Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Sagie is
Sagie is
Sagie is
Ebook182 pages5 hours

Sagie is

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

 Dis vier jaar ná Sagie se pa die boeldouser gehuur het. Sagie het opgehou met sy bouery. Deesdae het hy te veel verantwoordelikhede, van ploeg en saai tot planne maak. Ten spyte van sy onskuld, leer hy om slim te wees waar die honde hom gebyt het. En hy vind darem ’n maat in Sofia, wat nie meer soos ’n seunskind lyk of aantrek nie.
Die verlange na Ansie bly. En Sagie weet hy haar moet soek. Eers op die trein Makkadas en dan verder, noorde toe. Hy sal soek tot hy haar kry.  
LanguageAfrikaans
Release dateMar 3, 2023
ISBN9780798183642
Sagie is
Author

Jan van Tonder

Jan van Tonder het in 1983 gedebuteer met die roman Wit vis. Hierna volg kortverhale, Aandenking vir ’n vry man en die roman Is Sagie . Die kind het die ATKV-prosaprys en ook die FAK-prys vir ontspanningsleesstof ontvang. Sy romans Roepman, Die verevrou en ​Grootgeluk is vir verskeie literêre pryse benoem, en Roepman is ook verfilm.

Read more from Jan Van Tonder

Related to Sagie is

Related ebooks

Related articles

Reviews for Sagie is

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Sagie is - Jan van Tonder

    9780624089810_FC

    Skrywers werk lank en doen intense navorsing om ’n boek te skep wat uiteindelik gepubliseer word. Die e-boekweergawe van so ’n titel is, net soos die gedrukte uitgawe, nie gratis nie. Daarom mag jy nie die e-boek gratis versprei nie, maar moet jy dit by ’n gemagtigde e-boekhandelaar koop. Indien jy die e-boek gratis versprei, oortree jy die Wet op Outeursreg 98 van 1978 en stel jy jouself bloot aan vervolging.

    JAN VAN TONDER

    Sagie is

    Human & Rousseau

    Vir Sagie,

    my eersteling, hy by wie alles begin het

    EEN

    Deesdae vat Sagie in die kombuis boeke, want dis of die voorkamer by die dag groter en eensamer word. Dáár eggo sy woorde as hy hardop lees, en stil wil hy dit nie doen nie – hy wil darem iémand se stem hoor. ’n Hele aand en nag is net te lank, so alleen tot soggens toe wanneer Mieta die katte skel as hulle saam met haar by die sifdeur wil in.

    Die aande begin al knyperig raak, en dis vir Sagie of dit sommer nou die dag was wat hy een herfsoggend die laaste kweper gepluk en op die kombuistafel neergesit het. En toe hy vir middagete by die kombuis instap, het hy die reuk gekry van gebakte kweper en vla. Mieta se werk.

    Daar is deesdae byna pal vuur in die stoof, en saans suis die Aladdin-lamp se sakkie weer soos in die tyd toe sy ma nog geleef het. Sagie se geneul oor elektriek vir Greundal het sy pa uiteindelik laat bes gee, en Sagie het hom voorgeneem dat daar nooit weer ’n kers of ’n lamp op hierdie plaas sal brand nie, en kyk nóú: nou steek hy die Aladdin op om hom geselskap te hou.

    Hy hoor iets buite en draai sy kop skeef om beter te hoor. ’n Fyn getjank, dis wat dit is. Seker Oubaas. Hy gaan maak oop om te kyk wat fout is. Die hond sluip by hom verby en gaan lê voor die stoof.

    Het jy my stem gehoor, Oubaas?

    Oubaas laat sak sy kop en lê op sy kakebeen na Sagie en loer, die wit halfmane van sy oë sigbaar. Sagie is te jammer om hom die koue in na sy hok terug te stuur. Lê maar daar, sê hy en gaan sit weer by die Bybel. Oubaas se stert klap teen die linoleum, en nog voor Sagie se vinger weer die vers kry waar hy ophou lees het, snork sy dissipel. Hy lag saggies vir die woord wat skielik in sy kop gekom het: dissipel. Van nou af sal hy vir Oubaas voorlees, soos sy pa dit altyd vir hóm gedoen het.

    Dis vir hom lekker om nog ’n asem in die huis te hê, en hy lees ’n bietjie harder, want hy vermoed Oubaas se ore is nie meer so skerp nie.

    Wanneer Sagie smiddae ná uitvaltyd of naweke in die koppe gaan stap, slenter Oubaas ’n paar tree agter hom aan, nie meer stertswaaiend en omkyk-omkyk vooruit nie, maar darem tog tot by die bouval wat Ansie se huis was. Daar wag hy vir Sagie om van die plato af terug te kom. In die skadu van ’n binnemuur lê hy, of in die sonnetjie op die skoongemaakte stukkie grond wat werf sou word, en waar allerhande opslaggoed reeds groei. Partykeer slaap hy so vas dat Sagie hom moet wakker streel. En boonop is die ou brak, vandat Lammie veel meer op Kopland is as hier, weer eensaam, nes hy was ná Lucas Steenekamp Willou doodgery het. Nes hý, Sagrys van Greunen, na Ansie verlang het toe sy uit Dwarsrivier weggevat is.

    Hy mis haar nog altyd, veral wanneer hy by die huis is wat hy vir haar gebou het.

    Dit is vir hom ’n troos wanneer Sofiatjie elke weeksmiddag kom om haar ma huis toe te haal. Vir Oubaas ook, lyk dit, want dan is Lammie by. Die twee speel lekker, en ’n rukkie gaan dit goed, maar as die kopstampery vir die hond te veel raak, knor hy en trek sy lip op en wys sy stomp, geel tande.

    Oubaas en Kerrieland moet omtrent ewe oud wees, dink Sagie, maar laat die gedagte vaar omdat hy weet dat dit nie meer lank sal wees voor een van die twee, of albei, doodgaan nie. Hy sal ’n jong hond êrens moet kry sodat Oubaas dié kan leer waghou en muishond vang voor hy helemal te oud is daarvoor.

    By die volgende veiling sal hy vir oom Whitey vra om aan te kondig dat hy op soek is na ’n jong hond – darem ouer as drie maande, want vir ’n ge-oppiep sien hy nie kans nie.

    Sagie sit op die boonste dwarspaal van een van die veilingskrale waaruit vyftien Jersey-verse gejaag word. Mooi diere wat oom Groot-Lucas Steenekamp pas gekoop het. Sy lorrie staan gereed by die laaiplek. Die verse loop teen die helling uit, tot op die lorrie se bak. ’n Werker swaai die traliehek agter hulle toe.

    Sagie het self sy oog op die verse gehad, maar die oom het hoër as hy gebie, verby die prys wat hulle na Sagie se mening werd is. Dit was vir hom vreemd, want Lucas het nou die dag vir hom gesê daar is eintlik al genoeg jong koeie op Landskap wat nog ’n heel klompie jare ná kalwings goed sal melk gee.

    Iemand praat agter hom.

    Ek het gesien jy bie teen my skoonpa.

    ’n Vrou.

    Hy hoef nie om te kyk om te weet dis Lucas se Louise nie, en hy swaai sy een been oor die balk sodat hy haar kan sien. Omdat hy so hoog sit, moet sy na hom opkyk, nog net so mooi soos toe sy destyds in die poskantoor gewerk het – Louise van oom Truter in die Anysberg.

    Dag, Louise.

    Hallo, Sagie. Waaraan dink jy nou as jy so na ’n leë kraal sit en staar?

    Nee, sê hy, ek het maar gedink ’n mens kan net soveel diere aanhou as waarvoor jy voer het. Ek sal my lusern solank aanhou water gee en sny en baal en in my stoor bêre; kan niks oorkom daar nie.

    Louise glimlag vir hom en tik met ’n plathand op die stewel naaste aan haar. Slim van jou, Sagie, sê sy. Ek wens jou pa kon sien hoe ’n goeie boer jy geword het.

    Hy kan sy wange voel gloei. Dankie, Louise, sê hy, en om sy trots en skaamgeit te probeer wegsteek, wip hy af grond toe.

    Louise steek haar hand uit en lig sy ken. Jy kan jou kop maar hoog hou, meneer Van Greunen, die ganse distrik praat oor wat jy alles al op Greundal vermag het.

    Dis vir hom of sy hom ’n groot persent gegee het, en hy sê: Ná Ansie en Sofiatjie hou ek die meeste van jou, Louise.

    Régtig, Sagie?

    Hy knik sy kop.

    Sy leun vorentoe en fluister: Kan ek vir jou ’n geheim vertel?

    Hy knik weer, en sy sê: Ná Lucas hou ek van alle ander mansmense die meeste van jou.

    Sy glimlag vir hom, en met haar heupe effens wiegend stap sy tussen die veilinggangers deur na die tafel waar die ander VLV-vroue tee en koffie skink. Sagie oorweeg dit om ’n koppie koffie te gaan koop, maar hy hoor oom Whitey se stem by die volgende kraal opklink. Byna het hy vergeet om met die oom te gaan praat oor die hond wat hy wil hê.

    Oom Bartho wat in die Hoekovallei boer, bel ’n paar dae ná die veiling. Sagrys, sê hy, ek het vir jou ’n hond.

    Watter soort, oom?

    Kom kyk maar self, sê die oom en lui af.

    Hy is spyt Sofiatjie is in die skool, anders sou sy hom kon help besluit, maar hy is te bly en nuuskierig oor die hond om tot namiddag te wag. Hy ry dorp toe, en daarvandaan die stuk of twintig kilometer op die Oudtshoornpad Hoeko toe.

    Maar jy is haastig uit die blokke, Sagrys. Dis darem nie of die brak ’n adellike bloedlyn het nie, hoor?

    Sagie bekyk die hond.

    Sewe maande oud, sê die oom.

    ’n Steekbaard, sien Sagie, maar nie van die soort wat ’n mens laat skeer sodat hulle mooi lyk nie. Dié een sal lelik bly, wat jy ook al aan haar doen, dit het hy met die eerste oogopslag gesien. Hy het gehoop dit sal ’n kelpie wees, soos Oubaas en Willou.

    Nou ja, Sagrys, wat sê jy?

    Oom het nie gesê dis ’n teef nie.

    En jy’t nie gesê jy wil opsluit ’n reun hê nie. Bowendien, getrouer as ’n wyfieding sal jy nie kry nie.

    Die hond snuif aan Sagie.

    Sy is nie mooi nie, oom Bartho.

    Die oom gooi sy arms oop. Wat het jy gedink om vandag hier te kom haal, Sagrys, ’n brak of ’n bruid?

    Sagie weet nie waar om te kyk nie. Watse hond is dit, oom?

    Die soort wat jy nodig het, man, ’n plaasbrak wat nie hoenders vang of kleinvee skrik op die lyf ja nie, maar ’n muishond en ’n skelm sommer gou-gou goed op sy moer sal gee.

    Dié oom Bartho darem, dink Sagie, g’n wag voor sy mond nie.

    Hou haar die eerste paar dae vasgemaak. Gee haar self kos. Haak ’n leiriem aan haar halsband en loop ver ente met haar. En die belangrikste: praat mooi met haar, vat aan haar, wees vir haar lief. ’n Teefhond is maar nes ’n vrou.

    Sagie vryf oor sy baardstoppels en kyk weer na die brak. Het sy ’n naam, oom?

    Hoe sal sy dan nou nié ’n naam hê nie, allemagtag? Toe, toe, kry haar in daai bakkie van jou en vat haar huis toe.

    Raait, oom. Hy sukkel ’n bietjie met die hond. Sy knor vir hom toe hy haar wil oplig om op die bak te tel. Hy los haar en staan terug. Dit lyk my sy wil voor sit, oom, sê hy.

    Oom Bartho lag. Maak dan maar vir haar die deur oop, anders spring sy in elk geval af voor julle by die hek uit is.

    Sagie maak so en die hond wip in.

    Sweerlikwaar vir mekaar bedoel, julle twee. Die oom lag weer.

    Sagie klim in en draai die sleutel.

    Haar naam is Griet, Sagrys, soos my oorlede vrou s’n ook was. En onthou maar, as jy die dag vir jou ’n vrou uitsoek, is dit ook maar soos met ’n hond – ’n mens vat die een wat by jou pas, die een wat jy nodig het.

    TWEE

    Sagie het klaar gebrekfis. Hy speel op die grasperk voor die stoep met Griet. Mieta kom met koffie uit die huis en sit die skinkbord neer. Griet steek in haar spore vas en begin knor terwyl sy na die ruigtetjie taaibos kyk. Oubaas lig nie eens sy kop nie.

    Wat is dit, Griet? vra Sagie.

    Sy begin blaf.

    ’n Boerbok blêr.

    Lammie kom uit die bossies nader. Griet wag hom in. Sy blaf nie meer nie. Lammie stamp haar speels met sy krom horings. Griet hardloop draaie om hom.

    In die koelte van die doringboom lê Oubaas na hulle en kyk.

    Ek dink Oubaas is bly oor die nuwe hond, sê Mieta toe sy vir Sagie koffie bring.

    Hy haal sy skouers op. Maar hulle speel dan amper nooit meer met hom nie.

    Net so, Sagrys, hy is oud. En nie te gesond nie, as ek hom so kyk. Het jy opgelet hoe gou hy deesdae moeg word? Nes ekke, ná aan op en gedaan en dood neerslaan.

    Nie jý nie; jy doen nog die huiswerk nes altyd, jy loop nog na ant Jopie se winkel toe, en nou die dag – ek het jou sóóó van die lande af staan en dophou – is jy bultuit tot by die kleidammetjie, en dit nogals nie sleepvoet nie. Wat het jy daar loop maak?

    Sy kyk kwaai na hom. Spaai jy op my, Sagrys?

    Dit was net vir my snaaks, Mieta, lat jy al die tyd wat ek aan die bou was nooit wil gekom kyk het nie en noulat die huis hóé lank al platgestoot lê, nóú wil jy hom sien. En nóg ’n ding: om oor iets wat jy sien te wonder, is nie dieselle as spaai nie.

    Seker nie. Nee. Ek wou net met my eie twee oë loop kyk wat daar aangaan. Niks, sê ek jou, daar gaan níks aan nie, maar dit weet jy self goed genoeg. Wat jy blykbaar nié sien nie, is dat jy die spulletjie moet oorbou, of helemal afbreek, want op die oomblik is hy ’n seeroog.

    Vir wie nogals – die mense wat oor die nekkie gery kom? Dis net van daar bo af wat mens die huis kan sien, en dis net mense wat spaai wat verkykers by hulle het.

    Mieta swaai haar arm en draai driftig weg, maar sy bedink haar en gaan staan weer voor Sagie. "Elke dag vlie daar minstens een boejing oor onse vallei, Sagrys – jy sien partykeers die wit strepe wat hulle agter hulle los – hulle vlie met ’n klomp mense in wat sit en afkyk ondertoe. Jy behoort

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1