Weg!

Kuier langs die N1

Colesberg lê byna reg in die middel tussen Johannesburg en Kaapstad. Hier is ’n handvol gastehuise, talle restaurante, en dis reg langs die N1. Maar vertoef ’n ruk in die omgewing en leer ken die mense van die platteland beter. Jy gaan die breë N1 moet verruil vir smaller paadjies met ’n knikkie of twee, en selfs ’n grondpad met perde en merinoskape wat verbyflits. Maar hoekom wil jy jaag... jy’s immers op vakansie.

WAAR?

Bethulie is 104 km van Colesberg via die N1 en R701 (wat plek-plek slaggate het) of sowat 44 km (via die R715) van Springfontein af.

WAT SÊ DIE MENSE?

Anja Fourie, tamatieboer op Bethulie
’n Hoogtepunt is ons mooi Hennie Steyn-brug wat die Vrystaat en die Oos-Kaap verbind. Die Oranjerivier vloei stadig by Bethulie verby, met die mooiste sonsondergange. Hou ook jou oë oop vir die diere in die omgewing. Ons sien baie die Kaapse grondeekhoring op ons plaas. (Anja se Timeless Tomatoes-produkte soos songedroogte tamaties, konfyt en sous is by Die Plaaskombuis te koop.)

Simoné Griesel, fisioterapeut op Bethulie
Die Garingboom-gasteplaas is ’n lekker middeweg tussen Kaapstad en Johannesburg. Dis sowat 30 km van Bethulie, op pad na Springfontein. ( 082 900 9888; garingboom.co.za) Die eienaar is ’n lewende ensiklopedie, voëlkykers kom kuier van heinde en ver, en hier is staproetes en perderitte.

BETHULIE

± 45 km van die N1

Die R701 tussen die N1 en Bethulie kronkel al langs die wal van die Gariepdam – Suid-Afrika se grootste dam. In die wintermaande speel die hartbeeste van die Gariepdam-natuurreservaat wegkruipertjie tussen die oranje grasse op die uitgestrekte vlaktes.

Waar die R701 en R715 mekaar later net voor die Bethuliedam ontmoet, wei beeste en perde rustig. ’n Lang laning olienhoutbome staan op aandag soos jy die dorp binnery. Verder oos, al met die hoofstraat af, verander die kleiner dorpserwe in groter plotte en plase.

Al het jy nog nie van Bethulie gehoor nie (selfs die Google Streetview-fotograaf was nog nie hier nie) ken jy waarskynlik sy bekendste inwoner. Die akteur Patrick Mynhardt (van en) is in 1932 hier gebore. Mynhardt was besig om sy gewilde eenman-produksie en outobiografie in Londen op te voer toe hy in die ouderdom van 75 oorlede is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
V & A
Die voëlkenner LUKAS NIEMAND antwoord: Skopsuile maak gedurende die dag op kamoeflering staat sodat hulle nie maklik deur ander diere waargeneem kan word nie. Veral voëls sal hulle probeer wegjaag indien hulle gewaar word. Foto A wys ’n kenmerkende k
Weg7 min read
Boeke En Musiek
Deur Karen Paolillo, Penguin Books R300 in boekwinkels Dit Brit Karen Paolillo beskerm reeds die afgelope drie dekades die seekoeie in die Turgwerivier in die suidooste van Zimbabwe. Hierdie boek volg op A Hippo Love Story, wat in 2014 verskyn het, e
Weg3 min read
Sterreweg
Halley is verreweg die bekendste komeet. Dié komeet het onlangs op die verste punt van sy baan om die son gaan draai, en hoewel dit eers weer in 2061 naby die son gaan wees, kry ons twee maal per jaar wel brokstukkies daarvan te sien. Terwyl ’n komee

Related