep en verduidelik dat die antie ’n vrouekwaal het en het hy haar na ’n ginekoloog verwys vir behandeling. Hoe Oudokter ookal verduidelik het, oom Silas het niks daarvan verstaan nie. Dit het vir hom geklink asof daar iewers stene was wat die geoloog moes verwyder.

    So is die twee huis toe. Ant Maatjie, onsteld oor die dokter se diagnose en oom Silas oor die koste van die geoloog asook die ry af Kaap toe. So by so, het hy gemurmereer, sal sy ou bakkie nie die ent pad maak nie. Die ou ding is stokoud en lendelam. Hy kan dit ook nie bekostig om te laat regmaak nie. Daarvoor is hy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1